Close Menu
  • Home
  • Featured Articles
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Home
  • Featured Articles
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Home»Music News»Zybrandt reik “Anders” enkelsnit en video uit

Zybrandt reik “Anders” enkelsnit en video uit

Henno KrugerBy Henno Kruger Music News 4 Mins ReadMarch 8, 2021
Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

Zybrandt se nuwe enkelsnit ‘Anders’ is onlangs uitgereik en die video van die liedjie is pas bekend gestel. Ek glo dis ietsie waarvan Afrikaanse musiekliefhebbers sal hou.

Zybrandt vertel dat musiek by hom gewoonlik as`n emosie begin

“Die woorde vloei dan van daar en ek probeer om dit dan so te skryf, dat elkeen wat dit hoor moontlik ook sy eie storie daarin sal kan vind. Die liedjie “Anders” het ontstaan rondom die idee dat selfs al hou sommige verhoudings ‘n leeftyd, verander mens self binne-in daardie verhouding.”

Zybrandt

“Fisies word ons ouer en emosioneel en spiritueel groei en verander ons ook. En paartjies groei nie altyd teen dieselfde spoed of in dieselfde rigting nie. Tog bly mense soms, en deesdae ook net soms, bymekaar. Soms gaan mens moet leer om aan te pas en ook oop te wees oor jou eie ‘anders.’ Anders is daar net geen punt nie.”

Zybrandt het al van kindsdae af klavier gespeel en musiek gemaak.  Op 15 het hy sy eerste elektriese kitaar gekry. Hy onthou dat hy elke dag vir ure daarop gespeel het.

Zybrandt vertel ons meer hieroor

“Ek het selfs in die donker met die kitaar gelê en my vingers op en af oor die snare laat hardloop. Tog was ek stil en eenkant en die idee om ooit `n band te begin was belaglik. Dis mos net iets vir die cool ouens!”

NetfloristOfferforge

Baie jare later en Zybrandt het sedert die 1990s reeds in drie verskillende bands gespeel: Velve,  Downonthefirst  en December Lanterns.  Die Afrikaanse gogga het gebyt terwyl die groep December Lanterns met opnames besig was.

Zybrandt vertel ons meer oor die liedjies

“Ons het toe sommer ‘n paar Afrikaanse tracks ook gedoen. Ons het wel eers heeltemal op December Lanterns  gefokus en nou is die tyd reg vir my om my Afrikaanse musiek `n kans te gee. Ek is baie opgewonde hieroor! Ek het besluit om onder my eie voornaam, Zybrandt, te sing, want dit is ook my familienaam. Ek hou van tradisie. My geboorte name is Zybrandt Lourens Lombaard. Op skool was ek altyd skaam daaroor. Maar vandag het ek ook self `n seun met dieselfde naam. Hy is die 5de Zybrandt in ons familie-lyn.”

Zybrandt het by Hunter Kennedy gaan aanklop vir raad met sy Afrikaanse opnames. Kennedy het baie van sy lirieke gehou en het voorgestel dat hy met Fred den Hartog van Die Heuwels Fantasties aan die produksie van die liedjies werk.

Hunter Kennedy vertel hoe dit was om saam met Zybrand te werk

“Zybrandt het ‘n waardevolle bydra om te maak aan Afrikaanse poësie. Ek was onmiddelik beïndruk met sy lirieke. Freddy se smaakvolle verwerking van Zybrandt se bedrieglik eenvoudige akoestiese skrywe wek ‘n gevoel van euforie. Dis eerlik en kompleks en herinner aan die goue era van  Afrikaanse ‘musiek en liriek’ – met ‘n knypie donkerte by vir konteks.”

Zybrandt vertel dat die musiekvideo vir “Anders” die stelling meer vanuit ‘n ander oogpunt benader

“Heinrich Laubscher was die regisseur en Hugo Brand die DOP. Kelsey-Sarah Nunn het as kuns-regisseur ‘n wonderwêreld geskep waarin verskillende dele van die video afspeel. Die storie in die video wys hoe die hoofkarakter deur verskillende oomblikke in sy lewe stap waar hy deel is van alles, maar ook heeltemal verwyder daarvan is. Daar is ‘n hele paar verskillende tonele in die video wat alles op ‘n artistieke manier saamgevleg word. Die span se visie ten opsigte van hoe hulle dit uitbeeld is fenomenaal en ek is regtig trots om deel van die video te wees.”

Kyk die musiekvideo vir “Anders” hier onder

Jy kan “Anders” HIER stroom / download.

Zybrandt werk tans aan nog Afrikaanse musiek

“Ek skryf soveel as wat ek kan vir opnames. Ek werk met die wonderlikste span. Nie net oor hulle talent nie maar hulle is daarbysaam ook amazing mense. Dit inspireer my en ek sien baie uit na hierdie jaar!”

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Related Articles:

  • Zybrandt reik fabelagtige video uit vir “Kamoefleer”
  • Die Heuwels Fantasties reik “Ons moet Leef” enkelsnit en video uit
  • Van Coke reik “Begin Van Die Einde” Enkelsnit & Video Uit
  • Janie Bay reik “Jammer” enkelsnit uit

Like what you just read? Buy us a coffee to enable us to bring you more content like this.

You're also more than welcome to subscribe to our newsletter to stay in the loop.

Join The Wolf Pack!

Get updates in your Inbox

Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

NetfloristOfferforge

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Anders South Africa Zybrandt
Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
Previous ArticleFuture Radio Release New Single: “Turn Up The Music”
Next Article Podcasting: 5 Ways It Can Revolutionize Your Small Business
Henno Kruger

Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Kategoriëe
Nog artikels in Afrikaans
VANFOKKINGTASTIES Featured
April 9, 2026

VANFOKKINGTASTIES by Marks Park: 6 Junie 2026

6 Views4 Mins Read
Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
February 3, 2026

Schalk Bezuidenhout verruil stand-up vir ’n 9-tot-5-jop

13 Views4 Mins Read
Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
November 25, 2025

Die Kantoor (Afrikaanse weergawe van “The Office”) is oppad

25 Views3 Mins Read
Tuiskoms
February 11, 2025

Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

107 Views2 Mins Read
Ander Artikels
BYD Atto 8
April 16, 2026

BYD Launches All-New Atto 8 in South Africa

29 Views3 Mins Read
Hidden Gems South Africa
April 16, 2026

BBC Lifestyle To Launch Hidden Gems South Africa

18 Views3 Mins Read
Tomodachi Life Living the Dream
April 15, 2026

Tomodachi Life: Living the Dream launches on Nintendo Switch

17 Views4 Mins Read
The Hangout F3st 3 - 25 April 2026 Featured
April 9, 2026

The Hangout F3st 3: 25 April 2026

14 Views3 Mins Read
NetfloristOfferforge
"Featured" Artikels
Oppenheimer 2023 Film
September 20, 2024

Oppenheimer (2023 Movie): 15 Interesting Facts

6 Mins Read
Photo Album: Sum 41 at Oppikoppi 2011 1
August 15, 2011

Photo Album: Sum 41 at Oppikoppi 2011

123 Views1 Min Read
Online Shopping
May 22, 2024

Online Shopping: 11 Useful Tips To Improve Your Experience

498 Views9 Mins Read
Lord Of War - Nicolas Cage
July 5, 2024

Lord Of War: 15 Interesting Facts You Might Not Know

4 Mins Read
Follow Us!
  • Facebook
  • Twitter
  • Pinterest
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok
Recent Comments
  • Henno Kruger on Finland: 32 Interesting Facts You Might Not Know
  • F on Finland: 32 Interesting Facts You Might Not Know
  • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
  • David Devo Oosthuizen on An Interview with Basson Laas
Subscribe to Our Newsletter

Join The Wolf Pack!

Get updates in your Inbox

Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
© 2026 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.