Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » David Kramer Reik Liedjie Uit Vir Eseltjiesrus se Donkies

David Kramer Reik Liedjie Uit Vir Eseltjiesrus se Donkies

Blitsoorsig: David Kramer het "Donkiehemel" geskep as Beskermheer van Eseltjiesrus, 'n toevlugsoord vir verwaarloosde donkies naby McGregor. Die liedjie, bekend gestel op wêreld-donkiedag, poog bewustheid te skep oor die behoeftes van werkende donkies. Eseltjiesrus werk saam met donkie welfareorganisasies oor Afrika om hierdie diere se welvaart te bevorder.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 9, 2022No Comments3 Mins Read Music News 66 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

David Kramer het ‘n spesiale liedjie vir Eseltjiesrus se Donkies geskryf en opgeneem! Donkies is dalk nie vir baie mense hoog op die belangrikheids rangorde nie – behalwe vir dié wat steeds vir hulle daaglikse bestaan afhanklik is van hierdie hardwerkende diere. Tot vandag toe vervoer duisende donkies nog goedere, boumateriaal, vullis, water en kos vir hulle eienaars.

Eseltjiesrus naby McGregor is 16 jaar gelede gestig toe die nood besef is vir eerstens, ʼn veilige hawe vir afgeleefde, verwaarloosde donkies en tweedens, die noodsaaklikheid van bewusmaking van hierdie diere se merkwaardige eienskappe, soos getrouheid en nederigheid.

Musieklegende David Kramer het kort na die ontstaan van Eseltjiesrus in 2008 ingestem om Beskermheer van hierdie besonderse donkie-oord te wees.

Dr Johan van Zijl, voorsitter van die Eseltjiesrus Raad, stel dit so: “Dit was ‘n eer om hierdie gevierde en wyd gerespekteerde musiek- en teaterpersoonlikheid, David Kramer te betrek vanaf die ontstaan van Eseltjiesrus.”

NetfloristOfferforge

David Kramer with "Donkey" at Eseltjiesrus Sanctuary

David Kramer vertel hoekom hy die beskermheer geword het vir Eseltjiesrus se Donkies

“Ek het nog altyd ‘n sagte plekkie vir donkies gehad. As kind het ek hulle gereeld donkiekarre sien trek, daar is op hulle geskree en hulle is geslaan. Hulle het altyd so moeg en verwaarloos gelyk. Dit was vir my onregverdig dat hulle so mishandel is.”

David Kramer het die liedjie “Donkiehemel” geskep en opgeneem om bewustheid te skep van die lot van werkende donkies asook die welsynswerk wat by Eseltjiesrus naby McGregor plaasvind.

David Kramer

David Kramer gesels oor die oorsprong van “Donkiehemel”

“Toe ek onlangs Eseltjiesrus besoek het was daar `n voorstel dat ek ‘n liedjie vir hulle skryf. Aanvanklik kon ek my nie indink wat ek oor donkies sou sing nie, maar die volgende dag het ek die transformasie by die meeste van hierdie diere gesien. Dit het by my opgekom dat Eseltjiesrus vir ‘n mishandelde donkie soos die hemel moet lyk. Toe ek eers die idee gehad het, het die liedjie redelik maklik gekom!”

David Kramer se “Donkiehemel” is op wêreld-donkiedag (8 Mei) bekend gestel.

NetfloristOfferforge

YouTube video player

“Dié treffende liedjie sal beslis lank benut word om ‘n groter bewustheid te skep van die belang en behoeftes van donkies,” vertel Annemarie van Zijl, medestigter van Eseltjiesrus.

Hierdie besonderse toevlugsoord vir donkies is orals bekend in Suid-Afrika en is ook deel van gefokusde groepe van donkie welsynsprojekte in 22 lande suid van die Sahara. Annemarie van Zijl is ook die redakteur van Donkeys for Africa: ʼn tydskrif- projek wat kommunikasie oor donkie-sake dwarsoor Afrika bevorder.

Deur inligting te deel oor projekte en gemeenskaplike uitdagings, word donkies oor die hele vasteland se behoeftes beter verstaan. Gelukkige donkies kan beter werk, en dit beteken tevrede eienaars, sodat almal se welvaart baat.

Spesiale nota: Boekliefhebbers kan ook uitkyk na die Eseltjiesrus Boekefees wat vanjaar van 16 tot 18 Junie by die Oos Kerk Saal in Robertson gehou word. Duisende nuwe en tweedehandse boeke sal te koop wees ten bate van die donkies by Eseltjiesrus. Kry meer inligting HIER.

NetfloristOfferforge

Luister na David Kramer se “Donkiehemel” HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Do you remember this Classic Volkswagen Volksiebus Advert?

    Volkswagen Logo
    Advertising 30 Aug 2019
  • Khazimula Releases New Single: “Joburg City”

    Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Music News 2 Oct 2026
  • Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”

    Deborah McKay
    Music News 28 Sep 2026
  • The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”

    The Hill
    Music News 25 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans David Kramer Eseltjiesrus South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.