Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Ard Matthews en Tanya van Graan reik “Die Rede” Uit

Ard Matthews en Tanya van Graan reik “Die Rede” Uit

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 25, 2024No Comments3 Mins Read Music Videos 35 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die verhaal van Ard Matthews en Tanya van Graan word gedefinieer deur die noodlot, gedeelde kreatiewe denke en `n diep verbintenis met mekaar.

Ard Matthews, `n ikoniese figuur in Suid-Afrikaanse musiek met `n nalatenskap wat oor dekades strek, en Tanya van Graan, `n bekende aktrise wie se vertolking in die huidige M-Net trefferreeks Summertide, die publiek se verbeelding aangegryp het, is meer as `n kragpaar, hulle is ook artistieke vennote wat `n betekenisvolle verbintenis in mekaar gevind het.

Ard Matthews en Tanya van Graan

Die nuwe Afrikaanse enkelsnit “Die Rede” is op Vrydag 22 November uitgereik. Ard het die liedjie `n rukkie terug reeds geskryf, maar nooit daarby uitgekom om dit op te neem nie. Toe hy en Tanya `n paartjie word, was dit `n natuurlike gevolg – en hy het haar oortuig om ook saam met hom op die liedjie te sing.

Ard Matthews vertel ons meer

“Die Rede” simboliseer `n diep konneksie tussen my en Tanya. Ek het dit nie destyds geweet nie, maar ek het die liedjie eintlik vir haar geskryf.”

Dit is ook Ard Matthews se eerste Afrikaanse liedjie wat dit nog meer opwindend en betekenisvol maak.

NetfloristOfferforge

Dié glanspaartjie se liefdesreis word gekenmerk deur serendipiteit en betekenisvolle oomblikke. Tanya het die besluit geneem om haar deurslaggewende rol in die gewilde M-Net reeks Summertide te aanvaar terwyl sy op `n spesifieke bankie by Houtbaai-strand gesit het, die einste bankie waar Ard elke oggend sy handdoek los terwyl hy in die yskoue see gaan swem.

Klein, dog diepgaande verbintenisse soos hierdie,het die weg gebaan vir hul paaie om te bly kruis op `n manier wat nie een van hulle kon voorsien het nie. Saadjies van hul vennootskap was oral gesaai, nie net in `n onmiskenbare liefdesband nie, maar ook as mede-kreatiewe skeppers.

Ard Matthews is `n ikoniese solo kunstenaar en is ook die voorsanger vir die gewilde SA groep Just Jinjer.

Min mense weet dat sy pa, Andries Brits, Afrikaans was. Ard het hom eers op 17 jarige ouderdom ontmoet en het `n wonderlike band met hom gehad, tot Andries se heengaan in 2007.

Ard Matthews vertel ons meer hieroor

“My pa het ook `n musikale agtergrond gehad, dus is daar vir my `n gevoel van trots en samehorigheid, met Tanya as my geliefde en die erfenis van waar my pa, en dus ek ook, vandaan kom.”

Tanya se reis van grootskerm na alteljee weerspieël die natuurlike evolusie van haar kunstenaarskap. Sy geniet dit om saam met Ard te leef en te werk.

Tanya van Graan vertel ons meer hieroor

“Ons samewerking is meer as net `n projek, dit is `n bewys en ontgunning van `n liefde wat op die mees opregte en onverwagte maniere floreer. Dis asof ons persoonlike geskiedenisse en hoop vir die toekoms, soomloos in `n gedeelde kreatiewe visie versmelt.”

Die video van “Die Rede” was `n spontane verfilming van tyd wat Ard Matthews en Tanya van Graan saam spandeer, die meeste daarvan terwyl hulle in die motor ry en sing.

Tanya van Graan vertel ons meer hieroor

“Dis vir ons `n organiese keuse, ons is nie net twee sangers wat saamwerk nie, ons is gelukkig saam en ons sing dit vir mekáár.”

YouTube video player

“Die Rede” is `n ware liefdesverhaal. Dit bring hoop en is `n aansteeklike liedjie vir die somervakansie. Afrikaanse aanhangers van Ard Matthews gaan ook bly wees om die eiesoortige klank van Ard te herken, in hul mooiste taal.

Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Just Jinjer 3
    Just Jinjer: A quick chat with Ard Matthews
  • Ard Matthews
    Ard Matthews Releases New Album: “As It Should Be”
  • Francois Van Coke - Begin Van die Einde Foto
    Van Coke reik “Begin Van Die Einde” Enkelsnit & Video Uit
  • Pierre Greeff - Plekkie in die Son Video
    Die Heuwels Fantasties reik “Plekkie in die Son” video uit

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

NetfloristOfferforge
Afrikaans Ard Matthews South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release "Angel" Video 1
    Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
    July 9, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”
    July 3, 2026
  • ParkLive Jozi 2026 - TEEKS
    Parklive Jozi: 30 August 2026
    June 5, 2026
  • Liefde By Die Dam 2026
    Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet
    June 1, 2026
  • Fatboy Slim South African Tour: December 2026 2
    Fatboy Slim South African Tour: December 2026
    June 18, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
  • Muse Band
    Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
    July 10, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
The Deadly Quest for Gold - Top 10 African Films You Can Stream for Free

10 Top Award-Winning African Films You Can Stream for Free

July 3, 202625 Views
Out of Mined

“Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast

July 3, 202625 Views
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202625 Views
Rozanne McKenzie - Winter Fitness Tips

6 Winter Fitness Tips from Rozanne McKenzie

July 2, 202625 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.