Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Van Der Aven reik “Slaap Jy Al” musiekvideo uit

Van Der Aven reik “Slaap Jy Al” musiekvideo uit

Blitsoorsig: Die alternatiewe rock groep Van Der Aven het 'n musiekvideo vir "Slaap Jy Al" gelanseer, hul eerste oorspronklike liedjiesnit. Die lied bespreek onsekerheid en miskommunikasie in verhoudings en speel nou op radio-speellyste. Videograaf Hugo Brand en vervaarder SW Strauss het saamgewerk om 'n troebel verhouding se fases vas te vang op unieke wyses.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 3, 2023No Comments3 Mins Read Music Videos 71 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die gewilde groep Van Der Aven het pas `n video uitgereik vir die tweede enkelsnit vanaf hul debuut EP (Van Der Aven) wat einde 2022 uitgereik is. Die liedjie “Slaap Jy Al” word tans op radio-speellyste gelaai en kry nou ook ’n nuwe baadjie met die uitreiking van ’n musiekvideo.

“Slaap Jy Al” bespreek die idee van onsekerheid en miskommunikasie in verhoudings en verteenwoordig Van Der Aven se groei na `n meer alternatiewe rock klank.

Slaap Jy Al volg kort op die hakke van die groep se debuut-liedjie, ’n oorspronklike verwerking van die gedig Heimwee wat deur JRL van Bruggen geskryf is. “Heimwee” speel tans op stasies landwyd insluitende RSG, Jacaranda FM, Bok Radio, Groot FM en vele meer.

Van Der Aven

“Slaap Jy Al” is die eerste enkelsnit van Van Der Aven waar hul eie oorspronklike lirieke tentoongestel word. Die EP was opgeneem by Sunset Recording Studios net buite Stellenbosch met die hulp van die bekende musiekregisseur Jürgen von Wechmar.

NetfloristOfferforge

Roelof van der Merwe van Van Der Aven vertel ons meer oor “Slaap Jy Al”

“Slaap Jy Al is een van ons gunsteling songs om op te tree vir gehore, want ons kan sien en hoor hoe mense hulself meeleef en verloor in die musiek.  Die lied vertel die storie van kwesbaarheid, onsekerheid en twyfel en kom vra dan die vrae: leef ons bymekaar verby of hoe naby is ons daaraan om mekaar te verloor?”

Van Der Aven - Slaap Jy Al

“Slaap Jy Al” se musiekvideo het Hugo Brand, (hy het ook die groep se debuut- musiekvideo geskiet) weereens sy rol as videograaf ingeneem saam met SW Strauss as vervaardiger.

Brand en Strauss het al voorheen saam gewerk op film en televisie produksies, maar hierdie is die eerste musiekvideo wat hulle saam aangepak het. Die akteurs Lara Hattingh en Len- Barry Simons speel die paartjie in die video.

SW Strauss vertel ons meer oor “Slaap Jy Al” se musiekvideo

“Die konsep van die video was om ’n troebel verhouding en die verskillende fases daarvan vas te vang op unieke en abnormale maniere.  Dit was regtig ’n baie lekker ondervinding om saam met Van Der Aven te werk!”

NetfloristOfferforge

Kyk die musiekvideo hier onder:

Meer inligting oor Van Der Aven

Van Der Aven is ’n onafhanklike alternatiewe rock groep wat bestaan uit drie lede, naamlik Roelof van der Merwe (skrywer, sanger en kitaarspeler), Theunis van der Merwe (sanger en baskitaarspeler) en Paul Avenant (sanger en tromspeler).

Die naam Van Der Aven is ’n samestelling van die lede se vanne.  Al drie lede is Karoolinge met Paul wat vanaf Murraysburg afkomsig is en die twee broers vanaf Beaufort Wes.

Van Der Aven is in 2020 aangewys as die wenners van Band Or Bust by die 2020 US Woordfees en het al die geleentheid gehad om die verhoog te deel met kunstenaars soos Elvis Blue, Francois van Coke, Arno Carstens, Droomsindroom, Glaskas en Spoegwolf.

NetfloristOfferforge

Van Der Aven speel by die Feesterrein Musiekverhoog by KKNK op Saterdag 1 April (13:00) en Sondag 2 April (12:00).

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Van Der Aven: ‘n Vinnige Onderhoud voor KKNK

    Van Der Aven
    Artist/Band Interviews 27 Mar 2023
  • Van Der Aven Reik Eerste Afrikaanse snit “Heimwee” Uit

    Van Der Aven - Heimwee
    Music News 12 Jun 2022
  • Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”

    Winter Hotel - Koffiewinkel
    Music Videos 6 Sep 2026
  • Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”

    Sasha Burn
    Music Videos 5 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Slaap Jy Al South Africa Van Der Aven
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,287
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 515
USA 335
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.