Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » ‘n Frank Freeman Onderhoud Oor EET KREEF HERLEEF!

‘n Frank Freeman Onderhoud Oor EET KREEF HERLEEF!

Post Summary: Frank Freeman het onlangs oor die EET KREEF HERLEEF! projek gepraat, wat 'n nuwe weergawe is van Kerkorrel se klassieke album. Hy het 'n ongelooflike band saamgestel met Laudo Liebenberg as sanger, Schalk van der Merwe op bas, Sheldon Yoko op tromme en Mikhaela Kruger. Freeman voel dat die album steeds relevant is en wil mense weer bewus maak van die belangrike erfenis van alternatiewe Afrikaanse musiek en kultuur.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 11, 2022No Comments4 Mins Read Artist/Band Interviews 106 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Frank Freeman het sy musiekloopbaan vroeg begin toe hy die Grey College Boereorkes gejoin het in Bloemfontein toe hy net 6 jaar oud was.

Frank Freeman het saam met die groep in Europa gaan toer en is genomineer vir ‘n Suid-Afrikaanse Tradisionele Musiek Toekenning, voor hy skool klaargemaak het.

9 jaar terug het hy professioneel begin speel en Kaapstad toe verhuis. Hy het vir homself ‘n naam gemaak as ‘n go-to session kitaar speler. Hy het al vir mense soos Arno Carstens, Francois Van Coke, Zolani Mahola, Ard Matthews and aKing kitaar gespeel. Hy het al op baie studio albums kitaar gespeel, in verskeie TV produksies verskyn en ‘n hele paar teater shows opgetree. Hy is tans besig om aan sy debuut solo album te werk.

Frank Freeman

Ek het onlangs met Frank Freeman gepraat oor EET KREEF HERLEEF! en so paar ander goedjies

Hier is wat Frank Freeman te sê gehad het.

NetfloristOfferforge

Hoe voel dit vir Frank Freeman om weer op die verhoog terug te wees na twee jaar?

Dit voel asof ons terug by die huis is. Daar is niks wat die ervaring van live musiek kan vervang nie. Dit vind plaas in die oomblik. Net die band en die gehoor is daar. Niemand anders nie. Net die mense wie daar is ervaar wat gebeur. Dis spesiaal.

Dink Frank Freeman kunstenaars het dit in verlede for granted gevat om op stage te wees? Is daar iets anders wat nou inskop? Of voel dit of julle net optel waar julle laas gelos het?

Almal het dit gemis. Ek dink almal het besef dat mense ander mense nodig het. Nie net in musiek nie, maar in algehele lewe.

Vertel ons van die proses hoe die betrokke kunstenaars wat op die verhoog is by die EET KREEF HERLEEF! projek beland het?

Ek het destyds die idee gehad om ‘n musiek produksie bymekaar te sit met Kerkorrel se musiek. Toe ek op toer was saam met Arno Carstens het hy genoem dat dit interressant sal wees om ‘n hele album aan te pak. Dis toe dat ek besluit het om die EET KREEF! album as ‘n produksie te doen.

Ek het onmiddelik gedink aan Laudo Liebenberg om die hoofrol as sanger te vertolk en toe hy instem toe sit ek die res van groep bymekaar. Schalk van der Merwe is iemand wie se wortels diep in die geskiedenis van Afrikaanse alternatiewe musiek lê.

Dan is hy boonop ‘n fantastiese baskitaar speler ook. Toe kry ek hom. Ek en Sheldon Yoko werk al jare saam. Hy is een van die beste drommers wat die land al gesien het. Toe kry ek vir Mikhaela Kruger om uiteindelik by die toer groep aan te sluit omdat sy so veelsydig en talentvol is. Dis ‘n ongelooflike band.

Watter van die songs is vir julle die heel lekkerste om te speel?

Daar is ‘n klomp songs wat mens raak vir verskillende redes, maar vir my persoonlik is “Donker Donker Land” een van die emosionele hoogtepunte van die show. Mens moet jouself amper sielkundig voorberei daarvoor. Dit raak jou diep. Of jy in die band of in die gehoor is.

Kerkorrel se verjaardag is net na die Atterbury show, watter verjaardag boodskap sal Frank Freeman aan hom wil opdra?

Al boodskap wat ek sal kan gee is di volgende: Dankie vir die musiek. Dankie vir die nalentskap van alternatiewe Afrikaanse musiek en kultuur. Dit leef voort.

Hoekom is dit belangrik dat mense nou nog na die EET KREEF! album (asook julle weergawe EET KREEF HERLEEF!) moet luister?

Dit is ‘n stuk geskiedenis. Hierdie album is ‘n belangrike deel van die Afrikaner kultuur. Dit bewys dat daar nog altyd alternatiewe Afrikaners is. Meer as wat mense dink. Dit was so in 1989 en dis nog meer so nou. Ons herinterpretasie van hierdie album is om mense weer bewus te maak daarvan, want die omvang van die musiek is net so relevant nou soos wat dit was meer as 30 jaar terug. Net in ‘n nuwe konteks.

NetfloristOfferforge

Ek wil graag vir Frank Freeman dankie sê vir hierdie onderhoud. Julle kan hom en Laudo Liebenberg Live vang by Sowaar Bar in Pretoria op die 25ste Maart 2022.

As jy die EET KREEF HERLEEF! vertonings wil beleef, kry jou musiek-liefhebbende voetjies by The Daisy Jones Bar at OMG in Stellenbosch op die 19de Maart of by 3 uur of 7 uur show by die Atterbury Teater in Pretoria op die 26ste Maart 2022.

Kry kaartjies vir een van die Pretoria shows of vir die Stellenbosch vertoning, dit gaan pret wees.

Om ‘n idee te kry hoe awesome die show gaan wees, kyk die video vir “Liefde” hier onder:

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Want to promote your business, event, product or service? We get more than 14,000 pageviews a month! Contact us for marketing and advertising options.

You might also like

  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)

    Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Artist/Band Interviews 10 Jul 2026
  • An Interview With GAZ

    GAZ
    Artist/Band Interviews 22 Apr 2026
  • An Interview with Mark from The Fismits

    The Fismits Mark Biagio
    Artist/Band Interviews 30 Mar 2026
  • An Interview with Anton Edwards

    Anton Edwards Artist
    Artist/Band Interviews 23 Feb 2026

Join The Wolf Pack

📻 Subscribe To Our Newsletter

Help To Keep Us Going

☕ Support Us

Explore Running Wolf's Rant

🎵 Visit the Music Hub🔥 Check out our Popular Articles📅 Check out Upcoming Events🎤 Check Out The SA Gig Guide
Eet Kreef Herleef Frank Freeman
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Subscribe To Our Newsletter

Enter your email address to subscribe and receive notifications of new posts in Your Inbox.

More Articles
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • ABFAB
    An Interview with ABFAB
    November 26, 2025
  • Jaakie
    ‘n Onderhoud met Jaakie
    October 11, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
  • Celeste Swift Interview
    An Interview With Celeste Swift
    August 7, 2025
  • Basson Laas
    An Interview with Basson Laas
    July 30, 2025
  • Gareth Haze
    An Interview With Gareth Haze
    May 13, 2025
  • Sheron
    An Interview With Sheron
    November 25, 2024
Categories
Entertainment
3,477 ▼
Music 2,667
Events 256
Interviews 230
Gaming 99
Streaming 95
Humor 48
Movies 34
Television 28
Advertising 20
Featured
568
Hacks
504
Facts
468 ▼
Music Facts 153
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Gaming Facts 15
Sport Facts 15
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
340
Opinion
230
General News
140
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Popular Topics
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.