Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Appel en James Johnston Reik “Country Is For Me” Uit

Appel en James Johnston Reik “Country Is For Me” Uit

Blitsoorsig: Suid-Afrikaanse kunstenaar Appel en Australiese country-musiekster James Johnston het hulle kragte saamgesnoer vir die duet "Country Is For Me". Die liedjie kombineer Afrikaanse en Engelse lirieke op 'n unieke wyse en is nou op alle stroomdienste beskikbaar. Die twee tred op by die Cape Town Country Festival op 26 Oktober.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 29, 2024No Comments3 Mins Read Music Videos 108 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Wanneer ’n plaaslike Afrikaanse kunstenaar en ’n Australiese country-musiekster bymekaarkom, is daar vuurwerke.

Appel en die bekroonde James Johnston het hul kragte saamgesnoer vir die duet “Country Is For Me”, wat nou beskikbaar is op alle stroomdienste. Vir die eerste keer word Afrikaanse én Engelse lirieke op unieke wyse in een snit vervleg.

Appel en James Johnson

Appel is een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars

Hy het reeds verskeie toekennings agter sy naam en het van die grootste Afrikaanse treffers geskryf. Sy nuutste enkelsnit, “Klomp Keer Lekker”, het op die dag van vrystelling die nommer een plek op Apple Music se Afrikaanse ranglys ingeneem.

“Om saam met James aan hierdie liedjie te kon werk is ’n groot voorreg vir my en my loopbaan,” het Appel gesê.

NetfloristOfferforge

James Johnston het sy eerste groot sukses beleef het toe hy in 2009 tot die top-3 van Idols Australië gevorder het

Hy het sy loopbaan verder gevestig toe hy in 2014 die top-24 van The X-Factor Australië bereik het. “Country Is For Me” volg op sy onlangse enkelsnit “Blame”, wat in September uitgereik is nadat hy ’n platekontrak met Warner Musiek Australië gesluit het.

Met  ondersteuning van Warner Musiek Nashville het hierdie enkelsnit wye lof ontvang van publikasies soos Rolling Stone Australia, The Daily Telegraph, The Music Network, en Countrytow.

Appel en James tree Saterdag, 26 Oktober, op by die Cape Town Country Festival, wat deur Bok Radio by die DHL Stadion aangebied word. Kaapse aanhangers sal ook die geleentheid hê om hul nuwe liedjie lewendig te hoor wanneer die twee dit saam op die fees se verhoog gaan sing.

Hierdie fees staan bekend as een van die grootste country-musiekfeeste ter wêreld. James het onlangs ’n suksesvolle toer saam met die Amerikaanse countryster Kip Moore voltooi, met optredes in Sydney, Melbourne, en Brisbane. Hierdie vertonings het nie net sy verhoogtalent ten toon gestel nie, maar ook sy reputasie as ’n opkomende ster in die musiekbedryf versterk.

NetfloristOfferforge

Scenestr het sy vertonings beskryf as “onvergeetlike musikale oomblikke wat aanhangers in vervoering gehad het.”

Die musiekvideo vir die liedjie, verfilm deur Conrad Theron van Atlas Media, is by Nahla Safaris in Schweizer-Reneke geskiet en vang die rustige atmosfeer van die bosveld pragtig vas.

“Country Is For Me” is ’n goedvoel-liedjie wat beide Afrikaanse en Engelse aanhangers sal bekoor. Hierdie liedjie is ’n bewys van die krag van musiek as ’n universele taal en baan die weg vir verdere samewerking tussen Suid-Afrika en die res van die wêreld.

YouTube video player

Jy kan “Country is for Me” HIER stroom / aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026

    Limp Bizkit
    Upcoming Events 2 Aug 2026
  • Zoee Releases New Single: “Don’t Let Me Go”

    Zoee
    Music Videos 1 Jun 2026
  • AC/DC: 15 Interesting Facts You Might Not Know

    AC-DC
    Music Facts 5 Mar 2026
  • 25 Notable Events That Happened in 2025

    2025
    Notable Events 22 Dec 2025

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Australia South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,322
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.