Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Van Der Aven Reik Eerste Afrikaanse snit “Heimwee” Uit

Van Der Aven Reik Eerste Afrikaanse snit “Heimwee” Uit

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 12, 2022No Comments3 Mins Read Music News 26 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die folk- rock groep Van Der Aven (Roelof van der Merwe, Theunis van der Merwe en Paul Avenant) is een van die mees opwindende nuwe musiekgroepe in die Suid-Afrikaanse musiek-landskap.

Alhoewel hulle al `n hele rukkie saam optree (voorheen BrotherBrother) het Van Der Aven in Maart 2020 die kollig begin steel, toe hulle die gewilde musiek-platform Texx and the City se “Band Or Bust” kompetisie by die Toyota Woordfees gewen het.

Van Der Aven - Heimwee

 Dié gesogte kompetisie het meer as 250 inskrywings gehad waarvan 5 finaliste in die finale rondte moes meeding. Van Der Aven het die beoordelaars Theo Crous, Karen Zoid, Wynand Myburgh and Tecla Ciolfi van Texx and the City so beindruk, dat hulle eenparig op hulle as die wengroep besluit het. Ciofli sê dat sy toe sy na hul inskrywings-lied geluister het, dadelik geweet het dat daar iets baie spesiaal aan hierdie groep is.

Tecla Ciolfi verduidelik: “Hierdie ouens het die vermoë om op `n suiwer emosionele vlak met hul gehoor te kommunikeer en `n mens ligter te laat voel na die afloop van hul vertonings.”

Theo Crous voeg by: “Wat hierdie groep so besonders maak, is die drie-deel-harmonieë waarmee hulle werk. Ons het nog nie so iets in Suid- Afrikaanse musiek nie. Dit maak hulle klank heeltemal uniek.”

NetfloristOfferforge

“Heimwee” is Van der Aven se eerste Afrikaanse enkelsnit. Die lirieke is vanaf `n oorspronklike gedig deur die Afrikaanse skrywer en digter JRL van Bruggen. Hy het hierdie besonderse gedig geskryf tydens sy studies in Nederland toe hy terugverlang het na die wye vlaktes van Suid-Afrika.

Meer inligting Van Der Aven en “Heimwee”

Roelof het op die woorde van “Heimwee” afgekom toe hy tydens die eerste maand van die grendeltydperk in Suid Afrika in 2020, via Google na die Afrikaans woord vir homesick gesoek het. Hy was alleen in `n klein woonstel in Stellenbosch en het verlang na die ooptes van sy tuiste in die Karoo. Hy het dadelik by die gedig aanklank gevind en was geïnspireerd om sy eie musiek daarvoor te skryf.

Van Der Aven

 Vir twee jaar na “Band Or Bust” was daar `n wag-periode en toe die grendeltydperk in 2022 uiteindelik verby is, het Van Der Aven besluit om hul EP wat in Augustus vanjaar uitgereik word, by Jürgen von Wechmar by Sunset Studios in Stellenbosch op te neem. “Heimwee” is die eerste enkelsnit vanaf hierdie kort nuwe album.

 `n Klassieke weergawe van “Heimwee” was oorspronklik deur Mimi Coertse opgeneem.  Van Der Aven se weergawe van die liedjie was op Vrydag 10 Junie uitgereik en hulle het eers onlangs verneem dat Mimi Coertse op 12 Junie 90 Jaar oud word. “Dit is ongelooflik hoe hierdie dinge uitwerk. Ons het groot respek vir haar en wat haar musiek vir die skatkis van Afrikaans beteken. Ons hoop sy het `n wonderlike verjaardag!” sê Roelof.

 Nog `n sielvolle weergawe van “Heimwee” was deur Coenie de Villiers in samewerking met Jan Blohm en Mauritz Lotz op sy album “Hart van Glas” uitgereik. Coenie het die groep laat weet dat hy baie hou van wat hulle met die liedjie gedoen het: “Dit is `n fantastiese weergawe. Ek hou veral van die gatskop instrumentale brug. Welgedaan julle!”

Luister “Heimwee” hier onder:

YouTube video player

Jy kan “Heimwee” HIER stroom of aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Van Der Aven
    Van Der Aven reik “Slaap Jy Al” musiekvideo uit
  • Jack Stone en Die Bende
    Jack Stone reik Eerste Afrikaanse EP uit
  • Van Der Aven
    Van Der Aven: ‘n Vinnige Onderhoud voor KKNK
  • Julanie J Photo by Willem Botha
    Julanie J se eerste Afrikaanse (“Mooi”) is nou beskikbaar

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Cape Town Heimwee South Africa Van Der Aven
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Zolani Mahola - LIFT Me Higher
    Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
    July 9, 2026
  • Truth & Its Burden
    Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
    July 8, 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit
    July 6, 2026
  • +LIVE+ Band Picture
    +LIVE+ December 2026 South African Tour
    April 22, 2026
  • Playtopia Festival Featured
    Playtopia Festival: 3-5 December 2026
    May 14, 2026
  • TEEKS and Good Neighbours Featured
    Good Neighbours & TEEKS Live in Cape Town: 27 August 2026
    June 13, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
Rozanne McKenzie - Winter Fitness Tips

6 Winter Fitness Tips from Rozanne McKenzie

July 2, 202624 Views
The Deadly Quest for Gold - Top 10 African Films You Can Stream for Free

10 Top Award-Winning African Films You Can Stream for Free

July 3, 202623 Views
Out of Mined

“Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast

July 3, 202622 Views
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202622 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.