Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Valiant Swart Hou Veiling Om Sy Vrou Te Ondersteun

Valiant Swart Hou Veiling Om Sy Vrou Te Ondersteun

Post Summary: Sanger Valiant Swart se vrou Lanelle is gediagnoseer met limfedeem na 'n kankeroperasie twee jaar gelede. Die aandoening het haar aktiewe leefstyl drasties verander en vereis spesiale kompressiekouse en daaglikse oefening. Hulle het 'n Amerikaanse spesialis in Cleveland gevind wat 'n mikro-chirurgiese prosedure kan doen, maar dit is baie duur. Valiant en Lanelle sal twee veisingsfunksies hou in samewerking met WOES om geld in te samel.

Henno KrugerBy Henno KrugerJanuary 12, 2022No Comments5 Mins Read Music News 76 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Gewilde SAMA-bekroonde sanger, liedjieskrywer en akteur Valiant Swart en sy vrou kan getuig dat ernstige siekte, hetsy jou eie of die van ’n geliefde, ’n reuse impak op al die betrokke partye se lewens het.

Lanelle, wat ook sy agent is, het twee jaar gelede ’n kankeroperasie ondergaan. Sedertdien het daar egter komplikasies ingetree en is sy onlangs gediagnoseer met limfedeem in haar regterbeen, wat moontlik ook later na haar linkerbeen kan versprei.

Valiant Swart vertel ons meer oor Lanelle

“Lanelle is ’n ystervrou en super-ma vir ons kinders. Sy het haar hele lewe lank ’n aktiewe leefstyl geleef en nog altyd die fort gehou as ek op die pad moes wees. Limfedeem het haar alledaagse bestaan aansienlik verander.”

Valiant Swart & Lanelle

As gevolg van haar diagnose, wat met tyd gaan vererger, is hierdie aktiewe een-en-vyftigjarige ma – wat steeds studeer en gereeld stap, swem en reis – se toekomsplanne heeltemal omvergewerp.

NetfloristOfferforge

Pyn, ongemak, strawwe behandelings en oefeninge, asook ’n streng dieet het haar nuwe normaal geword… en om ver te ry (wat noodsaaklik is vir Valiant se beroep) is nou ’n onaangename en vermoeiende ervaring.

“My vrou moet dag en nag ongemaklike, beperkende kompressie-kouse dra om te voorkom dat haar bene opswel en toestand versleg. Sy moet ook elke oggend, sonder uitsondering, spesiale oefening doen om swelling, pyn en komplikasies te voorkom. Ten spyte van haar gedissiplineerde oefenprogram en dieet, ondervind sy steeds deurlopend pyn en ongerief en maak dit normale dinge soos karbestuur uitputtend.” sê Valiant Swart.

Gelukkig was sy nog nooit iemand wat haar laat onderkry nie en het sy besluit om terug te baklei teen hierdie aaklige siekte.

Na deeglike navorsing, het hulle ontdek dat daar oorsee ’n mikro-sjirurgiese prosedure bestaan om limfedeem te behandel. Daar is egter net ’n handjie vol instansies en sjirurge wat hierin spesialiseer en hulle was gelukkig genoeg om ’n hoogaangeskrewe Amerikaanse spesialis in Cleveland, Ohio op te spoor, wat vroeg in 2022 wil opereer.

“Limfedeem affekteer alle aspekte van my lewe. Buiten vir net chroniese swelling, pyn en ongemak, het dit ook ’n invloed op my immuunstelsel en kan dit lei tot lewensgevaarlike bakteriële infeksie. Die ergste vir my is die vrees dat ek my beweeglikheid kan verloor. Hierdie operasie sal my ’n kans gee om normaal te funksioneer omdat dit ’n alternatiewe dreineringsroete vir die limf skep, wat weefselverandering help vertraag en die kanse om infeksie op te doen verminder.” sê Lanelle.

Die probleem is egter dat die prosedure self ’n klein fortuin kos, om nie eers te praat van reis- en  verblyfkoste (voor, gedurende en na die operasie) nie. Om geld in te samel om Lanelle te help om teen die aaklige siekte te baklei, beplan die Valiant Swart en sy vrou om – in samewerking met WOES – twee veilingsfunksies te hou in die Kaap en Gauteng.

“Ons wil graag vroeg in 2022 twee lewendige veilingsfunksies hou. Dit gaan terselfdertyd ook aanlyn gestroom word om ’n groter gehoor te verseker en ’n uitstekende reklame-platform aan adverteerders te bied.” verduidelik Valiant Swart.

Buiten vir optredes deur bekende kunstenaars, gaan daar ook waardevolle Valiant Swart-memorabilia opgeveil word, waaronder Jinx (sy karakter in Song vir Katryn) se kitare (gemonteer in hout- en glas-uitstalkaste); ’n beperkte aantal nuwe elektriese kitare; handgeskrewe en geraamde lirieke van treffers soos Songvanger, Die Mystic Boer, Eyeshadow en Duisend Myl Blues; die laaste oorblywende bottels Mystic Boer-brandewyn; getekende geraamde foto’s; kunswerke, ensovoorts.

NetfloristOfferforge

Valiant Swart

“Toe Kobie van Vonk Musiek ons skakel om te hoor of ons vir Lanelle sal help fondse insamel, was ons dadelik aan boord,” sê Jaco van Dyk, een van die stigterslede van WOES. “Ons sal graag soveel as moontlik wil insamel, aangesien die pad wat vir hulle voorlê finansieel nog baie onseker is.”

Fondse sal verder ook op drie ander maniere ingesamel word:

  1. Die verkoop van advertensiespasie op WOES se aanlyn-veilingsblad
  2. Skenkings deur individue en instansies
  3. Lootjieverkope op items soos ’n vakansie, jagnaweek, gholfpakket, spa-wegbreek, visvanguitstappie, wyn, vleis, skoonheidsbehandelings en vele meer.

“WOES is oorspronklik aan die begin van die Covid-19 pandemie gestig om kunstenaars te help, maar het vinnig uitgebrei na skole en ander instansies,” verduidelik Jaco. “Ons het reeds negentig programme agter die blad, waaronder twee ‘Ons Sal Self’-konserte (in samewerking met Coleske Artists en Vocal Events) en twee ‘Red Die Boer Restaurant’-konserte, wat nie net groot hoogtepunte was nie, maar ook ’n broodnodige verskil gemaak het. Kykers geniet die program omdat hulle so ook die geleentheid kry om ’n verskil te maak. Ons doen waarvoor ons lief is en is dankbaar dat ons soveel mense as moontlik in die proses kan help.”

Die Gautengse Valiant Swart konsert en veiling sal op 27 Januarie 2022 plaasvind by The Blue Crane Restaurant in Pretoria.

Besighede en individue wat graag skenkings wil maak, pryse wil borg, advertensiespasie wil koop of betrokke wil raak, kan ’n e-pos stuur na [email protected] vir meer inligting.

“Ek doen reeds alles in my vermoë om die toestand deur leefstylveranderinge te beheer, maar dit is ongelukkig nie altyd genoeg nie en ek leef met die konstante vrees dat my ander been ook aangetas kan word. Dit is nie ’n uitgemaakte saak dat die operasie ’n sukses sal wees nie, maar dit is my enigste hoop en ons is dankbaar vir almal wat reeds uit hulle pad uit gegaan het om ons met die fondsinsameling te ondersteun.” sê Lanelle

YouTube video player

Kaartjies vir die veiling, lootjies en konsert sal aanlyn beskikbaar wees op Tixsa by https://bit.ly/31L2T1I.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Want to promote your business, event, product or service? We get more than 14,000 pageviews a month! Contact us for marketing and advertising options.

You might also like

  • Valiant Swart Reik “Lied Van Die Langpad” Musiekvideo Uit

    Valiant Swart
    Music Videos 2 Jun 2023
  • Valiant Swart Reik Nuwe Album Uit

    Valiant Swart
    Music News 19 May 2023
  • BandwithPro: Book a slot and work online with a musician

    BandwithPro
    Music News 15 Apr 2020
  • Valiant Swart: An Interview before Liefde By Die Dam

    Valiant Swart
    Artist/Band Interviews 29 Oct 2018

Join The Wolf Pack

📻 Subscribe To Our Newsletter

Help To Keep Us Going

☕ Support Us

Explore Running Wolf's Rant

🎵 Visit the Music Hub🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check out Upcoming Events🎤 Check Out The SA Gig Guide
Afrkaans South Africa Valiant Swart
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Subscribe To Our Newsletter

Enter your email address to subscribe and receive notifications of new posts in Your Inbox.

More Articles
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
Categories
Entertainment
3,458 ▼
Music 2,651
Events 254
Interviews 230
Gaming 99
Streaming 95
Humor 48
Movies 34
Television 27
Advertising 20
Featured
569
Hacks
503
Facts
467 ▼
Music Facts 152
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Gaming Facts 15
Sport Facts 15
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
338
Opinion
230
General News
139
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
NetfloristOfferforge
Popular Topics
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.