Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Manie Jackson Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “My Ou Vrystaat”

Manie Jackson Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “My Ou Vrystaat”

Blitsoorsig: Manie Jackson, 'n gerespekteerde Afrikaanse sanger met meer as twee dekades ervaring, het sy nuutste enkelsnit "My Ou Vrystaat" vrygestel. Die vrolike, dansbare lied neem luisteraars op 'n nostalgiese reis deur die Vrystaat. Geskryf deur Manie en Werner Beukes en opgeneem in Werner se ateljee, het die snit reeds radiostasies se speellyste gehaal en die nommer 1-posisie op IFM 102.2 bereik.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 24, 2025No Comments2 Mins Read Music News 66 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Afrikaanse musiekliefhebbers kan uitsien na ‘n splinternuwe treffer van Manie Jackson! Die geliefde sanger het onlangs sy jongste enkelsnit, “My Ou Vrystaat,” vrygestel. Dis ‘n opgewekte lied wat luisteraars op ‘n nostalgiese reis deur die pragtige Vrystaat neem.

Manie Jackson is al meer as twee dekades bekend vir sy uitsonderlike stem en sielvolle vertolkings van liefdesliedjies, country-treffers en volksballades.

Manie Jackson

Met “My Ou Vrystaat” bring hy ‘n vrolike, dansbare huldeblyk aan sy geliefde provinsie. “Dis ‘n lekker vrolike liedjie, reg vir die vakansietyd, en dit gaan oor die Vrystaat, waar ek al vir die afgelope 10 jaar woonagtig is!” sê Manie self.

Die lied, geskryf deur Manie en Werner Beukes, is opgeneem in Werner se ateljee en word bemark deur Platinum Musiek.

NetfloristOfferforge

Die snit het reeds radiostasies se speellyste gehaal en het binne ‘n kort tydjie die nommer 1-posisie op IFM 102.2 se Plaaslike Top 30 bereik! “Dit bewys net weer… maak nie saak watter genre hy aanpak nie, hy doen dit voluit en met hart en siel,” sê Marius de Vos (Musiek liefhebber, versamelaar & navorser).

Meer inligting oor Manie Jackson

Manie Jackson se indrukwekkende loopbaan sluit talle toekennings en benoemings in, insluitend ‘n SAMA-toekenning vir die beste country-album en verskeie Huisgenoot Tempo- en Ghoema-benoemings.

Hy het reeds agt ateljee-albums vrygestel, waarvan almal kommersiële sukses behaal het met Goud, Platinum, Trippel Goud en Dubbel Platinum-status. Sy verkope het reeds 350 000 eenhede oorskry, en hy word beskou as een van die topverkopers in die Afrikaanse musiekbedryf.

Sy nuutste enkelsnit, “My Ou Vrystaat,” is ‘n lied wat luisteraars aan die hart sal raak – ‘n regte Blikore-treffer wat Vrystaters en musiekliefhebbers regoor Suid-Afrika sal laat saamsing en dans.

NetfloristOfferforge

Jy kan “My Ou Vrystaat” HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”

    Kabaal Klankbaan
    Music News 29 Aug 2026
  • MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility

    Maustrack
    Music News 27 Aug 2026
  • Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”

    Tim Hendricks
    Music News 26 Aug 2026
  • Audiomack deepens its commitment to South Africa

    Audiomack
    Music News 25 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
  • Max More Releases New Single: "Cherry" 2
    Max More Releases New Single: “Cherry”
    August 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie
    Keep Guessing Charlie Release New Track: “Loved & Lost”
    August 13, 2026
  • Malia Introduces Herself to South Africa With "Touch" 3
    Malia Introduces Herself to South Africa With “Touch”
    August 13, 2026
  • Seth Tabatznik
    Seth Tabatznik Releases New Single: “Flow River Flow”
    August 11, 2026
  • Eva Marie
    Eva Marie Releases New Single: “Keep My Name Out Your Mouth”
    August 10, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,279
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 197
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.