Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • The Springboks: 42 Interesting Facts you might not know
  • An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » Van Der Aven: ‘n Vinnige Onderhoud voor KKNK

Van Der Aven: ‘n Vinnige Onderhoud voor KKNK

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 27, 2023No Comments6 Mins Read Artist/Band Interviews 98 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Van Der Aven is ’n onafhanklike alternatiewe rock groep wat bestaan uit drie lede, naamlik Roelof van der Merwe (skrywer, sanger en kitaarspeler), Theunis van der Merwe (sanger en baskitaarspeler) en Paul Avenant (sanger en tromspeler).

Die naam Van Der Aven is ’n samestelling van die lede se vanne.  Al drie lede is Karoolinge met Paul wat vanaf Murraysburg afkomsig is en die twee broers vanaf Beaufort Wes.

Van Der Aven is in 2020 aangewys as die wenners van Band Or Bust by die 2020 US Woordfees en het al die geleentheid gehad om die verhoog te deel met kunstenaars soos Elvis Blue, Francois van Coke, Arno Carstens, Droomsindroom, Glaskas en Spoegwolf.

Van Der Aven

Ek het onlangs oor ‘n paar goedjies gesels met hulle, hier is wat Van Der Aven te sê gehad het.

Baie geluk met julle nuwe enkelsnit ‘Slaap jy Al’. Vertel ons meer van die liedjie en hoe die lirieke en musiek vir hierdie liedjie bymekaar gekom het?

“Slaap Jy Al vertel die storie van ’n verhouding wat op die rotse is en hoe maklik dit is om verby mekaar te lewe.  Die hele idee was gevorm rondom ’n binnetoe- gesprek wat ’n mens laat aand het voor jy gaan slaap.”

NetfloristOfferforge

“Die lied kom vra die vrae “Praat ons nog regtig met mekaar?” en “Hoe naby is ons om mekaar te verloor?”.  Die musiek en lirieke van hierdie lied het hand aan hand vorm begin neem tydens die skryf proses en het sporadies gevorm tot die finale produk wat dit vandag is.”

Van Der Aven se eerste enkelsnit “Heimwee” doen baie goed op radio. Het julle dit verwag en hoe voel dit om jul eie musiek op radio te hoor?

“Die terugvoer wat ons ontvang vir “Heimwee” verbaas ons nog daagliks aangesien die oorspronklike lied nie iets was wat ons geken het nie.”

“Die gedig van JRL van Brugge kom wys net weereens hoe briljante lirieke/poësie grense en tyd kan oorskry.  Dit is nog elke keer vir ons vreemd om ons eie stemme oor die radio te hoor, maar dit bly altyd opwindend en ’n groot riem onder die hart dat mense ons musiek geniet.”

Van Der Aven speel by die Feesterrein Musiekverhoog by KKNKop Saterdag 1 April 13h00 en Sondag 2 April 12h00. Wat kan die gehoor verwag?

“Hierdie jaar se KKNK sal ons eerste verskyning wees by die fees en ons sien geweldig uit!  Ons het al drie groot geword in die Karoo en het gereeld die KKNK besoek gedurend ons kinderjare.”

“Die KKNK is die grootste fees naby ons tuis dorpe (Beaufort Wes en Murraysburg) en ons sien dit amper as ons tuis fees.  Wat kan gehore verwag? Ons kom terug Karoo toe (KKNK toe) om ons stemme dik te maak en om vir gehore bloot te stel aan kwaliteit Afrikaanse musiek wat nie doekies omdraai nie.”

Hoe lyk julle dag op `n “show dag?” Is julle maar net betyds en speel of is daar `n spesiale manier van dinge doen?

“Ons fokus verseker daarop om betyds te wees!  Enigeiets anders sal swak styl wees. Ons het nie noodwendig iets spesiaal wat ons op die dag doen nie, aangesien ons seker maak dat die meerderheid van die werk reeds agter die rug is teen “show dag”.  Vir ons is dit belangrik om ten volle gereed te wees teen “show dag” en dan net op die verhoog te gaan en in die oomblik te wees en dit te geniet.”

Watter SA bands inspireer julle en hoekom?

“Ons vind inspirasie vanaf geweldig baie kunstenaars en genre’s, maar om net ’n paar uit te lig:”

“1. VanFokKingTasties (Van Coke Cartel, Fokofpolisiekar, aKing, Die Heuwels Fantasties) – sonder hulle sou alternatiewe Afrikaanse musiek nie wees waar dit vandag is nie.”

“2. Zinkplaat – hul “plat op die aarde” manier van die musiekwêreld betree en net hul self te wees.”

“3. Spoegwolf – hul ongelooflike dryfkrag en fokus om alles wat hulle al aangepak en verrig het en dit sonder ’n platemaatskappy.”

“4. Verder die hele MK89 beweging. Ek dink sonder die invloed wat MK89 op ons almal se vormings jare gehad het sou Afrikaanse musiek nie wees waar dit vandag is nie en die groei van Afrikaanse musiek en liriek sou drasties gely het indien dit nie vir MK89 was nie.”

Watter internaionalev kunstenaars inspireer Van Der Aven en hoekom?

“Hierdie is eintlik ’n geweldige lang lys, maar:”

“1. Onder andere Mumford and Sons, Bon Iver, Billie Eilish – Die gebruik van interessante harmonië in hul verwerkings is iets waarna ons geweldig streef.”

“2. Gangs of Youth, White Lies, Frightened Rabbit, Bruce Springsteen, Rod Steward, The Lumineers, Death Cab for Cutie, The National, Phoebe Bridgers etc. – Die skryf van lirieke wat ’n diep storie vertel en met dit, ongelooflike musiek te maak.”

“3. Kings of Leon, Biffy Clyro, Lake Street Drive – Hul gebruik van interessante ritmes en patrone in musiek.”

Waarna luister Van Der Aven in die motor as hulle op toer reis?

“Soos gesien kan word vanaf ons lys inspirasies hou ons van baie verskillende variasies van musiek. Ons het wel gewoonlik een song per toer wat gewoonlik oor en oor geluister word en hierdie word geindentifiseer binne die eerste paar ure van op pad wees.  Voorbeelde van voriges sluit in Synth Peter se “Welkom in die Wildtuin” en Riaan Benade se “Rooiroknooi”.”

Wat is die beste raad wat julle al gekry het as `n band?

“Dit neem ’n leeftyd om ’n naam te maak en ’n sekonde om dit af te breek.”

Wat beplan julle vir die volgende 3 maande?

“Ons het twee splinternuwe enkelsnitte wat ons tans besig is om te voltooi wat ons graag binne die volgende paar maande wil vrystel.”

“Die een het ons saam met Theo Crous gewerk en vir die ander het ons saam met Loki Rothman gewerk.  Verder, na KKNK, gaan ons vanaf 13 to 15 April saam met Glasklas en Van Reg en Rede ’n toer doen in die Boland.  Daarna is ons later die jaar te sien by Courtyard in McGregor en dan by Melkfest in Pretoria.”

Waar kan fans en feesagente met Van Der Aven kontak maak?

“Hulle kan ons gaan volg op Instagram (@vanderavenband), Facebook (Van Der Aven), kontak by [email protected], of net direk met ons kom praat na ons shows by KKNK!”

Ek wil vir Van Der Aven bedank vir hierdie onderhoud. Ek wens hulle als wat goed is toe vir die toekoms.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Van Der Aven - Heimwee
    Van Der Aven Reik Eerste Afrikaanse snit “Heimwee” Uit
  • Van Der Aven
    Van Der Aven reik “Slaap Jy Al” musiekvideo uit
  • Van Pletzen at Oppikoppi by Henry Engelbrecht 1
    Van Pletzen: ‘n Vinnige geselsie voor Mieliepop 2018
  • Van Pletzen
    Van Pletzen: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans South Africa Van Der Aven
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Kehlani
    Kehlani South African Tour: December 2026
    June 16, 2026
  • Fatboy Slim South African Tour: December 2026 1
    Fatboy Slim South African Tour: December 2026
    June 18, 2026
  • Limp Bizkit
    Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026
    June 8, 2026
  • Springboks
    The Springboks: 42 Interesting Facts you might not know
    July 14, 2026
  • Pretoria Bach Choir Photo
    An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas
    July 14, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
Zolani Mahola - LIFT Me Higher

Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms

July 9, 202625 Views
Carol-Ann Meltzer - Khazimula

An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)

July 10, 202619 Views
The Deadly Quest for Gold - Top 10 African Films You Can Stream for Free

10 Top Award-Winning African Films You Can Stream for Free

July 3, 202619 Views
Out of Mined

“Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast

July 3, 202619 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,371 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 225
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
580
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.