Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Ricus Nel en Riaan Benadé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “308”

Ricus Nel en Riaan Benadé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “308”

Blitsoorsig: Na die groot sukses van "Haai Haai" in 2022, bring Ricus Nel en Riaan Benadé nou "308" op die tafel. Dié Afrikaanse country rock-liedjie meng boeremusiek en reggae met 'n snaakse tema oor kalibers en jag. Die musiekvideo, wat in 'n fiktiewe jagwinkel afspeel, is vol karakter en humor. "308" is nou beskikbaar op alle digitale stroomdienste soos Spotify en Apple Music.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 29, 2025No Comments2 Mins Read Music Videos 55 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Ná die reuse-sukses van hul treffer “Haai Haai” in 2022, is Ricus Nel en Riaan Benadé terug met ’n splinternuwe enkelsnit wat beslis weer die land aan die sing gaan hê.

Dié nuwe liedjie, getiteld “308”, is propvol karakter, humor en ’n unieke Afrikaanse musiekmengsel wat net hierdie twee kunstenaars so goed kan regkry.

Riaan Benade en Ricus Nel

Die ontstaan van “308”

“Riaan het my genader en gesê ons moet weer iets saam doen,” vertel Ricus. “Ons het saam iets besonders geskep met ‘Haai Haai’ — en nou het hy die liedjie ‘308’ geskryf, wat ek in my ateljee vervaardig het. Ek het ook al die instrumente opgeneem en gespeel.”

‘n Afrikaanse country rock-liedjie met ’n twist

Volgens Ricus is “308” ’n lekker Afrikaanse country rock-liedjie, met sterk invloede van boeremusiek én ’n skeutjie regea vir daardie ekstra skop.

IQ AcademyOfferforge

“Die tema van die liedjie draai om die ou bekende debat: watter kaliber is die beste? Dis ’n tong-in-die-kies storie waar ons ’n bietjie lag en saam gesels oor vuurwapens en jag,” verduidelik hy met ’n glimlag. “Maar teen die einde van die liedjie sê ek net eenvoudig – dis lekker om te jag!”

“308” se skreeusnaakse musiekvideo vol karakter

Die musiekvideo is net so kreatief soos die liedjie self. Dit speel af in ’n fiktiewe jagwinkel waar Ricus en Riaan probeer om ’n besluitelose klant, gespeel deur Marco van Deventer, te help om die regte geweer te kies. “Dis skreeusnaaks,” sê Riaan. “Mense gaan hierdie video met ’n groot glimlag kyk.”

Die musiekvideo is met flair verfilm en vervaardig deur Eric T Graham en Tehan Buys, wat die snaakse tonele en karaktervolle uitvoering perfek vasgevang het.

Luister nou na Ricus Nel en Riaan Benadé se “308”

“308” is nou op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify en Deezer beskikbaar. Kry dit HIER.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”

    Winter Hotel
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet se nuwe liedjie "Charlene" is 'n eerbetuing aan 'n oorlede vriendin wat die tydelikheid van wat kosbaar is, verken.

  • “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released

    Man As Machine - Impossible Sea
    Music Videos 3 Aug 2026

    Man As Machine release "Impossible Sea," a hopeful alternative rock single exploring growth, self-discovery, and the emotional weight of leaving behind loved ones.

    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived

    Shortstraw - Rubber Arm
    Music Videos 3 Aug 2026

    Indie band Shortstraw returns after five years with new single "Rubber Arm" and EP Everything In Between, plus headline shows across South Africa in September.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • Bangkinders - Francois Van Coke
    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 2
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
  • Millennium - Brooklyn Bachelor
    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop
    July 28, 2026
  • Riaan Benade
    Riaan Benadé bring hulde aan die liefde met ‘Lof’
    July 27, 2026
  • Nicholis Louw & Pieter Pruis
    Nicholis Louw & Pieter Pruis Reik “Feit Soos ‘n Koei” Uit
    July 27, 2026
  • Adam Boyd
    Adam Boyd Pays Tribute to Loved Ones With “Hallelujah”
    July 24, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 304
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.