Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » Mystic Boer Brandewyn: Valiant Swart vertel ons meer

Mystic Boer Brandewyn: Valiant Swart vertel ons meer

Blitsoorsig: Valiant Swart, die Mystic Boer-kunstenaar, het saam met Adriaan Eksteen 'n nuwe brandewyn geloods. Die twee brandewyne, Premium en Potstill Cape, is ontwerp om vernuwend en stylvol te wees, met Premium lekker met mixers en Potstill skoon op ys. Albei is nou landwyd beskikbaar by groot kleinhandelaars en kroeë.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 6, 2018No Comments5 Mins Read Artist/Band Interviews 261 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Valiant Swart, die original “Mystic Boer”, het ‘n ruk gelede sy eie brandewyn geloods. Ek het bietjie met hom daaroor gesels.

Mystic Boer brandewyn het ontstaan uit ‘n visie vir die skep van ‘n “nuwe generasie”-brandewyn: vernuwend, stylvol en hedendaags – ‘n brandewyn wat deur sy gehalte onderskei word, waar die toorkrag in die bottel die praatwerk doen: sag en modern, maar steeds deurspek van ouwêreldse waardigheid.

Mystic Boer Brandewyn

Daar is tans twee Mystic Boer brandewyne op die mark: Mystic Boer Premium brandewyn en Mystic Boer Potstill Cape brandewyn. Hulle is by ‘n paar plekke beskikbaar, maar ek vertel julle later daarvan, kom ons chat eers met Valiant…

Hier is wat Valiant Swart te sê gehad het:

Wat was die inspirasie agter jou liedjie, “Die Mystic Boer” gewees?

NetfloristOfferforge

Sorry, daai storie spaar ek vir my memoirs. Intussen kan ek iets aan die hand doen: deel ‘n bottel of meer Mystic Boer Brandy met ‘n paar geesgenote. Na die sewende ronde begin julle bespiegel oor die herkoms van Die Mystic Boer. Dit kan interessant raak. Onthou om genoeg ys te koop.

As iemand jou sou vra hoe albei Mystic Boer Brandewyne proe, wat sal jy hom / haar tune?

In bree terme: as jy van Jameson’s en Jack Daniel’s hou, sal jy van Mystic Boer Brandy ook hou. Prysgewys is dit in dieselfde ball park. Die Premium is lekker met jou gunsteling mixer (Coke, water, watookal), en die silky, smooth Potstill (effe duurder) is lekker net so op ys, of skoon – soos ‘n cognac.

Hoeveel sopies Mystic Boer brandewyn moet mens drink voor mens soos ‘n regte Mystic Boer voel?

NetfloristOfferforge

Ek reken dat mens na die bogenoemde sewe sopies lekker op die level is. Dubbels, natch. Maak seker jy’t jou ID, en slaap liewer oor.

Wat is jou gunsteling song om in die agtergrond te luister wanneer jy Mystic Boer brandewyn drink?

Dit hang af van watter dag van die week dit is. Soms blues, soms jazz, of rock of reggae of soul, of club vibes – enigiets wat lekker klink saam met die ys wat in my glas rinkel.

Ek wil vir die geleentheid gebruik om vir Valiant Swart te bedank vir hierdie onderhoud. Ek het alreeds van die Premium gesample laas week en ek moet sê dat goeie musiek goed klink saam met ‘n lekker sopie Mystic Boer brandewyn. Dankie vir die advies Valiant, ek glo nie ek moet enige iewers ry as ek van jou brandy drink nie (want ek sal maklik ‘n bottel klap op ‘n aand).

NetfloristOfferforge

Hier is so bietjie agtergrond:

Dit het in 2008 begin toe Valiant Swart en Adriaan Eksteen (‘n veteraan van die plaaslike en internasionale drankbedryf) aan die gesels geraak het oor hul gedeelde hartstog vir goeie musiek en uitsoek-hardehout.

Beide het veral hul liefde vir goeie Suid-Afrikaanse brandewyn  verklaar en die droom uitgespreek om ‘n nuwe brandewyn te vestig wat na gehalte en sielvolheid sou streef – nes die musiek waarvoor hul altwee so ‘n diepe bewondering koester.

Adriaan het voorgestel dat hulle die brandewyn na Valiant se ikoniese lied, Die Mystic Boer, met al sy baie verwysings na die soeke vir iets nuuts, ‘n nuwe begin, vernoem omdat dit so presies uiting gee aan die behoefte aan ‘n nuwe soort produk op die  plaaslike brandewynmark.

Na etlike jare van sorgvuldige navorsing en ‘n noukeurige versnydingsproses, is hierdie visie uiteindelik bewaarheid met die vrystelling van Mystic Boer brandewyn.

NetfloristOfferforge

Check die video hier onder waarin Valiant Swart oor sy brandewyn praat:

Hier is so paar feite oor Mystic Boer Premium brandewyn:

  • Die brandewyn bestaan uit op ‘n oplaag van 570 kiste.
  • Dit bevat 74% “potstill” inhoud (in kontras met meeste SA brandewyne wat 30% “potstill” vereis).
  • Dis aanvanklik in 2008 gedistilleer en vir drie jaar in klein eikehoutvate verouder. Dit is daarna met standaard-brandewyn versny en vir nog ses jaar tot 2017 in staaltenks gelos.
  • Die maatskappywat dit gemaak het, het in hierdie tyd diebedryf verlaat met gevolg dat die laaste stap om die produk nog “afwaarts” tot by die vereiste 30% te versny, nooit plaasgevind het nie.
  • Valiant en Adriaan is van mening dat natuurlike prosesse nie plaasgevind het in die staaltenks nie en dat hulle iets uniek ontdek het in daai tenks.
  • Jy kan hierdie brandewyn met ‘n mixer geniet. Dit gaan nogals lekker af met Coke – ek praat uit persoonlike ondervinding.

Hier is ‘n paar feite oor Mystic Boer Potstill Cape brandewyn:

  • Dis ‘n 100% ketel-gedistilleerde “potstill” versnit brandewyn.
  • Dis in koper-stookketels gedistilleer en in klein eikehoutvate verouder.
  • In samewerking met die versnit-meester, kon Valiant en Adriaan daarin slaag om die beste samevloei van geure met ‘n warm en sensuele na-gloedte te verkry.
  • Die brandewyn is effe soeter en minder ge-hout as die meeste ander brandewyne op die mark.
  • Die standaard alkohol volume is verlaag na 38% (vanaf die standaard 43%).
  • Die brandewyn kan skoon of met ys geniet word. Moet nie mix by dit gooi nie.

So waar kan jy hierdie brandewyn koop?

Mystic Boer Premium brandewyn en Mystic Boer Potstill Cape brandewyn is nou landwyd by die voorste kleinhandelaars en in die gewildste kroeë en eetplekke beskikbaar. Dit kan ook by die meeste groot verspreiders en herverspreiders bestel word.

As jy graag sou wou hê dat jou plaaslike drankwinkel, kroeg of restaurant Mystic Boer brandewyn moet aanhou, kan jy voorstel dat hulle dit via [email protected]  aanskaf.

Vir meer inligting is julle welkom om Mystic Boer brandewyn op Facebook, Twitter en Instagram te volg.

Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Cool Stuff kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Valiant Swart Reik “Lied Van Die Langpad” Musiekvideo Uit

    Valiant Swart
    Music Videos 2 Jun 2023
  • Valiant Swart Reik Nuwe Album Uit

    Valiant Swart
    Music News 19 May 2023
  • Valiant Swart Hou Veiling Om Sy Vrou Te Ondersteun

    Valiant Swart & Lanelle
    Music News 12 Jan 2022
  • BandwithPro: Book a slot and work online with a musician

    BandwithPro
    Music News 15 Apr 2020

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Mystic Boer Brandy South Africa Valiant Swart
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • ABFAB
    An Interview with ABFAB
    November 26, 2025
  • Jaakie
    ‘n Onderhoud met Jaakie
    October 11, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,326
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 526
Cape Town 343
USA 337
Pretoria 306
Johannesburg 293
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.