Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Anton Goosen Reik Video Uit Vir “Luka”

Anton Goosen Reik Video Uit Vir “Luka”

Blitsoorsig: Anton Goosen het sy nuutste enkelsnit "Luka" in Oktober 2024 uitgereik. Die strelende akoestiese ballade in walsgenre verken die temas van liefde, hoop en die wonder van 'n nuwe lewe. Met inspirasie uit Nietzsche se woorde en vervul met harmonieë van Lise Swart en Zolani Mahola, vertel die lied van 'n seuntjie met blou oë. 'n Musiekvideo met tydlose en futuristiese konsep volg.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 12, 2024No Comments4 Mins Read Music Videos 119 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

“Die verlede lê ver agter – dis die toekoms wat wink. Vir die dansende ster, wat in Luka se blou oë so blink…” is van die treffende lirieke uit die legendariese musikant en liedjieskrywer, Anton Goosen, se nuutste enkelsnit wat beloof om ’n blywende impak te hê op elkeen wat daarna luister. Die enkelsnit is in Oktober 2024 uitgereik.

“Luka”, wat “lig” of “draer van lig” beteken in verskeie Slawiese tale is ’n strelende akoestiese ballade in ’n 6/8-walsgenre, uit Anton Goosen se eie pen, wat die vreugde en hoop beliggaam wat saam met ’n nuwe lewe kom.

Anton Goosen

Volgens die Liedjieboer vang dié snit die liefde en onskuld deur die oë van ’n pasgebore seuntjie vas. “Hierdie is ’n liefdesliedjie oor ’n klein seuntjie, genaamd Luka, met die blouste oë in die wêreld. Die boodskap is diep, maar eenvoudig: gryp die dag – carpe diem.” verduidelik hy.

Met inspirasie uit die filosoof Nietzsche se woorde, ““uit chaos kom daar ’n dansende ster””, beskryf Anton die metaforiese “lig” van die dansende ster as die fakkel wat in Luka se oë skyn.

NetfloristOfferforge

“Met nuwe lewe kom nuwe hoop,” filosofeer hy. “Ek skryf dikwels oor waarnemings en emosionele ervarings, soms verander ek name en soms nie.”

Luisteraars sal kan identifiseer met die universele temas van liefde en verbintenis wat in “Luka” vervat is. “Liefde is die een konstante deur die eeue. Die wens vir ‘mooi loop’ (hamba kahle) in die koorgedeelte is universeel, ongeag die taal.”

Die enkelsnit sluit harmonieë van Lise Swart en Zolani Mahola in, met Illimar Neitz op kitaar, Schalk Joubert op bas, Kevin Gibson op tromme en Keith Farquharson op die Hammond-orrel.

“Luka” volg in die suksesvolle voetspore van “Gigi”, wat baie goed ontvang is en steeds oor die radio gehoor kan word. ’n Musiekvideo van dié besonderse lied sal vanaf 28 Oktober 2024 beskikbaar wees.

NetfloristOfferforge

Hierdie video het ’n tydlose en futuristiese konsep. Dit kombineer skote van die natuur se ewige skoonheid met mensgemaakte elemente om die tema van tyd se voortbestaan, met of sonder ons, uit te beeld.

Die idee spruit uit die gedagte dat uit die chaos van die eeue ’n dansende ster kan ontstaan – ’n viering van die wonder van die lewe, soos gesien in die oë van ’n kind soos Luka.

Die video is ’n kombinasie van ou video’s, argiefmateriaal en tonele wat verfilm is op ’n wynplaas buite Stellenbosch tydens die Woordfees, met Niel van Deventer as regisseur.

Kyk die video hier onder:

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Alom bekend as die vader van Afrikaanse rock, betower Anton Goosen luisteraars reeds vir dekades met sy boeiende lirieke en onvergeetlike deuntjies.

Meer inligting oor Anton Goosen

Hy is in 1946 in die Karoo gebore en het in Kroonstad grootgeword. Oor die jare, het hy meer treffers op sy kerfstok versamel as enige ander Suid-Afrikaner, waaronder “Silver de Lange”, “Boy van die suburbs”, “Byeboerwa”, “’n Brief vir Simone”, “Kruidjie-roer-my-nie”, “Jantjie”, “Waterblommetjies”, “Harlekyn”, “Hanoverstraat”, “Trein na Matjiesfontein”, “Ta’ Mossie se sakkie-sakkie boeredans” en vele meer.

Sy bydrae tot musiek het hom verskeie toekennings besorg, insluitend SAMA-, Innibos-, en FAK-toekennings.

In 2022 het hy sy eie reeks vellies, Jantjie Veldskoen, in samewerking met Vellies Boutique bekendgestel, en sy lewensverhaal, “Anton Goosen: Liedjieboer”, geskryf deur die bekende joernalis Hanlie Retief, is in 2020 deur NB-uitgewers gepubliseer.

NetfloristOfferforge

Anton Goosen se planne vir 2025 sluit gereelde toere en optredes en ’n paar nuwe liedjies in, asook spesiale projekte om Afrikaans as ’n amptelike taal, wat 100 jaar gelede in Mei erken is, te vier.

“Ek is ook opgewonde oor die komende vier-episode-dokumentêr ‘Riviersonderend’, wat ook deur Niel van Deventer vervaardig is en binnekort uitgereik sal word,” voeg Anton Goosen by.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”

    Ama Top Dawgz
    Music Videos 14 Sep 2026
  • Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”

    Keep Guessing Charlie Band
    Music Videos 11 Sep 2026
  • Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”

    Donkerbaai
    Music Videos 11 Sep 2026
  • Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”

    Winter Hotel - Koffiewinkel
    Music Videos 6 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.