Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Valiant Swart Reik “Lied Van Die Langpad” Musiekvideo Uit

Valiant Swart Reik “Lied Van Die Langpad” Musiekvideo Uit

Blitsoorsig: Valiant Swart kondig sy nuwe musiekvideo vir "Lied van die langpad" aan, wat van sy onlangs uitgereide album kom. Die produksie was 'n groot sukses met aansteeklike energie en uitstekende filmwerk. Regisseur Michael Van Zyl en sy span het puik werk gelewer om die liedjie se essensie op die skerm oor te dra. Swart nooi almal uit om die video te geniet.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 2, 2023No Comments2 Mins Read Music Videos 124 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Valiant Swart (een van Suid-Afrika se gewildste kunstenaars) is verheug om die vrystelling van sy nuwe musiekvideo vir sy liedjie “Lied van die langpad” aan te kondig. Die liedjie is op sy nuwe album (wat onlangs uitgereik is).

Die maak van die musiekvideo was ‘n groot sukses en het ‘n aansteeklike vibe en ongelooflike energie in die lug gehad. Swart sê hy het lanklaas so helder oordag gedans, en dit op ‘n Maandag nog! “Die eindproduk van die musiekvideo is fantasties” vertel Valiant Swart. Die energie is amper tasbaar en die filmspan het uitstekend daarin geslaag om die beste uit die rolspelers te kry.

Valiant Swart

Die produksie het almal met groot glimlagte agtergelaat. Swart is trots op die afwerking van die musiekvideo en glo dit sal die harte van sy ondersteuners verower.

Die regisseur (Michael Van Zyl) en sy span (Macayla Smit, Ruan Bouwer, Storm Opperman & Ashley Du Toit) het puik werk gelewer deur die energie van die liedjie oorgedra te het na die skerm. “Ek wil die hele span bedank vir hul harde werk en toewyding aan hierdie projek.” sê Valiant Swart.

NetfloristOfferforge

Valiant Swart nooi al sy ondersteuners en musiekliefhebbers om saam te kom dans en die aansteeklike energie van die video te ervaar.

YouTube video player

Meer inligting oor Valiant Swart

Valiant Swart is ‘n Afrikaanse musikant, akteur en komponis van Stellenbosch, Suid-Afrika wat geen bekendstelling nodig het nie. Sy debuutalbum, Die Mystic Boer, is in 1995 deur Rhythm Records uitgereik. Hy is al vir meer as 30 jaar deel van die SA Music Scene. Kanse is goed dat jy hom al iewers by ‘n live show of ‘n fees sien optree het.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Valiant Swart Reik Nuwe Album Uit

    Valiant Swart
    Music News 19 May 2023
  • Valiant Swart Hou Veiling Om Sy Vrou Te Ondersteun

    Valiant Swart & Lanelle
    Music News 12 Jan 2022
  • BandwithPro: Book a slot and work online with a musician

    BandwithPro
    Music News 15 Apr 2020
  • Valiant Swart: An Interview before Liefde By Die Dam

    Valiant Swart
    Artist/Band Interviews 29 Oct 2018

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa Valiant Swart
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,325
Rock 617
Useful Tips 566
Afrikaans 525
Cape Town 343
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.