Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Tiaan Massyn Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Gunstelling Spyt”

Tiaan Massyn Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Gunstelling Spyt”

Blitsoorsig: Tiaan Massyn, veelsydige dertigjarige, oogkundige en mnr. Suid-Afrika, het sy derde enkelsing "Gunsteling Spyt" vrygestel. Die pop-ballade ondersoek die emosionele kompleksiteit van ongesnde verhoudings. Die musiekvideo, verfilm by die Atterbury Teater en 'n private huis, volg 'n vrou wat vrede maak met 'n verhouding se einde en haar lewe wieder oppak.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 28, 2024No Comments3 Mins Read Music Videos 41 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Buiten vir sy aantreklike voorkoms, sjarmante persoonlikheid, kundigheid as oogkundige en vlymskerp besigheidsvernuf, het Tiaan Massyn homself oor die afgelope twee jaar ook bewys as ’n sanger om mee rekening te hou.

Nou is dié veelsydige dertigjarige, wat reeds ’n besige skedule het as die huidige mnr. Suid-Afrika, terug in die kollig met ’n splinternuwe enkelsnit wat diep tref.

Tiaan Massyn

“Gunsteling Spyt” is ’n indrukwekkende pop-ballade, uit die pen van Ernes Smit, wat delf in die emosionele kompleksiteit van ’n ongesonde romantiese verhouding. Dit skets ’n prentjie van die interne stryd tussen liefde en selfrespek en die dikwels pynlike reis na genesing en aan beweeg.

“Verhoudings wat verbrokkel kan blywende letsels laat. Die liedjie is gebore uit die seer en ontwrigting wat ons almal al ervaar het wanneer so iets met ons gebeur.” verduidelik Tiaan.

IQ AcademyOfferforge

“Dit is ’n ballade met rou en eerlike lirieke, wat reflekteer op ’n scenario waar jy jouself in ’n liefdesverhouding bevind wat, ten spyte daarvan dat dit ongesond is, net soos verslawing moeilik is om te beëindig.”

“Ek dink baie mense sal daarmee kan vereenselwig, want ek glo die meeste van ons was al in soortgelyke situasies waar ons moes leer, genees en aanbeweeg.”

’n Musiekvideo, wat die boodskap van hierdie emosiebelaaide vrystelling perfek vasvang, is ook nou beskikbaar.

Dit is verfilm deur Winter Trail Pictures se Zander de Beer en speel af by die Atterbury Teater in Lynnwood en in ’n huis waar twee geliefdes saam ’n lewe gebou het.

NetfloristOfferforge

Die video vertel die storie van ’n vrou wat vrede maak met die einde van ’n eens-belowende verhouding, terwyl sy haar lewe oppak en afskeid neem van ’n gedeelde toekoms.

“Daar is baie verlies aan die einde van ’n verhouding. ’n Mens bou ’n lewe saam en die beeldmateriaal illustreer hoe jy in so ’n geval moet oppak, afskeid neem, genees en weer van voor af begin,” sê Tiaan.

Kyk die video hier onder:

YouTube video player

“Gunsteling Spyt” is die sanger se derde enkelsnit en volg in die voetspore van “Die son kom op” en “The Crossing” – sy verwerking van die Johnny Clegg-treffer wat hy as deel van sy mnr. Suid-Afrika-veldtog gebruik het. Beide liedjies is goed ontvang deur die publiek en het speeltyd op verskeie groot radiostasies gekry.

Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.

Meer inligting oor Tiaan Massyn

Wanneer hy nie sing nie, praktiseer hy voltyds as oogkundige by sy praktyke in Centurion en die Weskaap en is hy ook besig om sy jaar as mnr. Suid-Afrika te voltooi.

Hoewel hy self hou van meer ernstige musiek, is hy lus om die somer in te wy met ’n lekker ligte dans- en kuier-liedjie, wat die musiekprojek is wat hy volgende gaan aanpak.

Tiaan Massyn se sielvolle vertolking van “Gunsteling Spyt” bevestig sy vermoë om harte te raak met sy musiek – net soos wat hy daarna streef om ’n verskil te maak in die lewens van die mense met wie sy pad op ’n daaglikse basis kruis.

“Ek hoop dat hierdie lied ook troos en bemoediging sal bring vir enigiemand wat aan die einde van ’n liefdesverhouding staan en baie seer het om te verwerk,” sê hy.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”

    Winter Hotel
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”

    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    Music Videos 5 Aug 2026

    John Rock Prophet se nuwe liedjie "Charlene" is 'n eerbetuing aan 'n oorlede vriendin wat die tydelikheid van wat kosbaar is, verken.

  • “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released

    Man As Machine - Impossible Sea
    Music Videos 3 Aug 2026

    Man As Machine release "Impossible Sea," a hopeful alternative rock single exploring growth, self-discovery, and the emotional weight of leaving behind loved ones.

    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived

    Shortstraw - Rubber Arm
    Music Videos 3 Aug 2026

    Indie band Shortstraw returns after five years with new single "Rubber Arm" and EP Everything In Between, plus headline shows across South Africa in September.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • Bangkinders - Francois Van Coke
    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 2
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
  • Millennium - Brooklyn Bachelor
    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop
    July 28, 2026
  • Riaan Benade
    Riaan Benadé bring hulde aan die liefde met ‘Lof’
    July 27, 2026
  • Nicholis Louw & Pieter Pruis
    Nicholis Louw & Pieter Pruis Reik “Feit Soos ‘n Koei” Uit
    July 27, 2026
  • Adam Boyd
    Adam Boyd Pays Tribute to Loved Ones With “Hallelujah”
    July 24, 2026
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 304
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.