Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Movies»Eksie Perfeksie vra: “Kan jy vriende bly met jou ekse?”

    Eksie Perfeksie vra: “Kan jy vriende bly met jou ekse?”

    Henno KrugerBy Henno Kruger Movies 4 Mins Read52 ViewsJuly 26, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Showmax het pas die eerste lokprent vir Eksie Perfeksie vrygestel, wat op Vrydag, 9 Augustus 2024 op dié platform begin stroom.

    NetfloristOfferforge

    Meer inligting oor Eksie Perfeksie

    Alhoewel hy haar skaars ken, maak André die impulsiewe besluit om by sy nuwe meisie in te trek, net om dan uit te vind dat Dalene steeds bevriend is met al haar eks-kêrels.

    Geïntimideer deur hul teenwoordigheid, probeer André eers om met hulle bevriend te raak, maar dan ontdek hy dat al Dalene se verhoudings presies dieselfde patroon volg …

    Eksie Perfeksie - Showmax

    Pietie Beyers (Binnelanders, Die Onderonsie) en Emma van Heyn (2024 Silwerskerm-rolprent Gebokste Liefde, Matilda en Matthys, Twintig Tone in ‘n Hangkas) vertolk die hoofrolle, en sanger Bobby van Jaarsveld (Liefling, Spoorloos) en voormalige Meneer Wêreld Suid-Afrika Sean van Noordwyk (Getroud Met Rugby, Die Onderonsie) is net twee van Dalene se vele ekse.

    Maude Sandham (Binnelanders) and SAFTA- en Silwerskerm-wenner Cindy Swanepoel (Koek) speel André se suster en haar minnaar, terwyl Yvonne van den Bergh (7de Laan, Orion) as hulle dominatrix te sien is – haar eerste verskyning op die skerm in byna ‘n dekade.

    Die Groot Ontbyt se Pierre Breytenbach is die verteller, en dié sexy romantiese komedie is geskryf en geregisseer deur Corné Koegelenberg (Valentynsokkie), gebaseer op ‘n storie deur sy lewensmaat, SAFTA-benoemde Bibi Slippers (Hotel, Matilda en Matthys).

    ‘Kan jy vriende bly met jou ekse? Ja of nee?’ Dié verdelende vraag is die kern van Eksie Perfeksie – en dit het vir Corné nogal persoonlik geraak tydens verfilming.

    “Ek sê nie Showmax het my gedwing om Pietie in die rolverdeling te plaas nie, maar hy is Bibi se eks, so ek wou regtig nie hê sy moet ’n hele draaiboek skryf oor ‘n vrou wat verlief raak op hom nie,” skerts Corné. “En dan, nog meer irriterend, hy is so goed hierin. Ons het eintlik swemmaats en vriende geword wat sonder Bibi op middagete-afsprake gaan, so ek hou daarvan om te dink ek het dinge uiteindelik beter hanteer as wat André doen, maar ek was moontlik aanvanklik nie veel beter nie.” 

    Miskien omdat hy nie wou hê dat Pietie nog aantrekliker moet voorkom as wat hy reeds is nie, bied Eksie Perfeksie nie ‘n tipiese Hollywood-uitkyk op romanse nie, of ten minste meer van ‘n Judd Apatow-aanslag, met ‘n herkenbare, gebrekkige hoofkarakter wat soos normale mense lyk.

    “Dinge loop nie altyd reg nie,” sê Corné. “Soms is mense skaam. Soms vra hulle die verkeerde vrae. Soms doen hulle die verkeerde dinge. Ons wou veelvlakkige karakters skep met werklike, alledaagse probleme waarmee ons kykers kan vereenselwig.”

    Uiteindelik wou hy ook net mense laat lag. “Ons wou regtig ‘n belaglike komedie maak,” sê Corné. “Ek het die komedies van my kinderdae in gedagte gehou, wat ek seker nie veronderstel was om te kyk nie. Dinge soos There’s Something About Mary en American Pie uit die laat 90’s, waar daar baie onder-die-belt-grappies was.”

    “Ek onthou dat ek van daardie films saam met my ma gekyk het, en dit was vreemd. In Afrikaans maak ons​​gewoonlik nie sulke flieks nie, en as ons dit doen, gaan ons te ver. Ons wou dus probeer om ’n balans te skep tussen ’n goeie ou lekker liefdesverhaal en ‘n lawwe komedie wat jou sal laat cringe.”

    Met ‘n ouderdomsperk van 16 SL kan jy heelwat verwag wat jy nie normaalweg in Afrikaanse rolprente sien nie, insluitende halfkaal mans, badkamers, toilethumor, vloekery en selfs vrouens wat in die bad poep.

    Eksie Perfeksie is vervaardig deur Swartberg Storiehandelaars en Black Gosling, en die klankbaan is deur hoofrolspeler Emma van Heyn, met treffers soos Van Pletzen se “Dis kak, maarit naai” wat in die fliek gehoor kan word.

    Kyk die lokprent vir Eksie Perfeksie hier onder:

    As jy nog ‘n Showmax account het nie, kry joune HIER.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Movies kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Resensie: Francois van Coke en Vriende by Sun Arena
    • Francois Van Coke En Vriende 2019: My Resensie
    • Corné Pretorius: ‘n Onderhoud Oor So Paar Goedjies
    • Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Upcoming Events

    Loading events...
    Afrikaans Eksie Perfeksie ShowMax
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleShowmax releases trailer for “Dark Side Of Glory”
    Next Article Good Morning Angels Donates Over R100,000 To Animals In Need
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 1
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    80 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    96 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    74 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    67 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    PURA Soda
    November 18, 2025

    PURA Soda Brings Modern Moderation to the Festive Table

    10 Views3 Mins Read
    TCL and Call of Duty Black Ops 7
    November 17, 2025

    TCL and Call of Duty Unite to Elevate Launch of Black Ops 7

    11 Views4 Mins Read
    Testosterone
    November 15, 2025

    Low Testosterone Signs Men Over 40 Should Notice

    14 Views3 Mins Read
    Discovert Sport Logo
    November 14, 2025

    Discover Sport Foundation Empowers Underserved Athletes

    17 Views3 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    The First Rise & Shine Festival of 2015: A Photo Album 2
    April 7, 2015

    The First Rise & Shine Festival of 2015: A Photo Album

    45 Views3 Mins Read
    The 100 Greatest Movie Insults of All Time (Video) 3
    November 6, 2012

    The 100 Greatest Movie Insults of All Time (Video)

    93 Views3 Mins Read
    The Barbosa Experience: An Extended Interview 4
    October 3, 2013

    The Barbosa Experience: An Extended Interview

    43 Views15 Mins Read
    David Gray Featured
    December 6, 2022

    Review: David Gray Live @ SunBet Arena in Pretoria

    161 Views4 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.