Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Ard Matthews en Tanya van Graan reik “Die Rede” Uit

Ard Matthews en Tanya van Graan reik “Die Rede” Uit

Blitsoorsig: Ard Matthews en aktrise Tanya van Graan het saamgekom vir die Afrikaanse enkelsing "Die Rede", Ard se eerste liedjie in Afrikaans. Die liedjie simboliseer hul diepte konneksie, geskryf voordat hulle saamgekom het. Hul liefdesreis is gekenmerk deur serendipiteit en betekenisvolle oomblikke wat hul paaie laat kruis het op onvoorsiene maniere.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 25, 2024No Comments3 Mins Read Music Videos 131 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die verhaal van Ard Matthews en Tanya van Graan word gedefinieer deur die noodlot, gedeelde kreatiewe denke en `n diep verbintenis met mekaar.

Ard Matthews, `n ikoniese figuur in Suid-Afrikaanse musiek met `n nalatenskap wat oor dekades strek, en Tanya van Graan, `n bekende aktrise wie se vertolking in die huidige M-Net trefferreeks Summertide, die publiek se verbeelding aangegryp het, is meer as `n kragpaar, hulle is ook artistieke vennote wat `n betekenisvolle verbintenis in mekaar gevind het.

Ard Matthews en Tanya van Graan

Die nuwe Afrikaanse enkelsnit “Die Rede” is op Vrydag 22 November uitgereik. Ard het die liedjie `n rukkie terug reeds geskryf, maar nooit daarby uitgekom om dit op te neem nie. Toe hy en Tanya `n paartjie word, was dit `n natuurlike gevolg – en hy het haar oortuig om ook saam met hom op die liedjie te sing.

Ard Matthews vertel ons meer

“Die Rede” simboliseer `n diep konneksie tussen my en Tanya. Ek het dit nie destyds geweet nie, maar ek het die liedjie eintlik vir haar geskryf.”

NetfloristOfferforge

Dit is ook Ard Matthews se eerste Afrikaanse liedjie wat dit nog meer opwindend en betekenisvol maak.

Dié glanspaartjie se liefdesreis word gekenmerk deur serendipiteit en betekenisvolle oomblikke. Tanya het die besluit geneem om haar deurslaggewende rol in die gewilde M-Net reeks Summertide te aanvaar terwyl sy op `n spesifieke bankie by Houtbaai-strand gesit het, die einste bankie waar Ard elke oggend sy handdoek los terwyl hy in die yskoue see gaan swem.

Klein, dog diepgaande verbintenisse soos hierdie,het die weg gebaan vir hul paaie om te bly kruis op `n manier wat nie een van hulle kon voorsien het nie. Saadjies van hul vennootskap was oral gesaai, nie net in `n onmiskenbare liefdesband nie, maar ook as mede-kreatiewe skeppers.

Ard Matthews is `n ikoniese solo kunstenaar en is ook die voorsanger vir die gewilde SA groep Just Jinjer.

NetfloristOfferforge

Min mense weet dat sy pa, Andries Brits, Afrikaans was. Ard het hom eers op 17 jarige ouderdom ontmoet en het `n wonderlike band met hom gehad, tot Andries se heengaan in 2007.

Ard Matthews vertel ons meer hieroor

“My pa het ook `n musikale agtergrond gehad, dus is daar vir my `n gevoel van trots en samehorigheid, met Tanya as my geliefde en die erfenis van waar my pa, en dus ek ook, vandaan kom.”

Tanya se reis van grootskerm na alteljee weerspieël die natuurlike evolusie van haar kunstenaarskap. Sy geniet dit om saam met Ard te leef en te werk.

Tanya van Graan vertel ons meer hieroor

“Ons samewerking is meer as net `n projek, dit is `n bewys en ontgunning van `n liefde wat op die mees opregte en onverwagte maniere floreer. Dis asof ons persoonlike geskiedenisse en hoop vir die toekoms, soomloos in `n gedeelde kreatiewe visie versmelt.”

NetfloristOfferforge

Die video van “Die Rede” was `n spontane verfilming van tyd wat Ard Matthews en Tanya van Graan saam spandeer, die meeste daarvan terwyl hulle in die motor ry en sing.

Tanya van Graan vertel ons meer hieroor

“Dis vir ons `n organiese keuse, ons is nie net twee sangers wat saamwerk nie, ons is gelukkig saam en ons sing dit vir mekáár.”

“Die Rede” is `n ware liefdesverhaal. Dit bring hoop en is `n aansteeklike liedjie vir die somervakansie. Afrikaanse aanhangers van Ard Matthews gaan ook bly wees om die eiesoortige klank van Ard te herken, in hul mooiste taal.

Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Ard Matthews Releases New Album: “As It Should Be”

    Ard Matthews
    Music News 5 Dec 2025
  • Louise Carver Celebrates her first SAMA Win

    Louise Carver and Ard Matthews
    Music News 21 Dec 2023
  • Just Jinjer: A quick chat with Ard Matthews

    Just Jinjer 3
    Artist/Band Interviews 14 Dec 2015
  • Appel en Ichnus vra ‘Jy Sallie?”

    Appel en Ichnus
    Music Videos 19 Oct 2026

Goeters Om Te Doen

  • KALEO February 2027 SA Tour: Everything You Should Know

    KALEO
    Upcoming Events
  • Tyla: Live in South Africa in January 2027

    Tyla Tour
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Ard Matthews South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Perry & Blackwell
    Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”
    October 15, 2026
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
  • Southern Wild Band
    Southern Wild Drops New Single: “Right On Time”
    October 12, 2026
  • Amy Tjasink Returns Home in "Valley Girl" Video 1
    Amy Tjasink Returns Home in “Valley Girl” Video
    October 12, 2026
  • Chantal Stanfield - My Favourite Ice Cream
    Chantal Stanfield Serves Up Her Favourite Ice Cream
    October 9, 2026
  • The Medicine Dolls
    The Medicine Dolls Release Furious Track: “Twisted By Sound”
    October 9, 2026
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,344
Rock 622
Useful Tips 566
Afrikaans 527
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 202
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.