Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”

Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 5, 2026No Comments3 Mins Read Music Videos 74 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Ná die ongekende sukses van “Toelaat,” slaan Bernice West en Droomsindroom ’n splinternuwe kreatiewe rigting in met die bekendstelling van Winter Hotel – ’n musiekprojek wat veel meer as net ’n nuwe band wil wees.

Met hul debuut-enkelsnit, “Heuning,” nooi hulle luisteraars in ’n nostalgiese wêreld waar musiek, stories en beeld saamvloei tot ’n unieke ervaring.

Winter Hotel

Die idee vir die projek het ontstaan ná Bernice West en Droomsindroom se suksesvolle samewerking op “Toelaat,” wat vyf opeenvolgende weke die nommer-een-posisie beklee en meer as een miljoen stromings behaal het.

Die oorweldigende reaksie het die kunstenaars laat besef daar is ruimte vir iets groters: ’n volwaardige nuwe band met sy eie identiteit, klank en storie, sonder om hul bestaande solo- en groepsloopbane te laat vaar.

NetfloristOfferforge

Die Verhaal Agter die Debuut-Enkelsnit: ‘Heuning’

Winter Hotel se eerste enkelsnit, “Heuning,” fokus op die gevoel van verlief raak en die verwondering wat liefde weer in ’n mens wakker maak.

Die lirieke gebruik subtiele natuurbeelde – soos heuning in ’n Sondagoggend-koppie tee – om temas soos kwesbaarheid, vertroue en emosionele veiligheid te ondersoek.

“Ons hoop mense hoor nie net die liedjie nie, maar dat hulle hulself daarin verloor. As ‘Heuning’ iemand vir drie minute daardie sagte, warm gevoel van verlief wees kan laat ervaar, dan het die liedjie sy doel bereik,” vertel die groep.

“Heuning” is slegs die eerste hoofstuk van Winter Hotel se verhaal

Oor die volgende paar maande sal nóg musiek verskyn wat uiteindelik uitloop op die volledige kortspeler getiteld Winter. Die projek is gedurende die winter gebore, en dié seisoen speel ’n deurslaggewende rol in die atmosfeer van die musiek.

NetfloristOfferforge

Die kreatiewe proses word gedryf deur hoofliedjieskrywer Kirsten Richard Schlebusch, met insette van Bernice West en Kyle Joshua Schlebusch, terwyl die bekroonde vervaardiger Peach van Pletzen verantwoordelik is vir die finale produksie wat warmte, eerlikheid en intimiteit skep.

Winter Hotel - Heuning

’n Unieke Visuele Wêreld en Teaterervaring

Die visuele identiteit van Winter Hotel speel ’n ewe belangrike rol as die musiek. Vir die musiekvideo van “Heuning” is daar doelbewus wegbeweeg van tradisionele formate om ’n nostalgiese wêreld te skep, met spesiale kostuums deur Chantelle Schnetler Design en verhoogleiding deur teaterregisseur Jannes Erasmus.

“Ons droom is dat mense uiteindelik by ’n teater instap, iets te drink bestel, gaan sit en vir ’n uur lank heeltemal deel word van die wêreld van Winter Hotel. Die musiekvideo is amper soos die voorportaal van daardie hotel,” sê die kunstenaars.

Kyk die musiekvideo vir “Heuning” hier onder:

NetfloristOfferforge

Heuning - Winter Hotel (Official Music video)

 

Met “Heuning” word die deur nou oopgemaak na ’n wêreld waar elke liedjie ’n nuwe kamer is om te ontdek.

Jy kan die liedjie HIER stroom/aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos category on Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026
  • The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”

    The Bird - It's Just Begun
    Music Videos 27 Aug 2026
  • Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”

    Lordkez
    Music Videos 26 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Bernice West Droomsindroom Heuning Winter Hotel
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
  • Man As Machine - Impossible Sea
    “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released
    August 3, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,279
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 197
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.