Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»Koos Kombuis en Schalk Bezuidenhout Chat Met Mekaar

    Koos Kombuis en Schalk Bezuidenhout Chat Met Mekaar

    Henno KrugerBy Henno Kruger Music 6 Mins Read41 ViewsJuly 11, 2018
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Koos Kombuis en Schalk Bezuidenhout chat oor lewenslesse, rugby, braai en stokkiesdraai. Hulle altwee kan by Liefde By Die Dam 2018 (wat by Emmerentia Dam in Johannesburg gebeur op die 5de Augustus 2018) gesien word…

    NetfloristOfferforge

    Koos Kombuis gaan musiek maak en Schalk Bezuidenhout gaan die MC wees. Ek hoop julle geniet hierdie chat…

    Schalk Bezuidenhout: Wat sal Afrikaanse mense wees sonder braai?

    Koos Kombuis: Nie net Afrikaanse mense nie, maar almal sal slegter af wees sonder braai. Ons skuld dit aan die planeet om so veel as moontlik te braai, want skape vreet al die groen bossies en goed wat fotosintese doen, en beeste se poepe vernietig die osoonlaag. Dis ons plig om die hele wereld te leer braai.

    Koos Kombuis

    Schalk Bezuidenhout: Wat is die belangrikste lewensles wat Donald Trump nog moet leer?

    Koos Kombuis: Hy het reeds sy belangrikste les geleer. Sy haarstyl lyk deesdae beter. Ek dink nie mens moet dit te veel push nie. Ken hy sy tafels? Nee wag, los liewer. 

    Schalk Bezuidenhout: Is jy ‘n kranige rugbyondersteuner?

    Koos Kombuis: In alle erns, ja. Die probleem is, die beste rugbywedstryde gebeur oor naweke, en naweke is gewoonlik my gunsteling tyd om op lughawens of in vliegtuie rond te hang. Noodgedwonge mis ek baie games, en rugby is die een ding wat mens nie kan tape om later te kyk nie. 

    Schalk Bezuidenhout: Volg jy ook die sokkerwêreldbeker? Wie dink jy gaan hom vat hierdie jaar? En wie dink jy moet/moes hom vat?

    Koos Kombuis: Sokker is vir my ‘n klein bietjie interessanter as krieket en krieket is omtrent so opwindend soos skaak. Ek het in 2010 laas gereeld sokker gekyk, want toe was dit my patriotiese plig! Maar enige game waarin jy nie jou hande mag gebruik nie is basies sinloos. 

    Schalk Bezuidenhout: Ek het nou jou vrae gekry voor jy my vrae gerky het. Jy het gevra of ek dink safaripakke met kortbroeke en dik sokkies ooit ‘n comeback sal maak. Kan ek dieselfde vra oor jou bandannas?

    Koos Kombuis: Bandanas sal altyd in die mode bly, en ek sal altyd bandanas dra. Hoe anders hou ek die hare uit my oë uit? 

    Schalk Bezuidenhout: Hoe lank sal dit my vat om goed te raak met kitaar?

    Koos Kombuis: Ek weet nie. Ek probeer al jare lank en het opgegee.

    Schalk Bezuidenhout: Wat jou gunsteling Afrikaanse pop liedjie?

    Koos Kombuis: “Wi-Fi” deur Katinka die Kat.

    Schalk Bezuidenhout: Dink jy met die rigting waarin die wêreld tans beweeg dat dit dalk tyd is vir nog ‘n Voëlvry-beweging?

    Koos Kombuis: Sorry, ek probeer Voëlvry vergeet…

    Schalk Bezuidenhout: Hou jy van Cyril?

    Koos Kombuis: Ek vertrou hom, want hy was nie deel van Voëlvry nie.

    Schalk Bezuidenhout: Wat moet ek doen om ook deur Beyerskloof gesponsor te word?

    Koos Kombuis: Jy moet jou baie mooi aantrek in jou beste truitjie en gaan kuier by Oom Beyers op die plaas. 

    Koos Kombuis: Schalk, het jy rugby gespeel op skool?

    Schalk Bezuidenhout: Ek het in standerd 5 bietjie gespeel as die 3de span reserwe. Daar was net 3 spanne. So ek was letterlik die kakste span se kakste speler. In hoërskool het ek weer bietjie gespeel. Weer vir die swakste span. Eenkeer toe ons teen Monument in Krugersdorp gespeel het kon ek reg voor die game glad nie my span vind nie. Op die ou einde was hulle almal agter die telbord besig om te rook.

    Koos Kombuis: Het jy stokkies gedraai op skool?

    Schalk Bezuidenhout: Ek was baie soet op skool en heeltemal te bang om sulke goed aan te vang. Ek het die odd sigaret gerook en bier gedrink by die huispartytjies, maar dit was maar dit. My pa was ook die adjunkhoof by die skool, so al wat enige juffrou of meneer sou moes doen is net vir my pa vra waar ek is. So leuens soos: “Hey Theo, sê net vir juffrou Slabbert ek is siek by die huis” sou nie werk nie.

    Schalk Bezuidenhout

    Koos Kombuis: Wat is die belangrikste lewensles wat jy al geleer het?

    Schalk Bezuidenhout: Kyk, dink en druk ‘n drie.

    Koos Kombuis: Was jy al in New Jersey?

    Schalk Bezuidenhout: Het jy al gesien wat ek dra? Geen van my jerseys is new nie. Ek pas dieselfde reël toe wanneer ek reis.

    Koos Kombuis: As jy ooit gekies word as rugby-afrigter van die Springbokspan, sal jy ook goed sê soos “komaan, boys”?

    Schalk Bezuidenhout: Ek is so clueless as dit kom by rugby dat ek eerder iets sal sê soos: “help my, boys.”

    Koos Kombuis: As Prof. Giliomee ooit die geskiedenis van Die Afrikaner moet herskryf om jou te akkommodeer, dink jy hy sal ‘n nuwe kategorie moet skep om jou in te plaas?

    Schalk Bezuidenhout: Nee wat. Slot my sommer enige plek in tussen die Groot Trek en Anglo Boere-oorlog.

    Koos Kombuis: Ek probeer nou al ‘n paar jaar om Crocs-skoene fashionable te maak vir trendy mense, maar sonder sukses. Crocs SA wil my nie eens borg nie! Wat dink jy is jou kanse om sulke aaklige truitjies soos wat jy dra ooit cool te maak?

    Schalk Bezuidenhout: Die verskil is, ek wil nie hê dit moet cool raak nie. Wanneer ek in ‘n plek instap en iemand dra dieselfde klere as ek kry ek ‘n kramp in my hol. My truitjies moet juis so uncool as moontlik bly.

    Koos Kombuis: Gepraat van uncool klere, dink jy safaripakke met kortbroeke en dik sokkies sal ooit ‘n comeback maak? Dink jy so ‘n styl sal jou pas?

    Schalk Bezuidenhout: Ek het in 2017 die Bieliemieliefees in Reitz ge-MC. Ek het nuus vir jou: dit het reeds ‘n comeback gemaak.

    Koos Kombuis: Hoe voel jy oor die gerugte dat jy van ‘n ander planeet is?

    Schalk Bezuidenhout: Lekker en hartseer op dieselfde tyd.

    Koos Kombuis: Wat doen jy in jou vrye tyd behalwe brei?

    Schalk Bezuidenhout: In my vrye tyd beantwoord  ek vrae op email.

    Ek wil vir beide Koos Kombuis en Schalk Bezuidenhout dankie sê vir hierdie chat. As julle hulle altwee wil sien, maak seker jy kry jou Liefde By Die Dam 2018 kaartjies voordat hulle uitverkoop.

    Wees op die uitkyk vir opdaterings in the Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • ‘n Vinnige geselsie met Koos Kombuis
    • Schalk Bezuidenhout: ‘n Vlugtige Onderhoud
    • ‘n Onderhoud met Koos Kombuis
    • Resensie: Liefde by die Dam 2018 by Emmerentia Dam

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Latest Music News

    Loading posts...
    Afrikaans Folk Interviews Koos Kombuis Liefde By Die Dam Schalk Bezuidehoud Singer-Songwriter South Africa
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleInnibos Laeveld Nasionale Kunstefees 2018: My Resensie
    Next Article Park Acoustics – 1 July 2018: A Review
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 1
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    77 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    95 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    63 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    Helen Zille - Johannesburg - Jacaranda FM
    October 25, 2025

    Helen Zille Talks Johannesburg and Leadership with Bester

    8 Views4 Mins Read
    Buy-To-Let Property
    October 24, 2025

    6 Essential Tips for Investing in a Buy-to-Let Property

    10 Views4 Mins Read
    Badmington - Discover Sport
    October 24, 2025

    Discover Sport and BWF Bring Global Badminton to Africa

    8 Views3 Mins Read
    Espon CO-W01
    October 22, 2025

    Review: Epson CO-W01 Multimedia Projector

    34 Views2 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    STRAB 2013: My Review 2
    June 3, 2013

    STRAB 2013: My Review

    38 Views7 Mins Read
    Counting Crows Live In Pretoria: A Photo Album 3
    April 18, 2023

    Counting Crows Live In Pretoria: A Photo Album

    446 Views3 Mins Read
    Tops at Spar
    January 11, 2019

    Tops at Spar Ad: A funny reminder that SA is a serious country

    156 Views2 Mins Read
    Mumford and Sons in Pretoria
    February 11, 2016

    Photo Album: Mumford and Sons in Pretoria

    169 Views3 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.