Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Petronel Baard & Johan Liebenberg reik “Mag Jy” Video Uit

Petronel Baard & Johan Liebenberg reik “Mag Jy” Video Uit

Blitsoorsig: Die duet "Mag Jy" van Petronel Baard en Johan Liebenberg het sedert laat 2023 groot traction gekry op Afrikaanse radiostasies. Die lied, geskryf deur Helena Marais, is 'n seënwens geïnspireerd deur 'n babageboorte. Die nuwe musiekvideo, gefilm in Kleinbrakrivier, kombineer jong vriende wat avonture beleef met die twee musikante wat sing in 'n teater-omgewing.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 25, 2024No Comments3 Mins Read Music Videos 77 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Sedert die vrystelling van die twee merkwaardige musikante, Petronel Baard en Johan Liebenberg, se sielvolle duet, “Mag Jy”, einde 2023, is die musiekwêreld behoorlik aan die gons.

Nie net is dié alternatiewe skepping uit Helena Marais se pen gewild onder Afrikaanse musiekliefhebbers nie, maar dit word ook gereeld gespeel deur groot radiostasies reg oor die land, waaronder Bok Radio en Pretoria FM.

Mag Jy - Petronel Baard & Johan Liebenberg

Dit is duidelik dat hierdie verwerking deur Schalk Maas en David Cruickshank, wat Baard beskryf as ’n seënwens en herinnering aan liefde, die verbeelding behoorlik aangegryp het.

So ’n spesiale lied, met so ’n kragtige boodskap, verdien natuurlik ook om verder gevier te word en daarom het die paar besluit dat die tyd reg is om die musiekvideo met aanhangers te deel.

NetfloristOfferforge

Hierdie besonderse video, wat beslis sal aanklank vind by oud en jonk, is verfilm deur Efpe Senekal en speel af op verskeie uitsoekplekke in Kleinbrakrivier in die Mosselbaai omgewing.

“Efpe is regtig ’n goeie storieverteller met films, veral ook musiekvideo’s wat in ’n kort tydjie ’n liedjie se boodskap visueel moet oordra.” sê Petronel.

Die tema van die lied is geïnspireer deur die geboorte van Helena se vriendin se dogter en hoe spesiaal dit vir haar was om te aanskou hoe ’n nuwe lewe die wêreld inkom; met al die moontlikhede en uitdagings wat nog voorlê. Hierdie konsep is ook vir die video gebruik.

“Twee seuntjies, regtig maats in die regte lewe, baljaar rof en lekker in die modder en see, kamp en help mekaar op waar hul klouter op ’n treinbrug, braai malvalekkers om die vuur en baljaar ordentlik soos net kinders kan. Dit word gekombineer met my en Johan, wat in ’n mooi ateljee-omgewing sing,” verklap sy. 

NetfloristOfferforge

“Die boodskap word onderskraag dat die lewe, gebore uit kinderherinneringe van vriendskap, ondersteuning en samesyn, nooit weggaan nie en dat ’n mens aanhou goeie wense wens vir diegene vir jy omgee.”

Kyk die video hier onder:

YouTube video player

Meer inligting oor Petronel Baard

Petronel Baard, ’n passievolle kabaretster met ’n strelende storievertellerstem, het oor die afgelope vyf-en-twintig-jaar reeds diep spore in die musiekbedryf kom trap en is al met talle toekennings vereer.

Wanneer sy nie sing nie, werk dié veelsydige vrou ook as mentor vir ATKV-Crecsendo en vervaardig haar eie verhoogproduksies, wat by groot kunstefeeste opgevoer word. Tweeluik, ’n lieflike woordkuns- en musiekreis saam met die skrywers Chanette Paul en Jan van Tonder asook die sangeres Alzanley, sal op 26 Maart by KKNK te sien wees.

NetfloristOfferforge

Meer inligting oor Johan Liebenberg

Johan Liebenberg het in 2004 sy buiging op die Barnyard-verhoog gemaak as kitaarspeler, maar sy sangtalent is gou ontdek waarna hy in 2009 genader is om Niel Diamond- en Céline Dion-huldeblykvertonings te doen.

Oor die jare, het hy nie net saam met verskeie musikante gewerk op hulle en sy eie albums nie, maar ook die verhoog gedeel met talle bekendes. Vanjaar sal hy ook deel wees van die vermaak op die gewilde Bokboot.

Op aanvraag en aanmoediging van die publiek, span Petronel en Johan op 16 April 2024 kragte saam vir hulle heel eerste lewendige vertoning saam, getitel Nana & Friends. Tydens hierdie opwindende konsert, sal hulle musiekinvloede, in ’n intieme teater-omgewing, met kitaar en klavier besing word.

Musiek van Nana Mouskouri, Piaf, Keith Urban, Leonard Cohen, asook heelwat oorspronklike werke sal opgevoer word, waaronder ’n akoestiese weergawe van “Mag Jy”. Saam met Schalk Maas op die mondfluitjie, beloof dit om ’n baie besonderse aand te wees. Kaartjie is HIER beskikbaar.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”

    Leoné
    Music Videos 17 Sep 2026
  • Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”

    Ama Top Dawgz
    Music Videos 14 Sep 2026
  • Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”

    Keep Guessing Charlie Band
    Music Videos 11 Sep 2026
  • Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”

    Donkerbaai
    Music Videos 11 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,303
Rock 615
Useful Tips 563
Afrikaans 519
Cape Town 338
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 200
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.