Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»Van Der Aven: ‘n Vinnige Onderhoud voor KKNK

    Van Der Aven: ‘n Vinnige Onderhoud voor KKNK

    Henno KrugerBy Henno Kruger Music 6 Mins Read70 ViewsMarch 27, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Van Der Aven is ’n onafhanklike alternatiewe rock groep wat bestaan uit drie lede, naamlik Roelof van der Merwe (skrywer, sanger en kitaarspeler), Theunis van der Merwe (sanger en baskitaarspeler) en Paul Avenant (sanger en tromspeler).

    NetfloristOfferforge

    Die naam Van Der Aven is ’n samestelling van die lede se vanne.  Al drie lede is Karoolinge met Paul wat vanaf Murraysburg afkomsig is en die twee broers vanaf Beaufort Wes.

    Van Der Aven is in 2020 aangewys as die wenners van Band Or Bust by die 2020 US Woordfees en het al die geleentheid gehad om die verhoog te deel met kunstenaars soos Elvis Blue, Francois van Coke, Arno Carstens, Droomsindroom, Glaskas en Spoegwolf.

    Van Der Aven

    Ek het onlangs oor ‘n paar goedjies gesels met hulle, hier is wat Van Der Aven te sê gehad het.

    Baie geluk met julle nuwe enkelsnit ‘Slaap jy Al’. Vertel ons meer van die liedjie en hoe die lirieke en musiek vir hierdie liedjie bymekaar gekom het?

    “Slaap Jy Al vertel die storie van ’n verhouding wat op die rotse is en hoe maklik dit is om verby mekaar te lewe.  Die hele idee was gevorm rondom ’n binnetoe- gesprek wat ’n mens laat aand het voor jy gaan slaap.”

    “Die lied kom vra die vrae “Praat ons nog regtig met mekaar?” en “Hoe naby is ons om mekaar te verloor?”.  Die musiek en lirieke van hierdie lied het hand aan hand vorm begin neem tydens die skryf proses en het sporadies gevorm tot die finale produk wat dit vandag is.”

    Van Der Aven se eerste enkelsnit “Heimwee” doen baie goed op radio. Het julle dit verwag en hoe voel dit om jul eie musiek op radio te hoor?

    “Die terugvoer wat ons ontvang vir “Heimwee” verbaas ons nog daagliks aangesien die oorspronklike lied nie iets was wat ons geken het nie.”

    “Die gedig van JRL van Brugge kom wys net weereens hoe briljante lirieke/poësie grense en tyd kan oorskry.  Dit is nog elke keer vir ons vreemd om ons eie stemme oor die radio te hoor, maar dit bly altyd opwindend en ’n groot riem onder die hart dat mense ons musiek geniet.”

    Van Der Aven speel by die Feesterrein Musiekverhoog by KKNKop Saterdag 1 April 13h00 en Sondag 2 April 12h00. Wat kan die gehoor verwag?

    “Hierdie jaar se KKNK sal ons eerste verskyning wees by die fees en ons sien geweldig uit!  Ons het al drie groot geword in die Karoo en het gereeld die KKNK besoek gedurend ons kinderjare.”

    “Die KKNK is die grootste fees naby ons tuis dorpe (Beaufort Wes en Murraysburg) en ons sien dit amper as ons tuis fees.  Wat kan gehore verwag? Ons kom terug Karoo toe (KKNK toe) om ons stemme dik te maak en om vir gehore bloot te stel aan kwaliteit Afrikaanse musiek wat nie doekies omdraai nie.”

    Hoe lyk julle dag op `n “show dag?” Is julle maar net betyds en speel of is daar `n spesiale manier van dinge doen?

    “Ons fokus verseker daarop om betyds te wees!  Enigeiets anders sal swak styl wees. Ons het nie noodwendig iets spesiaal wat ons op die dag doen nie, aangesien ons seker maak dat die meerderheid van die werk reeds agter die rug is teen “show dag”.  Vir ons is dit belangrik om ten volle gereed te wees teen “show dag” en dan net op die verhoog te gaan en in die oomblik te wees en dit te geniet.”

    Watter SA bands inspireer julle en hoekom?

    “Ons vind inspirasie vanaf geweldig baie kunstenaars en genre’s, maar om net ’n paar uit te lig:”

    “1. VanFokKingTasties (Van Coke Cartel, Fokofpolisiekar, aKing, Die Heuwels Fantasties) – sonder hulle sou alternatiewe Afrikaanse musiek nie wees waar dit vandag is nie.”

    “2. Zinkplaat – hul “plat op die aarde” manier van die musiekwêreld betree en net hul self te wees.”

    “3. Spoegwolf – hul ongelooflike dryfkrag en fokus om alles wat hulle al aangepak en verrig het en dit sonder ’n platemaatskappy.”

    “4. Verder die hele MK89 beweging. Ek dink sonder die invloed wat MK89 op ons almal se vormings jare gehad het sou Afrikaanse musiek nie wees waar dit vandag is nie en die groei van Afrikaanse musiek en liriek sou drasties gely het indien dit nie vir MK89 was nie.”

    Watter internaionalev kunstenaars inspireer Van Der Aven en hoekom?

    “Hierdie is eintlik ’n geweldige lang lys, maar:”

    “1. Onder andere Mumford and Sons, Bon Iver, Billie Eilish – Die gebruik van interessante harmonië in hul verwerkings is iets waarna ons geweldig streef.”

    “2. Gangs of Youth, White Lies, Frightened Rabbit, Bruce Springsteen, Rod Steward, The Lumineers, Death Cab for Cutie, The National, Phoebe Bridgers etc. – Die skryf van lirieke wat ’n diep storie vertel en met dit, ongelooflike musiek te maak.”

    “3. Kings of Leon, Biffy Clyro, Lake Street Drive – Hul gebruik van interessante ritmes en patrone in musiek.”

    Waarna luister Van Der Aven in die motor as hulle op toer reis?

    “Soos gesien kan word vanaf ons lys inspirasies hou ons van baie verskillende variasies van musiek. Ons het wel gewoonlik een song per toer wat gewoonlik oor en oor geluister word en hierdie word geindentifiseer binne die eerste paar ure van op pad wees.  Voorbeelde van voriges sluit in Synth Peter se “Welkom in die Wildtuin” en Riaan Benade se “Rooiroknooi”.”

    Wat is die beste raad wat julle al gekry het as `n band?

    “Dit neem ’n leeftyd om ’n naam te maak en ’n sekonde om dit af te breek.”

    Wat beplan julle vir die volgende 3 maande?

    “Ons het twee splinternuwe enkelsnitte wat ons tans besig is om te voltooi wat ons graag binne die volgende paar maande wil vrystel.”

    “Die een het ons saam met Theo Crous gewerk en vir die ander het ons saam met Loki Rothman gewerk.  Verder, na KKNK, gaan ons vanaf 13 to 15 April saam met Glasklas en Van Reg en Rede ’n toer doen in die Boland.  Daarna is ons later die jaar te sien by Courtyard in McGregor en dan by Melkfest in Pretoria.”

    Waar kan fans en feesagente met Van Der Aven kontak maak?

    “Hulle kan ons gaan volg op Instagram (@vanderavenband), Facebook (Van Der Aven), kontak by vanderaven@gmail.com, of net direk met ons kom praat na ons shows by KKNK!”

    Ek wil vir Van Der Aven bedank vir hierdie onderhoud. Ek wens hulle als wat goed is toe vir die toekoms.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Van Pletzen: ‘n Vinnige geselsie voor Mieliepop 2018
    • Spoegwolf: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics
    • Van Pletzen: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics
    • The Black Cat Bones: ‘n Onderhoud Voor Park Acoustics

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    featured event

    Van Der Aven: 'n Vinnige Onderhoud voor KKNK 1

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Upcoming Events

    Loading events...
    Afrikaans Interviews South Africa Van Der Aven
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleMettlestate Brings Esports To SA High Schools
    Next Article Succession Season 4: Brian Cox shares his thoughts
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 2
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    73 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    93 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    61 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    Discovert Sport Logo
    October 7, 2025

    Discover Sport Launches “Bring Your A-Game” Competition

    12 Views2 Mins Read
    DSTV 30
    October 6, 2025

    DStv Celebrates 30 Years of Shaping South African Television

    10 Views5 Mins Read
    Disney+
    October 2, 2025

    What’s Streaming on Disney+ in October 2025?

    13 Views3 Mins Read
    DSTv
    October 1, 2025

    30 new hits to watch as DStv turns 30

    16 Views14 Mins Read
    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    Blogging
    June 18, 2015

    Blogging: 25 Useful Tips for Beginners (from SA Bloggers)

    114 Views6 Mins Read
    FIFA World Cup 2010 Fan Fest @ Hatfield Square
    December 29, 2010

    2010: 3 Things that I’ll Remember

    27 Views6 Mins Read
    The Fake Leather Blues Band - South African Music
    September 2, 2017

    Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit ‘n lekker jol was

    48 Views5 Mins Read
    Tuks FM Motherless
    January 3, 2011

    Tuks FM Motherless New Year’s Eve Party: A Photo Album

    121 Views5 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.