Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Cool Stuff»Mystic Boer Brandewyn: Valiant Swart vertel ons meer

    Mystic Boer Brandewyn: Valiant Swart vertel ons meer

    Henno KrugerBy Henno Kruger Cool Stuff 5 Mins Read152 ViewsAugust 6, 2018
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Valiant Swart, die original “Mystic Boer”, het ‘n ruk gelede sy eie brandewyn geloods. Ek het bietjie met hom daaroor gesels.

    NetfloristOfferforge

    Mystic Boer brandewyn het ontstaan uit ‘n visie vir die skep van ‘n “nuwe generasie”-brandewyn: vernuwend, stylvol en hedendaags – ‘n brandewyn wat deur sy gehalte onderskei word, waar die toorkrag in die bottel die praatwerk doen: sag en modern, maar steeds deurspek van ouwêreldse waardigheid.

    Mystic Boer Brandewyn

    Daar is tans twee Mystic Boer brandewyne op die mark: Mystic Boer Premium brandewyn en Mystic Boer Potstill Cape brandewyn. Hulle is by ‘n paar plekke beskikbaar, maar ek vertel julle later daarvan, kom ons chat eers met Valiant…

    Hier is wat Valiant Swart te sê gehad het:

    Wat was die inspirasie agter jou liedjie, “Die Mystic Boer” gewees?

    Sorry, daai storie spaar ek vir my memoirs. Intussen kan ek iets aan die hand doen: deel ‘n bottel of meer Mystic Boer Brandy met ‘n paar geesgenote. Na die sewende ronde begin julle bespiegel oor die herkoms van Die Mystic Boer. Dit kan interessant raak. Onthou om genoeg ys te koop.

    As iemand jou sou vra hoe albei Mystic Boer Brandewyne proe, wat sal jy hom / haar tune?

    In bree terme: as jy van Jameson’s en Jack Daniel’s hou, sal jy van Mystic Boer Brandy ook hou. Prysgewys is dit in dieselfde ball park. Die Premium is lekker met jou gunsteling mixer (Coke, water, watookal), en die silky, smooth Potstill (effe duurder) is lekker net so op ys, of skoon – soos ‘n cognac.

    Hoeveel sopies Mystic Boer brandewyn moet mens drink voor mens soos ‘n regte Mystic Boer voel?

    Ek reken dat mens na die bogenoemde sewe sopies lekker op die level is. Dubbels, natch. Maak seker jy’t jou ID, en slaap liewer oor.

    Wat is jou gunsteling song om in die agtergrond te luister wanneer jy Mystic Boer brandewyn drink?

    Dit hang af van watter dag van die week dit is. Soms blues, soms jazz, of rock of reggae of soul, of club vibes – enigiets wat lekker klink saam met die ys wat in my glas rinkel.

    Ek wil vir die geleentheid gebruik om vir Valiant Swart te bedank vir hierdie onderhoud. Ek het alreeds van die Premium gesample laas week en ek moet sê dat goeie musiek goed klink saam met ‘n lekker sopie Mystic Boer brandewyn. Dankie vir die advies Valiant, ek glo nie ek moet enige iewers ry as ek van jou brandy drink nie (want ek sal maklik ‘n bottel klap op ‘n aand).

    Hier is so bietjie agtergrond:

    Dit het in 2008 begin toe Valiant Swart en Adriaan Eksteen (‘n veteraan van die plaaslike en internasionale drankbedryf) aan die gesels geraak het oor hul gedeelde hartstog vir goeie musiek en uitsoek-hardehout.

    Beide het veral hul liefde vir goeie Suid-Afrikaanse brandewyn  verklaar en die droom uitgespreek om ‘n nuwe brandewyn te vestig wat na gehalte en sielvolheid sou streef – nes die musiek waarvoor hul altwee so ‘n diepe bewondering koester.

    Adriaan het voorgestel dat hulle die brandewyn na Valiant se ikoniese lied, Die Mystic Boer, met al sy baie verwysings na die soeke vir iets nuuts, ‘n nuwe begin, vernoem omdat dit so presies uiting gee aan die behoefte aan ‘n nuwe soort produk op die  plaaslike brandewynmark.

    Na etlike jare van sorgvuldige navorsing en ‘n noukeurige versnydingsproses, is hierdie visie uiteindelik bewaarheid met die vrystelling van Mystic Boer brandewyn.

    Check die video hier onder waarin Valiant Swart oor sy brandewyn praat:

    Hier is so paar feite oor Mystic Boer Premium brandewyn:

    • Die brandewyn bestaan uit op ‘n oplaag van 570 kiste.
    • Dit bevat 74% “potstill” inhoud (in kontras met meeste SA brandewyne wat 30% “potstill” vereis).
    • Dis aanvanklik in 2008 gedistilleer en vir drie jaar in klein eikehoutvate verouder. Dit is daarna met standaard-brandewyn versny en vir nog ses jaar tot 2017 in staaltenks gelos.
    • Die maatskappywat dit gemaak het, het in hierdie tyd diebedryf verlaat met gevolg dat die laaste stap om die produk nog “afwaarts” tot by die vereiste 30% te versny, nooit plaasgevind het nie.
    • Valiant en Adriaan is van mening dat natuurlike prosesse nie plaasgevind het in die staaltenks nie en dat hulle iets uniek ontdek het in daai tenks.
    • Jy kan hierdie brandewyn met ‘n mixer geniet. Dit gaan nogals lekker af met Coke – ek praat uit persoonlike ondervinding.

    Hier is ‘n paar feite oor Mystic Boer Potstill Cape brandewyn:

    • Dis ‘n 100% ketel-gedistilleerde “potstill” versnit brandewyn.
    • Dis in koper-stookketels gedistilleer en in klein eikehoutvate verouder.
    • In samewerking met die versnit-meester, kon Valiant en Adriaan daarin slaag om die beste samevloei van geure met ‘n warm en sensuele na-gloedte te verkry.
    • Die brandewyn is effe soeter en minder ge-hout as die meeste ander brandewyne op die mark.
    • Die standaard alkohol volume is verlaag na 38% (vanaf die standaard 43%).
    • Die brandewyn kan skoon of met ys geniet word. Moet nie mix by dit gooi nie.

    So waar kan jy hierdie brandewyn koop?

    Mystic Boer Premium brandewyn en Mystic Boer Potstill Cape brandewyn is nou landwyd by die voorste kleinhandelaars en in die gewildste kroeë en eetplekke beskikbaar. Dit kan ook by die meeste groot verspreiders en herverspreiders bestel word.

    As jy graag sou wou hê dat jou plaaslike drankwinkel, kroeg of restaurant Mystic Boer brandewyn moet aanhou, kan jy voorstel dat hulle dit via orders@blueskybrands.co.za  aanskaf.

    Vir meer inligting is julle welkom om Mystic Boer brandewyn op Facebook, Twitter en Instagram te volg.

    Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Cool Stuff kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Valiant Swart: An Interview before Liefde By Die Dam
    • Boetie Boer Director Shares Thoughts On Meeting Killer
    • Chilling Boetie Boer Documentary Trailer Released by Showmax
    • Nel sê “Koek”-tipe storie is nog nooit Afrikaans vertel nie

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    Express VPN

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Latest Music News

    Loading posts...
    Afrikaans Interviews Mystic Boer Brandy South Africa Valiant Swart
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleOasis Experience – 7 July 2018: My Review
    Next Article Oppikoppi: A Collection of 19 Funny Stories
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 1
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    77 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    95 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    63 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    Helen Zille - Johannesburg - Jacaranda FM
    October 25, 2025

    Helen Zille Talks Johannesburg and Leadership with Bester

    8 Views4 Mins Read
    Buy-To-Let Property
    October 24, 2025

    6 Essential Tips for Investing in a Buy-to-Let Property

    10 Views4 Mins Read
    Badmington - Discover Sport
    October 24, 2025

    Discover Sport and BWF Bring Global Badminton to Africa

    8 Views3 Mins Read
    Espon CO-W01
    October 22, 2025

    Review: Epson CO-W01 Multimedia Projector

    34 Views2 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    TCL C645 TV
    December 14, 2023

    Review: TCL C645 55″ QLED Smart TV

    520 Views3 Mins Read
    Mieliepop 2017 - Wat 'n lekker jol 2
    April 3, 2017

    Mieliepop 2017 – Wat ‘n lekker jol

    50 Views7 Mins Read
    Sowaar Bar Logo
    November 9, 2021

    Sowaar Bar: 4 Reasons Why I Love Pretoria’s New Hangout

    289 Views2 Mins Read
    Photo Album: Local acts at Oppikoppi 2014 Odyssey 3
    August 20, 2014

    Photo Album: Local acts at Oppikoppi 2014 Odyssey

    55 Views7 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.