Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Van Coke se “As ek kon” Musiekvideo trek aan hartsnare

Van Coke se “As ek kon” Musiekvideo trek aan hartsnare

Blitsoorsig: "As ek kon" is die vierde musiekvideo vanaf Francois van Coke se album Dagdrome in Suburbia. Die klavier-ballade is saam geskryf met Karen Zoid en verfilm by Sunset Recording Studios buite Stellenbosch. Alex Lila, Francois se dogtertjie, speel 'n sterkrol in die video wat deur Johannes Pieter Nel gemaak is.

Henno KrugerBy Henno KrugerDecember 4, 2019No Comments3 Mins Read Music Videos 37 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

“As ek kon” is ‘n klavier-gedrewe ballade wat geskryf is vir Francois van Coke se dogtertjie, Alex Lila. Sy is ook ‘n ster in hierdie video! Dit is die vierde musiekvideo vanaf Francois se derde solo album genaamd Dagdrome in Suburbia.

Francois en sy platinum skryf-vennoot, Karen Zoid, het hierdie ballade saam geskryf.  Fokofpolisiekar mede-groepslid, Johnny de Ridder, speel die klavier en het die snaar gedeeltes gerangskik vir hierdie liedjie.

Francois Van Coke - As Ek Kon
Foto deur Andre Badenhorst

“As ek kon” se musiekvideo is by Sunset Recording Studios buite Stellenbosch verfilm deur Johannes Pieter Nel, wat ook “Daarsy boys” gemaak het. Ek beveel aan dat jy snesies naby hou vir hierdie ene.

Kyk na die musiekvideo vir “As ek kon” hier onder:

As jy ‘n traantjie gepik het, vee maar daai traantjie weg met die snesie en lees verder, daar is nog Francois Van Coke nuus…

IQ AcademyOfferforge

Nog ‘n musiekvideo vanaf die album Dagdrome in Suburbia

Die legendariese “bromance” tussen Francois en Riky wat gesmee is tydens The Voice SA 3 het oorgespoel na sy nuwe album en die verhoog tydens Francois van Coke & Vriende. “Not Like Them” is die enigste Engelse lied op die album, Dagdrome in Suburbia.

Die musiekvideo vir “Not Like Them” was by Levi’s Haus Afrika in Johannesburg bekend gestel op 28 November. Die Levi’s baadjie wat Francois in die video dra is daar met ‘n laser gedruk.

Hierdie musiekvideo vier diversiteit en is verfilm deur André Badenhorst.

O ja, daar is nog nuus…

“Dagdrome In Suburbia” se musiekvideo is ‘n massiewe treffer onder Francois se ondersteuners. Die liedjie sweep luisteraars op soos geen ander Francois van Coke liedjie nie! Die musiekvideo is verfilm deur mede Fokofpolisiekar groepslid, Jaco Snakehead Venter.

NetfloristOfferforge

“Daarsy boys” is vining besig om ‘n “cult classic” te raak onder “cool” ouers in die burbs reg oor die land. Die video is gemaak deur Johannes Pieter Nel. Hunter Kennedy spog met ‘n bietjie rymkletsery!

Waar kan jy Francois Van Coke live sien in Desember?

As jy in Kaapstad is, check hom uit by die CTICC op die 14de Desember 2019. Dis ‘n Akoestiese “storytellers” konsert wat nogals spesiaal gaan wees. Kry jou kaartjies HIER.

Jy kan hom ook sien by Hartenbos in Afrikaans op die 27 / 28ste Desember by ATKV Hartenbos Amfiteater. Kry jou kaartjies HIERSO. Francois Van Coke jam ook oujaarsaand in Jeffrey’s Baai by J-Bay Rocks.

Wat dink jy van die “As ek kon” musiekvideo? Los kommentaar hier onder en laat my weet! Ek wil graag van jou hoor.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026

    Francois van Coke het sy nuwe punk anthem "Bangkinders" uitgereik. Dis propvol rou energie en satire oor moderne absurditeite.

    VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

    VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    Music News 6 Jul 2026

    Francois van Coke en VOLK gee "Groen en Goud", 'n rouwe punk rock-weergawe van The Bats se rugbyklassieker, nuwe lewe met vars energie.

  • Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet

    Francois Van Coke & Vriende 2025
    Upcoming Events 3 Jun 2026

    Francois van Coke & Vriende keer terug op 9 Oktober 2026 met 'n ongelooflike line-up en nuwe musiek wat jy nie mag mis nie.

    Francois van Coke Reik “Nagmerries (Bye bye baby)” Uit

    Francois van Coke - Nagmerries
    Music Videos 24 Apr 2026

    Francois van Coke lewer "Nagmerries (Bye bye baby)" as eerste van vier nuwe singles wat in 2026 verwag word, met 'n kragtige musiekvideo.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Francois van Coke Pop Rock
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Man As Machine - Impossible Sea
    “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released
    August 3, 2026
  • Shortstraw - Rubber Arm
    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived
    August 3, 2026
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 2
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
  • Millennium - Brooklyn Bachelor
    Met “Brooklyn Bachelor” Skop Millennium Die Deur Oop
    July 28, 2026
  • Riaan Benade
    Riaan Benadé bring hulde aan die liefde met ‘Lof’
    July 27, 2026
  • Nicholis Louw & Pieter Pruis
    Nicholis Louw & Pieter Pruis Reik “Feit Soos ‘n Koei” Uit
    July 27, 2026
IQ AcademyOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 510
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 303
Johannesburg 286
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.