Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Zybrandt reik “Anders” enkelsnit en video uit

Zybrandt reik “Anders” enkelsnit en video uit

Blitsoorsig: Zybrandt se nuwe Afrikaanse liedjie "Anders" is nou beskikbaar met 'n musiekvideo. Die liedjie handel oor hoe mense binne verhoudings verander en groei teen verskillende spoed. Met hulp van Hunter Kennedy en Fred den Hartog van Die Heuwels Fantasties het Zybrandt sy eerste Afrikaanse opnames voltooi. Die video, geregisseer deur Heinrich Laubscher, volg 'n hoofkarakter deur verskeie lewensmomenten waar hy deelneem en verwyder is.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 8, 2021No Comments4 Mins Read Music News 78 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Zybrandt se nuwe enkelsnit ‘Anders’ is onlangs uitgereik en die video van die liedjie is pas bekend gestel. Ek glo dis ietsie waarvan Afrikaanse musiekliefhebbers sal hou.

Zybrandt vertel dat musiek by hom gewoonlik as`n emosie begin

“Die woorde vloei dan van daar en ek probeer om dit dan so te skryf, dat elkeen wat dit hoor moontlik ook sy eie storie daarin sal kan vind. Die liedjie “Anders” het ontstaan rondom die idee dat selfs al hou sommige verhoudings ‘n leeftyd, verander mens self binne-in daardie verhouding.”

Zybrandt

“Fisies word ons ouer en emosioneel en spiritueel groei en verander ons ook. En paartjies groei nie altyd teen dieselfde spoed of in dieselfde rigting nie. Tog bly mense soms, en deesdae ook net soms, bymekaar. Soms gaan mens moet leer om aan te pas en ook oop te wees oor jou eie ‘anders.’ Anders is daar net geen punt nie.”

Zybrandt het al van kindsdae af klavier gespeel en musiek gemaak.  Op 15 het hy sy eerste elektriese kitaar gekry. Hy onthou dat hy elke dag vir ure daarop gespeel het.

NetfloristOfferforge

Zybrandt vertel ons meer hieroor

“Ek het selfs in die donker met die kitaar gelê en my vingers op en af oor die snare laat hardloop. Tog was ek stil en eenkant en die idee om ooit `n band te begin was belaglik. Dis mos net iets vir die cool ouens!”

Baie jare later en Zybrandt het sedert die 1990s reeds in drie verskillende bands gespeel: Velve,  Downonthefirst  en December Lanterns.  Die Afrikaanse gogga het gebyt terwyl die groep December Lanterns met opnames besig was.

Zybrandt vertel ons meer oor die liedjies

“Ons het toe sommer ‘n paar Afrikaanse tracks ook gedoen. Ons het wel eers heeltemal op December Lanterns  gefokus en nou is die tyd reg vir my om my Afrikaanse musiek `n kans te gee. Ek is baie opgewonde hieroor! Ek het besluit om onder my eie voornaam, Zybrandt, te sing, want dit is ook my familienaam. Ek hou van tradisie. My geboorte name is Zybrandt Lourens Lombaard. Op skool was ek altyd skaam daaroor. Maar vandag het ek ook self `n seun met dieselfde naam. Hy is die 5de Zybrandt in ons familie-lyn.”

Zybrandt het by Hunter Kennedy gaan aanklop vir raad met sy Afrikaanse opnames. Kennedy het baie van sy lirieke gehou en het voorgestel dat hy met Fred den Hartog van Die Heuwels Fantasties aan die produksie van die liedjies werk.

NetfloristOfferforge

Hunter Kennedy vertel hoe dit was om saam met Zybrand te werk

“Zybrandt het ‘n waardevolle bydra om te maak aan Afrikaanse poësie. Ek was onmiddelik beïndruk met sy lirieke. Freddy se smaakvolle verwerking van Zybrandt se bedrieglik eenvoudige akoestiese skrywe wek ‘n gevoel van euforie. Dis eerlik en kompleks en herinner aan die goue era van  Afrikaanse ‘musiek en liriek’ – met ‘n knypie donkerte by vir konteks.”

Zybrandt vertel dat die musiekvideo vir “Anders” die stelling meer vanuit ‘n ander oogpunt benader

“Heinrich Laubscher was die regisseur en Hugo Brand die DOP. Kelsey-Sarah Nunn het as kuns-regisseur ‘n wonderwêreld geskep waarin verskillende dele van die video afspeel. Die storie in die video wys hoe die hoofkarakter deur verskillende oomblikke in sy lewe stap waar hy deel is van alles, maar ook heeltemal verwyder daarvan is. Daar is ‘n hele paar verskillende tonele in die video wat alles op ‘n artistieke manier saamgevleg word. Die span se visie ten opsigte van hoe hulle dit uitbeeld is fenomenaal en ek is regtig trots om deel van die video te wees.”

Kyk die musiekvideo vir “Anders” hier onder

Jy kan “Anders” HIER stroom / download.

NetfloristOfferforge

Zybrandt werk tans aan nog Afrikaanse musiek

“Ek skryf soveel as wat ek kan vir opnames. Ek werk met die wonderlikste span. Nie net oor hulle talent nie maar hulle is daarbysaam ook amazing mense. Dit inspireer my en ek sien baie uit na hierdie jaar!”

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • SaxbyTwins Return to Pop Roots With “This Party”

    SaxbyTwins
    Music News 21 Oct 2026
  • Music Business Awards Africa Set for November 2026

    Music Business Awards Africa
    Music News 21 Oct 2026
  • Bernice West Deel Persoonlike Boodskap in “Lyntjies”

    Bernice West
    Music News 20 Oct 2026
  • Win Tickets To Praise The LOUD Festival @ Sognage

    Praise the LOUD Fest 2026 Featured
    Music News 19 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • Henry Ate “30 Years of Slap In The Face” Tour: Oct/Nov 2026

    Henry Ate
    Upcoming Events
  • Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets

    Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Zolani Mahola
    Zolani Mahola Drops Groovy Single “A Good Time”
    October 16, 2026
  • Ghost Jr.
    Ghost Jr. Drops High-Energy Single: “2 Phones”
    October 14, 2026
  • Zoe Modiga
    Zoë Modiga Shares “When The Rain Comes”
    October 14, 2026
  • Tobias Bergson
    Producer Tobias Bergson Unveils “Promise” EP
    October 13, 2026
  • Strongboi Duo
    Strongboi Releases Funk-Infused Single “Dizzy”
    October 13, 2026
  • Deena G & Sun-El Musician
    Deena G Teams Up With Sun-El Musician
    October 13, 2026
  • Jan Bloukaas
    Nuwe Jan Bloukaas Dokkie Tref ‘n Teer Snaar
    October 12, 2026
  • Pilani Bubu
    Pilani Bubu Unveils New Single “Caged Heart”
    October 9, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,350
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.