Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Anton Goosen Reik “Gigi” Musiekvideo Uit

Anton Goosen Reik “Gigi” Musiekvideo Uit

Blitsoorsig: Anton Goosen se nuutste video "Gigi" vertel die verhaal van 'n paaldanser uit Velddrif wat nou in Johannesburg woon. Die liedjie is die tweede enkelsnit van sy album "Sirkels" en handel oor die tema van sirkels. Dit is nou op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar en wys weer waarom Goosen so 'n belangrike stem in die Suid-Afrikaanse musiek is.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 7, 2024No Comments2 Mins Read Music Videos 94 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die legendariese Suid-Afrikaanse sanger, regisseur en liedjieskrywer, Anton Goosen, het dekades terug reeds die kuns bemeester om luisteraars te bekoor met sy interessante lirieke en meesleurende deuntjies.

Met sy nuutste enkelsnit en musiekvideo, “Gigi”, bewys hy net weereens hoekom hy reeds sulke diep spore in die plaaslike musiekbedryf kon trap.

Anton Goosen - Gigi

Nes die liedjie, vertel die musiekvideo die verhaal van ’n paaldanser van Velddrif in die Weskus wat nou in Johannesburg (Devilsdorp) woon en in ’n klub moet dans om haar brood en botter te verdien.

Omdat sy so ’n wonderlike vrou is, vang sy die oog van haar “prins” Jerman wat haar vir ’n tydjie red uit haar omstandighede. Maar soos wat die tyd aanstap, sien sy hom al minder waar hulle saam op die boonste verdieping van die Ponte-toring, ’n hoë ronde gebou naby Hillbrow, woon.

NetfloristOfferforge

Anton Goosen vertel ons meer oor “Gigi”

“’Gigi’ is die tweede enkelsnit en video vanaf my nuutste album, ‘Sirkels’, en sluit aan by die tema van die album wat handel oor sirkels…”

“Gigi wat draai om die paal, arende wat draai, waterkringetjies, en dit is net daar waar die arend in die gedrang kom. Maar ek gaan nie die einde weggee nie en dink elkeen moet dit interpreteer soos hulle graag wil.”

Niel van Deventer het die vervaardiging en regie van die video behartig, terwyl Marta Vorontsova verantwoordelik was vir die animasie-aspek en Shaun Chad Smit vir die redigering. Buiten vir Anton , is Lise Swart, Neil Sandilands, Schalk Joubert en Illimar Neitz ook in die video te sien.

Kyk die video vir “Gigi” hier onder:

NetfloristOfferforge

Anton Goosen se “Gigi” volg in die voetspore van “Bly By My, (My Lief)”, ’n gedig van Antjie Krog wat hy getoonset het, wat baie goed ontvang is.

Die liedjie is nou op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar en is een van daardie liedjies waaroor bewonderaars nog lank gaan praat. Stroom dit op Spotify HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”

    Gerald Clark
    Music Videos 20 Oct 2026
  • Ricus en Liza Nel Reik “Ek Het Nie” Uit

    Ricus en Liza Nel
    Music Videos 20 Oct 2026
  • Appel en Ichnus vra ‘Jy Sallie?”

    Appel en Ichnus
    Music Videos 19 Oct 2026
  • Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”

    Perry & Blackwell
    Music Videos 15 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet

    Liefde By Die Dam 2026
    Upcoming Events
  • Halloween 2026 in Pretoria: Featuring Silverstein & More

    Halloween 2026 in Pretoria Featured
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
  • Southern Wild Band
    Southern Wild Drops New Single: “Right On Time”
    October 12, 2026
  • Amy Tjasink Returns Home in "Valley Girl" Video 1
    Amy Tjasink Returns Home in “Valley Girl” Video
    October 12, 2026
  • Chantal Stanfield - My Favourite Ice Cream
    Chantal Stanfield Serves Up Her Favourite Ice Cream
    October 9, 2026
  • The Medicine Dolls
    The Medicine Dolls Release Furious Track: “Twisted By Sound”
    October 9, 2026
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 2
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,351
Rock 623
Useful Tips 568
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.