Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Van Der Aven Reik Eerste Afrikaanse snit “Heimwee” Uit

Van Der Aven Reik Eerste Afrikaanse snit “Heimwee” Uit

Blitsoorsig: Van Der Aven, a folk-rock trio, won the prestigious Band Or Bust competition at the Toyota Woordfees in 2020 with their unique three-part harmonies. They recently released "Heimwee," their debut Afrikaans single, adapted from a poem by JRL van Bruggen. The song was inspired by homesickness during lockdown and has earned praise from fellow musicians including Coenie de Villiers, who called it a fantastic version.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 12, 2022No Comments3 Mins Read Music News 95 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die folk- rock groep Van Der Aven (Roelof van der Merwe, Theunis van der Merwe en Paul Avenant) is een van die mees opwindende nuwe musiekgroepe in die Suid-Afrikaanse musiek-landskap.

Alhoewel hulle al `n hele rukkie saam optree (voorheen BrotherBrother) het Van Der Aven in Maart 2020 die kollig begin steel, toe hulle die gewilde musiek-platform Texx and the City se “Band Or Bust” kompetisie by die Toyota Woordfees gewen het.

Van Der Aven - Heimwee

 Dié gesogte kompetisie het meer as 250 inskrywings gehad waarvan 5 finaliste in die finale rondte moes meeding. Van Der Aven het die beoordelaars Theo Crous, Karen Zoid, Wynand Myburgh and Tecla Ciolfi van Texx and the City so beindruk, dat hulle eenparig op hulle as die wengroep besluit het. Ciofli sê dat sy toe sy na hul inskrywings-lied geluister het, dadelik geweet het dat daar iets baie spesiaal aan hierdie groep is.

Tecla Ciolfi verduidelik: “Hierdie ouens het die vermoë om op `n suiwer emosionele vlak met hul gehoor te kommunikeer en `n mens ligter te laat voel na die afloop van hul vertonings.”

NetfloristOfferforge

Theo Crous voeg by: “Wat hierdie groep so besonders maak, is die drie-deel-harmonieë waarmee hulle werk. Ons het nog nie so iets in Suid- Afrikaanse musiek nie. Dit maak hulle klank heeltemal uniek.”

“Heimwee” is Van der Aven se eerste Afrikaanse enkelsnit. Die lirieke is vanaf `n oorspronklike gedig deur die Afrikaanse skrywer en digter JRL van Bruggen. Hy het hierdie besonderse gedig geskryf tydens sy studies in Nederland toe hy terugverlang het na die wye vlaktes van Suid-Afrika.

Meer inligting Van Der Aven en “Heimwee”

Roelof het op die woorde van “Heimwee” afgekom toe hy tydens die eerste maand van die grendeltydperk in Suid Afrika in 2020, via Google na die Afrikaans woord vir homesick gesoek het. Hy was alleen in `n klein woonstel in Stellenbosch en het verlang na die ooptes van sy tuiste in die Karoo. Hy het dadelik by die gedig aanklank gevind en was geïnspireerd om sy eie musiek daarvoor te skryf.

Van Der Aven

 Vir twee jaar na “Band Or Bust” was daar `n wag-periode en toe die grendeltydperk in 2022 uiteindelik verby is, het Van Der Aven besluit om hul EP wat in Augustus vanjaar uitgereik word, by Jürgen von Wechmar by Sunset Studios in Stellenbosch op te neem. “Heimwee” is die eerste enkelsnit vanaf hierdie kort nuwe album.

NetfloristOfferforge

 `n Klassieke weergawe van “Heimwee” was oorspronklik deur Mimi Coertse opgeneem.  Van Der Aven se weergawe van die liedjie was op Vrydag 10 Junie uitgereik en hulle het eers onlangs verneem dat Mimi Coertse op 12 Junie 90 Jaar oud word. “Dit is ongelooflik hoe hierdie dinge uitwerk. Ons het groot respek vir haar en wat haar musiek vir die skatkis van Afrikaans beteken. Ons hoop sy het `n wonderlike verjaardag!” sê Roelof.

 Nog `n sielvolle weergawe van “Heimwee” was deur Coenie de Villiers in samewerking met Jan Blohm en Mauritz Lotz op sy album “Hart van Glas” uitgereik. Coenie het die groep laat weet dat hy baie hou van wat hulle met die liedjie gedoen het: “Dit is `n fantastiese weergawe. Ek hou veral van die gatskop instrumentale brug. Welgedaan julle!”

Luister “Heimwee” hier onder:

YouTube video player

Jy kan “Heimwee” HIER stroom of aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Gallo 100: The Sound of a Century – All The Deets

    Gallo Record Company
    Upcoming Events 29 Sep 2026
  • Cape Town International Kite Festival 2026: All The Deets

    Cape Town International Kite Festival 2026: All The Deets 1
    Upcoming Events 29 Sep 2026
  • Fabric Returns to South Africa in January 2027

    Fabric South Africa 2027
    Upcoming Events 27 Sep 2026
  • French Montana: Live in South Africa in December 2026

    French Montana
    Upcoming Events 23 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cape Town Heimwee South Africa Van Der Aven
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,322
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.