Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Petronel Baard Reik “Sterredak Heelal” Video Uit

Petronel Baard Reik “Sterredak Heelal” Video Uit

Blitsoorsig: "Sterredak Heelal" se musiekvideo is op 3 Desember 2022 uitgereik nadat die liedjie in November die kollig was. Die video volg die verhaal van twee sielsgenote wat mekaar vind en iets moois skep, met tema wat teruggaan na Desember 2021 toe Petronel Baard en Helena Marais ontmoet het. Helena het die liedjie as 'n viering van die lewesiklus geskryf, wat kinderlike verwondering tot latere ontnugtering dek en die belangrikheid van waardering vir mooi momente beklemtoon.

Henno KrugerBy Henno KrugerDecember 5, 2022No Comments3 Mins Read Music Videos 57 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

‘Sterredak Heelal’, wat op 18 November in die kollig was, is die 3de Desember 2022 opgevolg met ‘n hartverblydende musiekvideo.

Die storie in die musiekvideo vertel ‘n verhaal van hoe twee sielsgenote mekaar vind en deur die jare iets besonders skep – op dieselfde tema soos dié van die oorsprong van die liedjie, wat terug strek na 23 Desember 2021, toe Petronel Baard en Helena Marais vir die eerste keer paaie gekruis het per toeval en die twee verwante geeste iets besonders mooi saam geskep het.

Petronel Baard - Sterredak Heelal

Petronel Baard vertel ons meer oor die musiekvideo vir “Sterredak Heelal”

“Die musiekvideo is geskiet in Klein-Brakrivier – waarlik dié lekkerste projek met die mees uiteenlopende, kreatiewe mense saam! Aan ons ander talente, Anrich Herbst, Erica Wessels, Wilmar en Annalie Marais – baie dankie vir jul pragtige toneelspel en geesdrif!”

“Verdere dankies aan Loki Rothman by Rothman Records vir die klankvermenging en vervaardiging van die lied, John Rogers al die pad in die VSA vir die meester van die klank, Efpe Senekal  vir die musiekvideo se maak, Mordegai’s Photography vir die ongelooflike foto’s en Reach Creative vir die grafiese ontwerp.”

IQ AcademyOfferforge

“Baie dankie ook aan Spin City Publicity wat ons publisiteit en bemarking behartig. Laaste maar nie die minste nie, dankie vir almal se liefde en ondersteuning deur die loop van die projek – vir julle is ons bitter dankbaar!”

YouTube video player

Die enkelsnit se musiekvideo is amptelik op 3 Desember uitgesaai op ‘n eksklusiewe premiere tydens KykNet se Ontbytsake program en ook vrygestel op Petronel Baard se YouTube kanaal.

Petronel Baard vertel ons hoe “Sterredak Heelal” gebeur het

“In 2022 se begin het ek gebid vir nuwe vlerke, musiek uit iemand anders se pen waar ek ‘n slag my pen kon neerlê en net my sangtalent kan uitleef. Die volgende dag bel Helena Marais my, met haar liedjie ‘Sterredak Heelal’ wat toe nog ‘n ander naam gehad het. Ek was mal daaroor, het dit aangeleer en so het ons begin gestalte gee aan hierdie pragtige produk wat so stukkie van ons altwee se siele simboliseer.”

Petronel Baard - Sterredak Heelal

“Uiteraard het hierdie ‘n gesamentlike projek en produksie geword waarby ons albei nou betrokke is by élke stap en wat gebore is, is niks minder as besonders nie. Van die konsepsualisering van die opname self, opname proses, wie ons betrek, die video, vrystelling, elke fyn detail, is in pragtige aanvullende samewerking gedoen met die ongeveinsde sinirgie wat net Goddelike inspirasie kan bring. Kunswerke van die lewe en my voorreg om mee te werk, dankie Helena!”

NetfloristOfferforge

Helena Marais vertel ons meer van “Sterredak Heelal”

“‘Sterredak Heelal’ is ‘n viering van die siklus van die lewe – vanaf die verwondering vir die wêreld as kind, tot die ontnugtering wat almal op ‘n latere stadium ervaar. Die lewe is kort en báie korter as wat ons dink, moet dus nie dat teleurstellings jou onderkry nie – sien dit eerder as ‘n leerkurwe en iets wat ons kan help om die goed en mooi op ons paaie soveel meer te waardeer.”

“Ek het destyds besef dat ek ‘n liedjie gehad het wat in my laai lê en so het ‘Sterredak Heelal’ gestalte gekry die dag toe ek Petronel vir die eerste keer ontmoet het. Baie dankie Petronel Baard vir hierdie avontuur – ek kon nie gevra het vir iemand meer perfek om hierdie liedjie vlerke te gee nie!”

Die lewe is bittersoet onder hierdie “Sterredak Heelal” – daarom vier ons alles wat mooi en eg is saam met alles wat ons is.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”

    Winter Hotel
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet se nuwe liedjie "Charlene" is 'n eerbetuing aan 'n oorlede vriendin wat die tydelikheid van wat kosbaar is, verken.

  • “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released

    Man As Machine - Impossible Sea
    Music Videos 3 Aug 2026

    Man As Machine release "Impossible Sea," a hopeful alternative rock single exploring growth, self-discovery, and the emotional weight of leaving behind loved ones.

    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived

    Shortstraw - Rubber Arm
    Music Videos 3 Aug 2026

    Indie band Shortstraw returns after five years with new single "Rubber Arm" and EP Everything In Between, plus headline shows across South Africa in September.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • Bangkinders - Francois Van Coke
    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 2
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
  • Millennium - Brooklyn Bachelor
    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop
    July 28, 2026
  • Riaan Benade
    Riaan Benadé bring hulde aan die liefde met ‘Lof’
    July 27, 2026
  • Nicholis Louw & Pieter Pruis
    Nicholis Louw & Pieter Pruis Reik “Feit Soos ‘n Koei” Uit
    July 27, 2026
  • Adam Boyd
    Adam Boyd Pays Tribute to Loved Ones With “Hallelujah”
    July 24, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,255
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
USA 331
Cape Town 331
Pretoria 303
Johannesburg 285
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.