Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Anton Goosen Reik Video Uit Vir “Luka”

Anton Goosen Reik Video Uit Vir “Luka”

Blitsoorsig: Anton Goosen het sy nuutste enkelsnit "Luka" in Oktober 2024 uitgereik. Die strelende akoestiese ballade in walsgenre verken die temas van liefde, hoop en die wonder van 'n nuwe lewe. Met inspirasie uit Nietzsche se woorde en vervul met harmonieë van Lise Swart en Zolani Mahola, vertel die lied van 'n seuntjie met blou oë. 'n Musiekvideo met tydlose en futuristiese konsep volg.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 12, 2024No Comments4 Mins Read Music Videos 124 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

“Die verlede lê ver agter – dis die toekoms wat wink. Vir die dansende ster, wat in Luka se blou oë so blink…” is van die treffende lirieke uit die legendariese musikant en liedjieskrywer, Anton Goosen, se nuutste enkelsnit wat beloof om ’n blywende impak te hê op elkeen wat daarna luister. Die enkelsnit is in Oktober 2024 uitgereik.

“Luka”, wat “lig” of “draer van lig” beteken in verskeie Slawiese tale is ’n strelende akoestiese ballade in ’n 6/8-walsgenre, uit Anton Goosen se eie pen, wat die vreugde en hoop beliggaam wat saam met ’n nuwe lewe kom.

Anton Goosen

Volgens die Liedjieboer vang dié snit die liefde en onskuld deur die oë van ’n pasgebore seuntjie vas. “Hierdie is ’n liefdesliedjie oor ’n klein seuntjie, genaamd Luka, met die blouste oë in die wêreld. Die boodskap is diep, maar eenvoudig: gryp die dag – carpe diem.” verduidelik hy.

Met inspirasie uit die filosoof Nietzsche se woorde, ““uit chaos kom daar ’n dansende ster””, beskryf Anton die metaforiese “lig” van die dansende ster as die fakkel wat in Luka se oë skyn.

NetfloristOfferforge

“Met nuwe lewe kom nuwe hoop,” filosofeer hy. “Ek skryf dikwels oor waarnemings en emosionele ervarings, soms verander ek name en soms nie.”

Luisteraars sal kan identifiseer met die universele temas van liefde en verbintenis wat in “Luka” vervat is. “Liefde is die een konstante deur die eeue. Die wens vir ‘mooi loop’ (hamba kahle) in die koorgedeelte is universeel, ongeag die taal.”

Die enkelsnit sluit harmonieë van Lise Swart en Zolani Mahola in, met Illimar Neitz op kitaar, Schalk Joubert op bas, Kevin Gibson op tromme en Keith Farquharson op die Hammond-orrel.

“Luka” volg in die suksesvolle voetspore van “Gigi”, wat baie goed ontvang is en steeds oor die radio gehoor kan word. ’n Musiekvideo van dié besonderse lied sal vanaf 28 Oktober 2024 beskikbaar wees.

NetfloristOfferforge

Hierdie video het ’n tydlose en futuristiese konsep. Dit kombineer skote van die natuur se ewige skoonheid met mensgemaakte elemente om die tema van tyd se voortbestaan, met of sonder ons, uit te beeld.

Die idee spruit uit die gedagte dat uit die chaos van die eeue ’n dansende ster kan ontstaan – ’n viering van die wonder van die lewe, soos gesien in die oë van ’n kind soos Luka.

Die video is ’n kombinasie van ou video’s, argiefmateriaal en tonele wat verfilm is op ’n wynplaas buite Stellenbosch tydens die Woordfees, met Niel van Deventer as regisseur.

Kyk die video hier onder:

NetfloristOfferforge

Alom bekend as die vader van Afrikaanse rock, betower Anton Goosen luisteraars reeds vir dekades met sy boeiende lirieke en onvergeetlike deuntjies.

Meer inligting oor Anton Goosen

Hy is in 1946 in die Karoo gebore en het in Kroonstad grootgeword. Oor die jare, het hy meer treffers op sy kerfstok versamel as enige ander Suid-Afrikaner, waaronder “Silver de Lange”, “Boy van die suburbs”, “Byeboerwa”, “’n Brief vir Simone”, “Kruidjie-roer-my-nie”, “Jantjie”, “Waterblommetjies”, “Harlekyn”, “Hanoverstraat”, “Trein na Matjiesfontein”, “Ta’ Mossie se sakkie-sakkie boeredans” en vele meer.

Sy bydrae tot musiek het hom verskeie toekennings besorg, insluitend SAMA-, Innibos-, en FAK-toekennings.

In 2022 het hy sy eie reeks vellies, Jantjie Veldskoen, in samewerking met Vellies Boutique bekendgestel, en sy lewensverhaal, “Anton Goosen: Liedjieboer”, geskryf deur die bekende joernalis Hanlie Retief, is in 2020 deur NB-uitgewers gepubliseer.

NetfloristOfferforge

Anton Goosen se planne vir 2025 sluit gereelde toere en optredes en ’n paar nuwe liedjies in, asook spesiale projekte om Afrikaans as ’n amptelike taal, wat 100 jaar gelede in Mei erken is, te vier.

“Ek is ook opgewonde oor die komende vier-episode-dokumentêr ‘Riviersonderend’, wat ook deur Niel van Deventer vervaardig is en binnekort uitgereik sal word,” voeg Anton Goosen by.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”

    Gerald Clark
    Music Videos 20 Oct 2026
  • Ricus en Liza Nel Reik “Ek Het Nie” Uit

    Ricus en Liza Nel
    Music Videos 20 Oct 2026
  • Appel en Ichnus vra ‘Jy Sallie?”

    Appel en Ichnus
    Music Videos 19 Oct 2026
  • Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”

    Perry & Blackwell
    Music Videos 15 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026

    Limp Bizkit
    Upcoming Events
  • The Groove Room: Live in Cape Town – 26 December 2026

    The Groove Room - Live in Cape Town
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
  • Southern Wild Band
    Southern Wild Drops New Single: “Right On Time”
    October 12, 2026
  • Amy Tjasink Returns Home in "Valley Girl" Video 1
    Amy Tjasink Returns Home in “Valley Girl” Video
    October 12, 2026
  • Chantal Stanfield - My Favourite Ice Cream
    Chantal Stanfield Serves Up Her Favourite Ice Cream
    October 9, 2026
  • The Medicine Dolls
    The Medicine Dolls Release Furious Track: “Twisted By Sound”
    October 9, 2026
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 2
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,350
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.