Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Fokofpolisiekar – Parkiebank, herfs 2017 Musiekvideo Vrygestel

Fokofpolisiekar – Parkiebank, herfs 2017 Musiekvideo Vrygestel

Blitsoorsig: Fokofpolisiekar het 'n innovative musiekvideo vir Parkiebank, herfs 2017 vrygestel wat uit 'n konvensionele video, onderhoude met jong Afrikaners en 'n virtuele realiteit-wêreld bestaan. Die projek dek temas soos identiteit, welvaart en plek in die samelewing, en is gemaak saam met visuele kunstenaar Sean Metelerkamp.

Henno KrugerBy Henno KrugerJanuary 18, 2018No Comments4 Mins Read Music Videos 82 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Goeie nuus rock fans! Fokofpolisiekar het vroëer vandag ‘n splinternuwe musiekvideo vrygestel vir hulle song, Parkiebank, herfs 2017 (wat op die Selfmedikasie album is) en dis moerse cool.

Fokofpolisiekar het op 3 Oktober 2017 amptelik hul derde vollengte album, Selfmedikasie, vrygestel. Geskiedenis sal terugkyk na Fokofpolisiekar as ’n betekenisvolle kulturele fenomeen. Van meet af aan trek hulle aan drade wat debatte ontketen en wat emosies ontrafel. Hulle krap al vir jare aan die ongemaklike om sodoende ’n vars asem in taal en kultuur te blaas. Die Bende doen so voort met die musiekvideo vir Parkiebank, herfs 2017.

Fokofpolisiekar wou iets meer as net ’n musiekvideo maak en só ’n sosiale dialoog aanvuur. Hulle het die visuele kunstenaar, Sean Metelerkamp, genader wat in 2008 ’n musiekvideo van “Antibiotika” vir die groep gemaak het.

Fokofpolisiekar
Foto deur Andre Badenhorst

Parkiebank, herfs 2017 bestaan uit drie dele:

  • ’n “Konvensionele” musiekvideo,
  • ’n reeks onderhoude wat jong Afrikaners se sienings oor hul plek in die wêreld en hoe hulle hul toekoms sien, dokumenteer en
  • ‘n virtuele realiteit-wêreld wat nog net Francois van Coke gesien het.

Fokofpolisiekar het in November 2017 via hul sosiale media-netwerke mense uitgenooi om deel te neem aan die Parkiebank, herfs 2017-musiekvideo. Onderhoude is gevoer in Durbanville, Stellenbosch en Bloemfontein. Enigiemand kon meedoen en almal se opinies is gedokumenteer sonder oordeel. Met die opbou na die musiekvideo se bekendstelling is van hierdie onderhoude oor die afgelope twee weke op Fokofpolisiekar se sosiale netwerke gedeel. Die portuurgroep se sienswyses is uiteenlopend en inspireer meer vrae as antwoorde.

NetfloristOfferforge

Hier is wat Hunter Kennedy, liriekskrywer en kitaarspeler vir Fokofpolisiekar sê oor die video:

“Uiteindelik dink ek die punt van die lied is om mense te kry om net weer hulleself belangrike vrae af te vra rondom identiteit en die rol wat hul hulself sien speel in ons breë samelewing om sodoende mense te kry om ingeligte besluite te kan neem,”

“In die stuk bepeins ek finansiële welvaart as ‘n maatstaf van sukses en die etiese dilemma rondom rykdom in ‘n land soos ons s’n, waar as gevolg van eeue se kolonialisasie, burgeroorloë, uitbuiting van goedkoop handearbeid en natuurlike hulpbronne, blatante rassistiese onderdrukking en in ‘n post-demokratiese milieu, ons slagoffers was van grootskaalse wanbestuur; die ryk/arm lyn nog steeds ‘n kleur het.”  

 “Dit handel ook oor die maatstaf van geluk volgens prestasie en die teenstrydigheid van jou hele lewe lank werk om eendag niks te kan doen nie.”

 “Duidelik het ek ’n probleem met vasgevang wees in ons produk-gedrewe, kapitaal-sentriese bestaan en ek dreig gereeld om te ontsnap, maar ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nè?” 

NetfloristOfferforge

“My haat/liefde verhouding met die media lei na baie slapelose nagte. Ek het soms ‘n dringende paranoia op my van die nuus lees en dan vermaak ek die idee van ontsnap. Van nie net die lokvalle van weelde en rykdom nie, maar ook van die rasse-diskoers in ons land (dit was toe Bell-Pottinger se plan ‘gepeak’ het).” 

“Ek voel baie keer ek hoort nie hier nie, maar dan wonder ek ook waar ek nou eintlik hoort. In ander stukke het ek al die geldigheid van grense in ons al hoe meer geïntegreerde wêreld bevraagteken en ek voel dat ons, en die mense wat soos ons is, nie dink aan onsself as patriotte nie en dus het ons nie tuisland nie en het in fact nie een nodig nie.”

“‘Wat maak ons nog hier?’ is ’n oproep tot aksie om interne ondersoek in te stel en met die vraag te worstel tot jy ’n antwoord het.”

Die groot vraag is nou, “Wat sien Francois Van Coke in sy virtuele wêreld?” Check die video hier onder om uit te vind. Ek dink hierdie is ‘n absolute meesterstuk en heel waarskynlik die beste Suid-Afrikaanse musiekvideo van 2018 (al is die jaar nog net 18 dae oud).

NetfloristOfferforge

Fokofpolisiekar gaan op Sondag, 21 Januarie ’n monster van ’n 90 minute-vertoning lewer by Kirstenbosch in Kaapstad. Die gehoor sal trakteer word op al Die Bende se ou en nuwe gunstelinge en liedjies van die nuwe album, Selfmedikasie, sal vir die eerste keer hier gespeel word.

Hulle gaan van die geleentheid gebruik maak om ’n musiekvideo vir hul hartroerende ballade, Komma, daar op te neem. Kry nou jou kaartjie om deel te wees van hierdie spesiale gebeurtenis.

As jy nie die vertoning kan maak nie, check Fokofpolisiekar live by een van hierdie festivals / venues later in 2018:

  • 27 Januarie 2018 – Up The Creek Festival – Barrydale, Wes Kaap
  • 1 Februarie 2018 – PUK Jool – Potchefstroom, Noord Wes
  • 4 Maart 2018 – Concerts in The Park – De Waal Park, Kaapstad
  • 5 Maart 2018 – Woordfees – Stellenbosch, Wes Kaap
  • 23 Maart 2018 – International Tattoo Convention – The Lookout, V&A Waterfront, Kaapstad
  • 31 Maart 2018 – Lush Festival – Clarens, Vrystaat

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”

    Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Music Videos 25 Sep 2026
  • Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”

    Kerk Straat
    Music News 17 Sep 2026
  • Royal Blood: 26 Interesting Facts You Might Not Know

    Royal Blood
    Music Facts 10 Sep 2026
  • Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets

    Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets 2
    Upcoming Events 7 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Fokofpolisiekar Rock South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,317
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.