Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Anton Goosen Reik “Gigi” Musiekvideo Uit

Anton Goosen Reik “Gigi” Musiekvideo Uit

Blitsoorsig: Anton Goosen se nuutste video "Gigi" vertel die verhaal van 'n paaldanser uit Velddrif wat nou in Johannesburg woon. Die liedjie is die tweede enkelsnit van sy album "Sirkels" en handel oor die tema van sirkels. Dit is nou op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar en wys weer waarom Goosen so 'n belangrike stem in die Suid-Afrikaanse musiek is.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 7, 2024No Comments2 Mins Read Music Videos 89 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die legendariese Suid-Afrikaanse sanger, regisseur en liedjieskrywer, Anton Goosen, het dekades terug reeds die kuns bemeester om luisteraars te bekoor met sy interessante lirieke en meesleurende deuntjies.

Met sy nuutste enkelsnit en musiekvideo, “Gigi”, bewys hy net weereens hoekom hy reeds sulke diep spore in die plaaslike musiekbedryf kon trap.

Anton Goosen - Gigi

Nes die liedjie, vertel die musiekvideo die verhaal van ’n paaldanser van Velddrif in die Weskus wat nou in Johannesburg (Devilsdorp) woon en in ’n klub moet dans om haar brood en botter te verdien.

Omdat sy so ’n wonderlike vrou is, vang sy die oog van haar “prins” Jerman wat haar vir ’n tydjie red uit haar omstandighede. Maar soos wat die tyd aanstap, sien sy hom al minder waar hulle saam op die boonste verdieping van die Ponte-toring, ’n hoë ronde gebou naby Hillbrow, woon.

NetfloristOfferforge

Anton Goosen vertel ons meer oor “Gigi”

“’Gigi’ is die tweede enkelsnit en video vanaf my nuutste album, ‘Sirkels’, en sluit aan by die tema van die album wat handel oor sirkels…”

“Gigi wat draai om die paal, arende wat draai, waterkringetjies, en dit is net daar waar die arend in die gedrang kom. Maar ek gaan nie die einde weggee nie en dink elkeen moet dit interpreteer soos hulle graag wil.”

Niel van Deventer het die vervaardiging en regie van die video behartig, terwyl Marta Vorontsova verantwoordelik was vir die animasie-aspek en Shaun Chad Smit vir die redigering. Buiten vir Anton , is Lise Swart, Neil Sandilands, Schalk Joubert en Illimar Neitz ook in die video te sien.

Kyk die video vir “Gigi” hier onder:

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Anton Goosen se “Gigi” volg in die voetspore van “Bly By My, (My Lief)”, ’n gedig van Antjie Krog wat hy getoonset het, wat baie goed ontvang is.

Die liedjie is nou op alle digitale stromingsplatforms beskikbaar en is een van daardie liedjies waaroor bewonderaars nog lank gaan praat. Stroom dit op Spotify HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”

    Ama Top Dawgz
    Music Videos 14 Sep 2026
  • Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”

    Keep Guessing Charlie Band
    Music Videos 11 Sep 2026
  • Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”

    Donkerbaai
    Music Videos 11 Sep 2026
  • Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”

    Winter Hotel - Koffiewinkel
    Music Videos 6 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.