Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » “Gelukwaarts”, Die Nuwe Petronel Baard Enkelsnit is Hier

“Gelukwaarts”, Die Nuwe Petronel Baard Enkelsnit is Hier

Blitsoorsig: "Gelukwaarts" is Petronel Baard se nuwe enkelsnit wat opgedra is aan die herinnering van vriende Philip Theron. Die liedjie is opgeneem met die Suidkaap Kinderkoor en Mosselbaai Strykensemble en het sy debuut op RSG gemaak. Dit vier die konstante reis van geluk en blydskap deur die lewe se branders.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 27, 2022No Comments3 Mins Read Music Videos 69 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

‘Gelukwaarts’ is die titel van Petronel Baard se nuwe enkelsnit wat amptelik bekendgestel is op nasionale Erfenis dag, 24 September 2022.

Meer inligting oor “Gelukwaarts”

“Gelukwaarts” is miskien net aan ‘n gelukkige paar mense bekend as ‘n prag plaas te vinde reg aan die voet van die asemrowende Olifantsberge net buite Porterville in die Weskaapse wynlande en het inspirasie gegee aan die titel van die liedjie.

Petronel Baard - Gelukwaarts

Daar is ‘n bekende gevoel van nostalgie wat mens terug neem na die onskuldige jare van mens se kleintyd toe geluk en blydskap nie ‘n bestemming was nie maar liewer ‘n gereelde belewenis in elke oomblik van kindwees jare met slegs so nou en dan ‘n vlugtige oomblik van traan pik as daar ‘n ongelukkie was gevolg deur afstof, opstaan en verder speel saam met sorgvrye maatjies.

Met grootword het daardie tye weg geval en is nou maar net ‘n vaeweg herinnering veral wanneer mens in ag neem die trauma waardeur meeste mense tydens die laaste pandemie moet deur leef. Mens weet teen die tyd dat die pad na geluk en blydskap loop nie reguit nie, maar kronkel oor heuwels, passe en brûe en kan in enige rigting lê.

NetfloristOfferforge

Petronel Baard noem self ook oor die inspirasie vir “Gelukwaarts”

“Die liedjie is vir my besonders spesiaal en word opgedra aan die herhinnering ons vriend, Philip Theron, wat my altyd Gelukwaarts gedwing en gepleit het. Sy erfenis vir my en my erfenis vir hom. Rus in vrede liewe Philip.”

“Gelukwaarts” is opgeneem by die Glenwood House skool deur Deon Scheepers saam met die Suidkaap Kinderkoor onder direksie van Jan-Erik Swart en die saam met begeleiding van die Mosselbaai Strykensemble saam met Franco Engelbrecht op klavier.

Die musiek is verwerk deur Johan Engelbrecht en die opname gedoen deur Deon Scheepers en daarna vermeng deur Riku Lätti, waarna John Rogers (VSA) wat die bemeerstering daarvan behartig het. Die verfilming van die musiekvideo het op 3 September plaasgevind saam die kinderkoor en strykensemble deur Efpe Senekal in die geskiedkundige Robinson Pas in die Suidkaap is en daarna verwerk.

Petronel Baard Gelukwaarts

Petronel Baard vertel ons meer oor “Gelukwaarts”

“Dit is ‘n konstante reis wat meesleur en jy soms net moet toelaat soos die branders van die lewe oor jou spoel of soms berekend in die oë moet kyk voor jy self besluit waar dit jou neem. Hoe dit ook al sy, ons is almal op reis en dit, hoop ons, Gelukwaarts.”

NetfloristOfferforge

“Ek het soveel blydskap ervaar om saam met die Mosselbaai Strykensemble asook die mees fantastiese stemme van die Suidkaap Kinderkoor te kon werk en dit was vir net ‘n eer om hulle deel hiervan te kon maak. Die kombinasie het die vreesvrye, sorgvrye en liefdevolle siel van die liedjie perfek uitgebeeld.”

Hou ‘n ogie en oor uit vir “Gelukwaarts” deur Petronel Baard. Die liedjie het die 24ste September op Haidee Muller-Isaacs se program op RSG, Oppiradio sy debuut gemaak en is nou beskikbaar op alle stromings platforms.

Kyk die video vir “Gelukwaarts” hier onder:

YouTube video player

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026
  • The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”

    The Bird - It's Just Begun
    Music Videos 27 Aug 2026
  • Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”

    Lordkez
    Music Videos 26 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.