Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Zybrandt reik fabelagtige video uit vir “Kamoefleer”

Zybrandt reik fabelagtige video uit vir “Kamoefleer”

Blitsoorsig: Zybrandt se nuwe Afrikaanse enkelsnit "Kamoefleer" is nou uit. Die liedjie gaan oor perspektief en hoe daagliks spanning deel van ons roetine word. Jeremy Farber van For Tomorrow Productions het die indrukwekkende video gemaak deur digitale tekeninge, video en animasie te kombineer. Dit het drie maande geneem en bestaan uit 19 tonele en meer as 150 illustrasies.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 11, 2021No Comments3 Mins Read Music Videos 97 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Zybrandt se tweede Afrikaanse enkelsnit “Kamoefleer” is pas uitgereik. Sy debuut liedjie “Anders” is vroeër vanjaar bekend gestel en het met die intrapslag vele Afrikaanse musiekliefhebbers se aandag getrek. Die liedjie het onder andere die nommer 2 posisie op Jacarandafm se SA Top 20 gehaal en kan ook gehoor word op RSG, Bok Radio, Groot FM, IFM en vele ander prominente radiostasies.

Zybrant vertel ons meer oor die tema vir “Kamoefleer”

“Dis belangrik om so nou en dan terug te staan en perspektief oor jou eie lewe te kry. Die take en gevoelens van elke dag se lewe vorm klein partikels wat om ons wentel. Die energie verskil van persoon tot persoon en bots konstant. So aanhoudend en amper onbewustelik dat dit spanning veroorsaak wat begin deel vorm van ons elke dag se roetine.  Dis onmoontlik om die beste padkaart voorentoe te teken deur in die straat te staan. Soms moet jy ook van bo af daarna kyk.”

Zybrandt - Kamoefleer

Jeremy Farber van For Tomorrow Productions het die video vir “Kamoefleer” gemaak. Die video is `n storieboek- avontuur wat bestaan uit`n kombinasie van digitale tekeninge, video materiaal en animasie prentjies.

Farber verduidelik hoe dit alles bymekaar gekom het

“Die tekeninge was op `n iPad gedoen.  Elke toneel was verdeel in `n voorgrond, middel en agtergrond om sodoende te kan werk met verskillende fokuspunte en effekte.”

NetfloristOfferforge

“Ons het al Zybrandt se tonele in verskillende uitrustings voor `n wit muur geskiet. Sy karakter was toe met redigering in die tonele ingesny om dit `n lekker fotoboek -gevoel te gee.  Die video het drie maande geneem om te maak en dit bestaan uit 19 tonele, 8 uitrustings en meer as 150 illustrasies.”

Zybrandt het al van kindsdae af klavier gespeel en musiek gemaak.  Op 15 het hy sy eerste elektriese kitaar gekry.  Baie jare later en Zybrandt het sedert die 90`s reeds in drie verskillende bands gespeel: Velve,  Downonthefirst  en December Lanterns. Die Afrikaanse gogga het gebyt terwyl die groep December Lanterns met opnames besig was.

Zybrandt

Zybrandt vertel ons meer hieroor

“Ons het toe sommer ‘n paar Afrikaanse tracks ook gedoen. Ons het wel eers heeltemal op December Lanterns gefokus en nou is die tyd reg vir my om my Afrikaanse musiek `n kans te gee. Die terugvoer vir my eerste liedjie “Anders” het my verwagtinge oortref. Ek is opgewonde om “Kamoefleer” nou ook bekend te stel en sien uit om te hoor wat mense daarvan dink!”

Kyk die video vir Zybrandt se “Kamoefleer” hier onder:

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Jy kan “Kamoefleer” HIER stroom.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”

    Celeste Swift
    Music Videos 2 Oct 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit

    Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Music Videos 28 Sep 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”

    Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Music Videos 25 Sep 2026
  • Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”

    Anrich - Ek Onthou
    Music Videos 22 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.