Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Neil Sandilands sing duet mat Tarryn Lamb

Neil Sandilands sing duet mat Tarryn Lamb

Blitsoorsig: Bekende akteur Neil Sandilands en sanger Tarryn Lamb het saamgewerk aan "Kômmôsêdiesê", 'n nuwe duet. Die liedjie is geinspireer deur Neil se tyd op 'n filmstel in Meksiko waar hy die Delta Variant opgedoen het en met tradisionele Mayan-mense en Spaanse akteur Daniel Garcia gewerk het. Die liedjienaam kom van 'n Spaanse uitspraak wat soos Afrikaans geklink het.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 27, 20231 Comment2 Mins Read Music News 120 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Bekende internasionale akteur, sanger en liedjieskrywer, Neil Sandilands span kragte saam met die lieflike en talentvolle sanger, Tarryn Lamb en die resultaat is ‘n meesterstuk. “Kômmôsêdiesê” is geinspireer deur ‘n ervaring op stel tussen Neil en ‘n bekroonde Spaanse akteur.

Neil Sandilands vertels ons oor die inspirasie agter die liedjie

“Iewers in die Covid-jare het ek myself in die oerwoud neffens Coba, Meksiko bevind. Plek van Tarantulas, Spinnekop-Ape, varswatergrotte en natuurlik die Mayan Piramides. Op ‘n filmstel.”

Neil Sandilands & Taryn Lamb

“Dis ook waar ek redelik siek geword het van die Delta Variant. Ek het saam met tradisionele Mayan-mense gewerk, asook die bekroonde internasionale Spaanse akteur, Daniel Garcia.”

Neil Sandilands

“Ons kon mekaar nie verstaan nie, maar met behulp van ‘n tolk kon ek vasstel dat die Spaanse uitspraak van “Hoe sê mens dit?”, klink soos geassimilleerde Afrikaans – “Kômmôsêdiesê”. Dit word eintlik só gespel: “Como se dice”, maar vir my Afrikaanse ore het dit geklink soos “Kômmôsêdiesê”… Kom ons praat dié ding,”

NetfloristOfferforge

“Dit handel oor my atomiese-tipe bestaan en die ewige hunkering. Dis miskien teweeg gebring deur die noue skouerskuur met my eie “mortaliteit”. Ek onthou dié tyd se pragtige fatalisme.”

Dié duet, met die soel stem van Tarryn Lamb, is geïnspireer deur dié ervaring, in Meksiko. “Kômmôsêdiesê”, is beskikbaar op Neil Sandilands se Allegaarkie vir ‘n Askeet album.

Meer inligting oor Neil Sandilands

Neil Sandilands is ‘n Suid-Afrikaanse akteur en filmmaker, bekend vir rolle in beide film en televisie en vir sy veelsydigheid in rolprentvervaardiging. In 2016 het hy herhalende rolle op Sundance TV se Hap & Leonard as Paco en The CW se The 100 as Titus gehad. In 2017 het hy by die hoofrolverdeling van The CW-reeks The Flash aangesluit en Clifford DeVoe / The Thinker gespeel.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Neil Sandilands Reik Nuwe Album Uit: “Vyftig Apokriewe”

    Neil Sandilands
    Music News 12 May 2026
  • Neil Sandilands Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Lonely Boer”

    Neil Sandilands Artist
    Music Videos 12 Mar 2026
  • Neil Sandilands sluit 2024 af met merkwaardige prestasies

    Neil Sandilands
    Music News 10 Oct 2024
  • Neil Sandilands stel nuwe album vry: “Land & Sand”

    Neil Sandilands
    Music News 24 Jun 2024

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Neil Sandilands South Africa Tarryn Lamb
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

1 Comment

  1. Anonymous on October 28, 2023 4:07 AM

    Ek het al 2023 se winter platgetrap onder Neil se woorde en Allegaarkie vir ‘n Askeet

    Reply
Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,307
Rock 615
Useful Tips 564
Afrikaans 521
Cape Town 338
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 200
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.