Jack Parow en Francois Van Coke speel hierdie Sondag (die 26ste Februarie) by Large On The Lawn in Johannesburg. Hierdie een dag konsert / festival se vorige edisie was baie gewild gewees. 4,000 mense het na Jeremy Loops en Matthew Mole se vertoning gekyk op die 29ste Januarie en dit lyk asof Sondag se konsert ook uit gaan verkoop.
Ek het onlangs bietjie met Jack Parow gesels oor Large On The Lawn en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het:
2016 was n mal jaar vir jou. TV show, toere oorsee en nou skop jy sommer die nuwe jaar af met jou eie gebottelde brandy. Wat het gely tot die brandy venture? Waar kan ons Jack Parow brandy in die hande kry?
Wel, ek drink so fokken baie brandewyn, ek het myself klaar in ‘n porsie van die mark in gedrink, so toe dog ek, ek weet mos hoe brannas moet proe, hoekom maak ek nie vir myself een nie? En toe is dit so lekker dat ek besluit het om dit met al my chommies te deel. Kry jou eie bottel landwyd vanaf Maart. Dit is ook beskikbaar by Rocomammas restaurante, Capital Craft (in Pretoria) en The Good Luck Bar (in Johannesburg)
Mense vra jou gereeld om op snaakse goed te sign soos iPhones en sommer Fokof vinyls. Wat is nog die weirdste ding wat jy moes sign?
Jis, ek weet nie, die Internet is miskien nog nie gereed vir die goed wat ek al gesign het nie… Verbeel maar net julle self wat ek alles al gesign het 😉
Jack Parow is nie meer net vir die stout gat laaitjies en meisies wat drink en rook nie. Jy het selfs nou n vloek-vrye weergawe van jou musiek vrygestel vir “Dis Hoe Ons Rol”. Hoe voel dit nou dat jou musiek geniet word deur n meer diverse gehoor?
Divers is amazing, hulle swem so diep en daars haaie daar onder en shit, fok, ek’s bly ek kan net vir hulle bietjie gees gee as hulle met daai shit moet deal.
Jy het ook nou n show op die nuwe online radio station The Eye. Hoe groot sprong is dit van rapper na plate joggie?
Ag, nie te veel nie, ek speel maar net tunes wat ek like, praat kak en drink brandy. Dis maar soos ‘n gewone aand by my huis.
Jy eindig hierdie maand af saam met Francois van Coke by Large On The Lawn in Johannesburg. Namens almal wil ek vra: Gaan ons julle saam op die verhoog sien vir ‘n paar songs?
Jy weet dit!
Ek wil vir Jack Parow baie dankie sê vir hierdie onderhoud en ek wens hom sterkte toe met sy set by Sondag se Large On The Lawn konsert in Johannesburg. Sien julle daar!
UPDATE: Sondag se event is uitgestel tot die 25de Junie toe: “It has been a week of heavy rains in Joburg. Just as it looked like weather would clear up for a beautiful weekend and there would be enough time to dry out the venue so Large On The Lawn can take place, without damaging the beautiful park, reports have come in that rains will continue well into the weekend. Large On The Lawn as an outdoor event unfortunately has to postpone the Jack Parow and Francois van Coke event for Sunday 26 February due to the rain forecast, but we’ll bring them back on Sunday 25 June!”
Wees op die uitkyk vir gereelde Music en Interviews updates on Running Wolf’s Rant.
Foto Krediet: Christelle Duvenage Photography.
Like what you just read? Join The Wolf Pack! Subscribe To Our Newsletter.
Explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide (on our sister site SA Music Zone).
If getting more knowledge is part of your DNA - Check out the latest posts on Interesting Facts.