Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Stefan Dixon Reik “Vanaand gaan ons terug” Uit

Stefan Dixon Reik “Vanaand gaan ons terug” Uit

Blitsoorsig: Stefan Dixon, die Kaapse sanger wat nou nege jaar in België woon, reik sy eerste Suid-Afrikaanse albumsnit in tien jaar uit. Die liedjie "Vanaand gaan ons terug" is gebore uit heimwee tydens die Covid pandemie, nadat hy sy besoek aan familie en vriende moes uitstel. Dixon het internasionale erkenning gekry met sy duet "Vir nou/Voor nu" en staan nou bekend as 'n belangrike Afrikaanse musiekmaker in Europa.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 18, 2023No Comments3 Mins Read Music News 99 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Vlaamse se gunsteling Suid-Afrikaner, Stefan Dixon, reik vir die eerste keer in tien jaar `n nuwe Afrikaanse enkelsnit “Vanaand gaan ons terug” uit.

Die Kaapse sanger Stefan Dixon, wie se liedjies in 2012 deur Universal Music South Africa uitgereik was, het in 2014 sy sielsgenoot oor die waters gevolg en woon al vir die afgelope 9 jaar in België. Kort nadat hy in die buiteland gearriveer het, het hy `n duet-enkelsnit ‘Vir nou/Voor nu’, saam met die bekende Belgiese sanger Klaas Delrue, uitgereik.

Stefan Dixon - Vanaand Gaan Ons Terug

Stefan Dixon vertel ons meer

“Ons was twee musikante van twee verskillende wêrelde maar het daardie aand uitgevind dat ons op daardie punt byna parallelle lewens gelei het en ons het op daardie selfde aand besluit om ’n liedjie saam te skryf. Klaas het my oortuig om verder in my moedertaal te skryf en einde 2016 het ons die duet ‘Vir nou/Voor nu’, ’n lied wat gesing word in ’n mengsel van Afrikaans en Vlaams, saam uitgereik.”

“Dit was ‘n groot treffer wat die top 20 op Belgiese radio 1 bereik het en was ook een van die top 100 liedjies van 2017 in die Benelux (België, Holland, Luxemburg) area.”

NetfloristOfferforge

Stefan Dixon het met ‘Vir nou/Voor nu’ onmiddelike erkenning in die Europese musiekbedryf gekry en hy staan vandag bekend as die Vlaamse se ‘gunsteling Suid-Afrikaner’. Die Hollandse musiekfees, ‘Festival voor het Afrikaans’, noem hom een van die belangrikste rolspelers vir Afrikaanse musikante tussen Suid-Afrika, België en Holland.

Stefan Dixon vertel ons nog meer

“België en die Vlaaminge het my met ope arms ontvang. Maar huis is tog mos maar waar die hart is. In Maart 2020 het ek my eerste groot teater toer deur België gedoen en direk daarna sou ek vir die eerste keer in 6 jaar terug Suid -Afrika toe gaan om vir my familie en vriende te gaan kuier.”

Stefan Dixon

“Almal weet hoe daardie maand toe uitgedraai het. As gevolg van die Covid pandemie moes ek my reis met nog 2 lang jare uitstel. Dit was `n baie moeilike tyd, die verlange was groot!” Die nuwe liedjie ‘Vanaand gaan ons terug’ is toe in hierdie tyd van heimwee gebore.”

‘Vanaand gaan ons terug’ is Stefan Dixon se eerste enkelsnit wat hy oor `n tydperk van tien jaar in Suid-Afrika uitreik. Dixon sê dat hy baie opgewonde is oor die liedjie. “Ek gooi daarmee my hart met `n wye boog terug na my geboorteland”.

NetfloristOfferforge

Jy kan die liedjie hier stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • SaxbyTwins Return to Pop Roots With “This Party”

    SaxbyTwins
    Music News 21 Oct 2026
  • Music Business Awards Africa Set for November 2026

    Music Business Awards Africa
    Music News 21 Oct 2026
  • Bernice West Deel Persoonlike Boodskap in “Lyntjies”

    Bernice West
    Music News 20 Oct 2026
  • Win Tickets To Praise The LOUD Festival @ Sognage

    Praise the LOUD Fest 2026 Featured
    Music News 19 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • Praise the LOUD Fest @ Sognage: 24 October 2026

    Praise the LOUD Fest 2026 Featured
    Upcoming Events
  • Vusi Mahlasela & Guy Buttery Live Tour: All The Deets

    Vusi Mahlasela & Guy Buttery Tour Featured
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Zolani Mahola
    Zolani Mahola Drops Groovy Single “A Good Time”
    October 16, 2026
  • Ghost Jr.
    Ghost Jr. Drops High-Energy Single: “2 Phones”
    October 14, 2026
  • Zoe Modiga
    Zoë Modiga Shares “When The Rain Comes”
    October 14, 2026
  • Tobias Bergson
    Producer Tobias Bergson Unveils “Promise” EP
    October 13, 2026
  • Strongboi Duo
    Strongboi Releases Funk-Infused Single “Dizzy”
    October 13, 2026
  • Deena G & Sun-El Musician
    Deena G Teams Up With Sun-El Musician
    October 13, 2026
  • Jan Bloukaas
    Nuwe Jan Bloukaas Dokkie Tref ‘n Teer Snaar
    October 12, 2026
  • Pilani Bubu
    Pilani Bubu Unveils New Single “Caged Heart”
    October 9, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,350
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.