Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»The Black Cat Bones: ‘n Onderhoud Voor Park Acoustics

    The Black Cat Bones: ‘n Onderhoud Voor Park Acoustics

    Henno KrugerBy Henno Kruger Music 4 Mins Read25 ViewsMay 15, 2017
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    As jy in die Oxford Dictionary vir die definisie van rock ‘n roll gaan soek, sal jy heel warskynlik The Black Cat Bones as een van die beskrywings kry vir die term. Hierdie orkessie (wat gevorm is in Pretoria) is al vir ‘n paar jaar aan die gang en het al ‘n lang paadjie in die SA Musiekbedryf geloop.

    NetfloristOfferforge

    Ek sal nooit die eerste keer vergeet wat ek hierdie boytjies live gesien het nie. Ek dink dit was in 2009 of 2010 by STRAB (in Mosambiek), maar sadly het ek nie rêrig aandag gegee nie. In September of Oktober 2010 was daar ‘n baie baie stil rock show in Hatfield Square gewees.

    Ek dink Mrs. B, Man As Machine, Juggernaught en nog so paar ander bands gespeel het en Kobus De Kock Jr. (aka “Rot”) het teen die stage se kant opgeklim en vir die mense by Oppisquare getune hulle is spiteful omdat hulle nie hulle techno sagter gesit het terwyl die bands gejam het nie.

    The Black Cat Bones: 'n Onderhoud Voor Park Acoustics 3

    Kinders, ek moet erken dat daai show my aandag getrek (omdat so rock ‘n roll was) en van daai dag af was ek gehook op The Black Cat Bones se musiek. Ek kan nie onthou hoeveel keer ek al die ouens sien perform het nie, maar dit was nog altyd ‘n epic experience (al het Rot vir my Henry Engelbrecht vol meel gestrooi by STRAB ‘n paar jaar terug).

    The Black Cat Bones het al oral in die land gespeel by feeste soos Oppikoppi, RAMFest, Up The Creek en in Mosambiek by STRAB. Die orkes speel hierdie naweek by hulle 3de of 4de Park Acoustics en dis defnitief iets wat julle nie moet misloop nie.

    Ek het so bietjie met die ouens gechat oor hierdie naweek se show en so paar ander goedjies:

    Wie is meer rock ‘n roll: Angus Young, Andre Kriel, Lemmy Kilmister of Dave Grohl en hoekom sê julle so?

    En sonder om te skroom tune hy ‘Lemmy by verre…’ Hy het als wat Rock ‘n Roll is verteenwoordig vanaf dag een en nie ‘n sent op sy naam gehad toe hy uiteindelik sy kitaar langs hom in die graf neergelê nie. Tog het hy onophoudelik gestoot, geslyp en gemeul al het die wêreld hom vertel dat sy generasie se musiek nie meer relevant was nie. Lemmy for LIFE. Chris se hond se naam is Lemmy…

    Wat is die snaakste ding wat al gebeur met The Black Cat Bones by ‘n live show?

    Wel, as jy dink dat Kobus wat op die verhoog uit ‘n agt voet lapa se dak uit moer of Chris wat sy ligemente skeer op die Oppikoppi Main Stage en op ‘n speaker krat moet rond gestoot word vir die res van die set snaaks is dan issit seker dit…

    Waaraan werk The Black Cat Bones die laaste ruk en kan ons ‘n nuwe album verwag later in die jaar?

    Ons is klaar met pre-production vir die nuwe album en is so drie songs sterk wat opname aan betref. Ons bring so bietjie van n voorsmaakie na die Park Acoustics set toe. Check it!

    Waar sit die blou bokkie se gal en het julle dit al daar gaan soek?

    Saul Barnard sal jou mooi vertel. Halwe waarheid is goed genoeg vir ons…

    Wat kan musiek-liefhebbers verwag van The Black Cat Bones se set by die volgende Park Acoustics?

    Classics, Re-makes, Nuwes en ‘n hoop vol STOOT!

    Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om vir The Black Cat Bones dankie te sê vir hierdie onderhoud. Ek wens hulle alles van die beste toe met hulle nuwe album en met Sondag se show by Park Acoustics. Sien julle daar mensies!

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant

    Related Articles:

    • Spoegwolf: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics
    • Straatligkinders: ‘n Onderhoud met Bouwer voor Park Acoustics
    • Van Pletzen: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics
    • Janie Bay: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    Express VPN

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Latest Music News

    Loading posts...
    Afrikaans Blues Blues Rock Interviews Park Acoustics Pretoria Rock 'n Roll South Africa The Black Cat Bones
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleA quick chat with Southern Wild
    Next Article A quick pre Park Acoustics chat with The Tazers
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 4
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    77 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    95 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    63 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    Helen Zille - Johannesburg - Jacaranda FM
    October 25, 2025

    Helen Zille Talks Johannesburg and Leadership with Bester

    7 Views4 Mins Read
    Buy-To-Let Property
    October 24, 2025

    6 Essential Tips for Investing in a Buy-to-Let Property

    9 Views4 Mins Read
    Badmington - Discover Sport
    October 24, 2025

    Discover Sport and BWF Bring Global Badminton to Africa

    8 Views3 Mins Read
    Espon CO-W01
    October 22, 2025

    Review: Epson CO-W01 Multimedia Projector

    34 Views2 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    2018
    December 23, 2018

    2018 in Music: A Summary of the ups and downs

    62 Views4 Mins Read
    Legion TV Show
    June 10, 2020

    12 Must-Watch Science Fiction TV shows

    281 Views12 Mins Read
    Black Sabbath - Most Influestial British Artists Of All Time
    July 3, 2020

    British Artists: 4 Of The Most Influential Musos Of All Time

    112 Views4 Mins Read
    My First Oppikoppi - Boom Straat
    June 10, 2021

    Diary of a SA Music Fan – Part 2: My First Oppikoppi

    79 Views9 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.