Facebook Twitter Instagram
    Running Wolf's Rant
    Latest News
    • SAMA28 announces Top 10 in public voting categories
    • Worsie van Wyk Reik Puik Enkelsnit Uit: “Kraal Van Sweet”
    • Gia Mckay releases new single: “Cut Up”
    • Louise Carver Releases ‘Nothing Feels Good Without You’
    • Will Linley drops debut EP: “Kill All My Feelings”
    • Kat Releases ‘Halloween’ (Produced By Mark Haze)
    • RIP Mthandeni Mvelase (The Music Industry Icon)
    • Brace yourselves for The Narrow’s 20th Anniversary Tour
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS TikTok
    Home
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Pages
      • Interesting Music Facts
      • Music Events
      • South African Artists & Bands
      • South African Live Music Events, Venues & Festivals
      • Submit Music Facts
      • Submit Music Festival Stories
    • Featured
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Subscribe
    Running Wolf's Rant
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    Home»Entertainment»Music»Zybrandt Reik Debuut EP Uit: “Sneeu en Satyn”

    Zybrandt Reik Debuut EP Uit: “Sneeu en Satyn”

    Henno KrugerBy Henno KrugerNov 5, 2021 Music 5 Mins Read
    Share
    Facebook Twitter Email Telegram WhatsApp

    Zybrandt is een van die mees opwindende nuwe stemme in die Afrikaanse- musiekbedryf. Sy debuut-liedjie Anders wat vroeër vanjaar uitgereik is, het verskeie posisies op radio-trefferlyste landwyd gehaal.  Die tweede liedjie Kamoefleer wys op Zybrandt se musikale vaardigheid en `n derde enkelsnit Vlerke Neer is in Oktober uitgereik om voorbrand te maak vir `n 5-snit EP Sneeu en Satyn wat op 5 November die lig sien.

    Zybrandt sê dat Vlerke Neer vir hom die naaste aan sy hart is

    “Dit is geskryf vir my vriend en musiek-vervaardiger, Jeremy, se meisie, Fleur, wat in 2017 aan kanker oorlede is. Dit was `n moeilike tyd en nou, jare later, was dit ook nie maklik om die liedjie uiteindelik op te neem en alles weer so helder te herleef nie. Vlerke Neer is ‘n huldeblyk aan geliefdes wat die grootste oorlog baklei het, nie vir hulself nie, maar vir die wat nie ‘n manier kon vind om hulle te laat gaan nie.”

    Zybrandt

    “Dit vier die herinneringe wat in ons verewig is, die impak wat dit in ons lewens gemaak het en hoe dit nooit sal verander nie. Dit is dan ook hoe ek by die idee van die video vir die liedjie uitgekom het. Daar is ‘n paar mense waarvan ek weet vir wie die liedjie ook baie beteken so het gedink ek sal hulle vra om deel te wees.”

    “Elk moes een van die reëls van die liedjie vashou en hul het ook die opsie gehad om dit aan iemand op te dra wat nie meer met hulle is nie. Soveel van my vriende wou deelwees; ek het in `n kort tydjie nadat ons met alles begin het nie meer lirieke oor gehad om uit te deel nie…Dit is omtrent oorweldigend om te besef hoeveel mense hulself kan vereenselwig met die boodskap van Vlerke Neer. “

    Zybrandt het grotendeels in sy jonger dae vir Engelse rock bands gesing.  Hy vertel

    “Die wêreld was goed en om live shows by te woon was meer ‘n leefstyl as iets wat jy net op spesiale geleenthede gedoen het. As ons nie op die verhoog was nie, was ons in die gehoor. Dit was gedurende hierdie tyd dat Francois van Coke – hulle by een van ons vertonings in Bellville opgedaag het en vir ons vertel het dat hulle vir ons iets in die kar wil speel.”

    “Dit was van die eerste rowwe Fokofpolisiekar liedjies. “Ons begin ‘n nuwe Afrikaanse band!! Julle moet dit ook doen! “, het Francois opgewonde gesê. “Is jy mal!? Dit sal nooit werk nie,” het ek dadelik geantwoord.”

    “Wel……Dit het my nogal lank geneem. Om in Afrikaans te sing. Ek het altyd gevoel dat dit iets is wat bietjie bo my vuurmaakplek is. Om wat binne my aangaan in Afrikaanse lirieke oor te kan dra. Ek het besef dat indien dit iets is wat ek gaan doen, ek dit eerlik en opreg moet doen.”

    “Dit is dan ook die rede hoekom ek besluit het om onder my eerste naam Zybrandt te sing. Moedertaal energie.  Nou, ‘n leeftyd later, en al die storms, droogtes, veldbrande, riviere en sonskyn wintersdae het uiteindelik iets gevorm wat ek nou in my eie taal met die wêreld kan deel.”

    Een van die dinge wat Zybrandt tans intereseer is geskiedenis. Hy verduidelik

    “Ek wil weet waar ons regtig vandaan kom. Gelukkig was my familie oor die jare klaar besig met navorsing oor ons voorouers. Ek kon baie by hulle leer en ek voel meestal “trots Afrikaans.” Tot eendag in ‘n supermark. Daar het ‘n jong Afrikaanse mannetjie begin skree op ‘n dametjie agter die til oor ‘n prys wat nie op ‘n produk was nie.”

    “Hy het ook vir haar mooi laat verstaan dat hierdie “ons land” is en dat sy nie hier hoort nie. Net daar het ek weereens besef wat ek al as kind geweet het: Net omdat ons altwee dieselfde taal praat, maak ons nie deel van dieselfde span nie. Ek het die gevoel wat daai dag deur my bloed gehardloop het probeer weergee in die liedjie Renoster in ‘n SuperSpar. Ek is lief vir Afrikaans en daar sal altyd die wees wat my trots maak om Afrikaans te wees. Maar dit is ongelukkig nie al vereiste wat daar is vir my om saam met jou te staan nie.”

    Wanneer dit tyd is vir refleksie, trek Zybrandt terug na sy plekkie langs ‘n riviertjie op ‘n plaas in Barrydale. Weggesteek agter die kantgordyn blare van ‘n ou wilgerboom. Hy vertel

    “Kamoefleer is die storie van hoe ek soms so wegraak van die wêreld. Jeremy het dit uitgebeeld op sy eie manier in die fabelagtige musiekvideo wat hy vir die liedjie gemaak het. Ek het geleer dat ek en die mense om my ook verander. Dit fassineer my.  Hierdie tema was dan ook die inspirasie vir die liedjie Anders.”

     “Ek is baie lief vir al die songs wat ek skryf. Maar ek het iewers langs die pad nogal geworstel met die betekenis van dit alles. Vir wie is my liedjies bedoel en verstaan mense waaroor dit gaan? Ek het in hierdie tyd Sing Alleen geskryf. Ek het toevallig met Margot van Wyk gesels oor `n moontlike collab – en weet toe onmiddelik dat ek hierdie een saam met haar moet opneem: Ek sing alleen, sy sing alleen. Kom ons sing alleen saam.”

    Goeie nuus vir Kaapse aanhangers is dat Zybrandt Sneeu en Satyn op 20 November by Die Boer in Durbanville bekendstel. Kaartjies is R150. Bespreek HIER.

    Jy kan die EP HIER stroom.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdatering in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Get updates via email
    Afrikaans Cape Town Music News South Africa Zybrandt
    Share. Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Telegram WhatsApp Reddit Email
    Previous ArticleHow To Throw the Best Poker Night
    Next Article Jon Shaban shares new single “Analogue Strikes Back”
    Henno Kruger

    Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

    Related Posts

    Zaan Sonnekus Reik “Zonneblom” (Sy Debuut Album) Uit

    Oct 15, 20214 Mins Read

    Corné Pretorius reik debuut-album uit: “Halfvol”

    Sep 24, 20213 Mins Read

    Zybrandt reik fabelagtige video uit vir “Kamoefleer”

    Jun 11, 20213 Mins Read

    Sewevoet Reik Nuwe Enkelsnit en Musiekvideo Uit

    Apr 27, 20212 Mins Read

    Zybrandt reik “Anders” enkelsnit en video uit

    Mar 8, 20214 Mins Read

    Ruiter Piet reik tweede enkelsnit uit: “Swaai”

    Jun 22, 20202 Mins Read100 Views

    Leave A Reply Cancel Reply

    You Might Like

    Pre Oppikoppi Chat With Ryan from Woodstock Mafia

    Aug 6, 201321 Views

    Review: Park Acoustics – 6 May 2018

    May 11, 201821 Views

    A quick chat with The Graeme Watkins Project

    Jul 9, 20169 Views

    Photo Album: RAMFest 2011 Cape Town

    Mar 9, 201134 Views

    A quick pre Oppikoppi chat with Manouche

    Jul 21, 201625 Views
    Subscribe
    Get updates via email
    You Might Also Like

    Shoes: 10 Interesting Facts You Might Not Have Known

    Jan 28, 202225 Views

    How Freelancers Should Prepare for Negotiations

    Mar 26, 201924 Views

    What To Check Before Buying a Used Car

    Jul 25, 2021

    6 Ways To Enhance Your Office Workflow

    May 21, 2021

    4 Cool Things You Can Do While Travelling

    Mar 22, 202214 Views
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    About Running Wolf’s Rant
    About Running Wolf's Rant

    Running Wolf's Rant has been covering the South African Music Scene and featuring interesting, funny and engaging content since 2008.

    Feel free to explore the various sections and categories. We hope that you find something howling good while you're exploring. Please share posts that you find interesting with your friends on Social Media. Share buttons are provided.

    Featured Posts

    Oppikoppi festival: 101 Interesting Facts and Funny Stories

    Jul 16, 2018226 Views

    Southern Wild: 10 Facts You Might Not Know

    Jul 5, 201737 Views

    Aandklas Hatfield: 10 Facts That You Might Not Have Known

    May 5, 2019128 Views
    Recent Posts

    3 Ways To Find the Best Name for Your Business

    Aug 8, 20228 Views

    SAMA28 announces Top 10 in public voting categories

    Aug 6, 202211 Views

    Matthew Mole Releases Bitter-sweet Single: “Goodbye”

    Aug 5, 202234 Views
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    © 2022 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.