Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Celebrity Interviews » Schalk Bezuidenhout: ‘n Vlugtige Onderhoud

Schalk Bezuidenhout: ‘n Vlugtige Onderhoud

Blitsoorsig: Schalk Bezuidenhout sal die Kaapstad edisie van Liefde By Die Dam 2019 by Meerendal Wine Estate op 16 November lei. Ons het met hom gesels oor sy fashion foefies, sy 17 porseleindiere, sy eerste soen op 'n nagbus, en waarvoor hy die fees so graag het. Hy kyk ook uit na sy film, nuwe Hotel seisoen en die SCHALKIE toer volgende jaar.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 2, 2019No Comments4 Mins Read Celebrity Interviews 126 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Schalk Bezuidenhout is die MC by die Kaapstad edisie van Liefde By Die Dam 2019. Die eendag fees gebeur op die 16de November by Meerendal Wine Estate.

Ek het met Schalk Bezuidenhout gesels oor die fees en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het…

Hoe besluit Schalk Bezuidenhout op die dag se wardrobe?

Ek Google image ’80s icons’, maak my oë toe en kies een.

Wat is vir jou `n fashion no-no?

Ek dink nie ek is die beste persoon om te vra oor fashion no-nos nie… ek dra plakkies met Velcro straps.

NetfloristOfferforge

Schalk Bezuidenhout

Watter wyse woorde wat iemand al met Schalk Bezuidenhout gedeel het sal jou bybly?

Kyk, dink en druk ‘n drie. Ek lewe by hierdie slagspreuk. Dit was ook op my poster in matriek (al die hoofleiers moes posters maak om te staan vir hoofseun en hoofdogter). Ek was toe nie hoofseun nie, so noudat ek daaraan dink is dit dan seker nie so ‘n great slagspreuk nie.

Wat dink jy is die grootste pot snert?

Alles wat in ‘n instruction manual staan. Dis hoekom ek dit nooit lees nie.

Is jy nogal fitness en gesondheidsbewus? Oefen jy? Eet jy gesond?

Ek eet definitief nie gesond nie, daarom oefen ek. Ek woon in Linden in Joburg en ek draf maar so rond hier in die strate, maar ek dink ek gaan binnekort ophou. Mense ry gereeld verby my en maak dan insta stories van my wat teen ‘n bult uit draf… en as ek terwyl ek draf so kak lyk met ‘n filter op dan wil ek nie weet hoe dit lyk in die regte lewe nie.

Het Schalk Bezuidenhout troeteldiere?

Ek is die trotse pappa van 17 porseleindiere. Ek het begin net met honde, maar nou is daar ‘n kat, ‘n leeu en ‘n tier ook by. Hulle is almal baie soet. Hulle eis baie min kos, water en liefde. Hulle hou daarvan as ‘n mens soms hulle vryf met politoer en ‘n sagte lappie, maar dis maar al. Ons het ‘n regte hond probeer kry, maar die porseleinhonde het hom gebyt.

NetfloristOfferforge

Wat is Schalk Bezuidenhout se favorite troetelwoorde?

Ek het nie regtig nie, maar ek kan vir jou sê wat my least favorite is. Wanneer couples na mekaar verwys as ‘mamma’ en ‘pappa’. Dis wat jy jou ouers noem, so om die persoon met wie jy slaap dit te noem is weird of Freudian of albei. Ek en my meisie noem mekaar op die naam en as ons regtig romanties wil wees sit ons ‘n -tjie agteraan.

Praat so van Liefde, vertel ons van jou heel eerste soen met `n meisie?

Dit was op die nagbus oppad na ‘n voortrekkerkamp. Dit was ure van my hand al hoe nader en nader aan haar hand skuif, dan later hande vashou, dan later hand op die been, dan later lê op haar skouer, en uiteindelik later ‘n soen. Dit was daardie aand wat ek my Legend kenteken verwerf het.

Wat maak Liefde by die Dam vir jou lekker?

Ek love die verskeidenheid. Francois van Coke, Early B, Karlien van Jaarsveld. Moerse verskil tussen die performance en klank van al daardie kunstenaars. Ek hou ook van die bak koue bier wat verniet agter die stage staan.

Waarvoor kan Schalk Bezuidenthout fans uitkyk die volgende paar maande?

Na lekker foto’s van my Desember-vakansie op Instagram! Haha. Grappie. Maar ook nie. Dit was ‘n lekker besige jaar so in die volgende paar maande skaal ek bietjie af.

NetfloristOfferforge

As ek sê afskaal bedoel ek ek skiet aan ‘n fliek en doen ‘n kleinhuisie vol gigs, maar meeste van die gigs is privaatfunksies soos corporate events. Volgende jaar in Januarie kom die nuwe seisoen van Hotel op KykNET uit en daarna wil ek graag ‘n nasionale toer van my Engelse one man show – SCHALKIE.

Maar ek is altyd besig met ‘n klomp verskillende projekte so mense kan maar net ‘n ogie op die ou Instagram page hou 😉

Ek wil die geleentheid gebruik om vir Schalk Bezuidenhout te bank vir hierdie onderhoud. Ek wens hom alles van die beste toe by Liefde By Die Dam 2019 Kaapstad. Ek hoop hy kry darem ‘n bier of twee verniet backstage.

Liefde By Die Dam 2019 Kaapstad

Liefde By Die Dam 2019 Kaapstad info:

Jy kan Die Heuwels Fantasties, Francois Van Coke, Snotkop, Early B, Karlien Van Jaarsveld, Arno Carstens, Majozi & Loki Rothman live sien. Maak jouself ook gereed vir Schalk Bezuidenhout se quirky comments.

NetfloristOfferforge

As jy nog nie kaartjies het vir die show nie, kry dit HIER.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Humor kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Schalk Bezuidenhout verruil stand-up vir ’n 9-tot-5-jop

    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    Television 3 Feb 2026
  • Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet

    Liefde By Die Dam 2026
    Upcoming Events 28 Jul 2026
  • Liefde by die Dam 10de Verjaardag Edisie: ‘n Wêreldklas Fees

    Fokofpolisiekar @ Liefde By Die Dam
    Recaps 22 Apr 2026
  • Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    Music News 5 Aug 2025

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cape Town Liefde By Die Dam Schalk Bezuidenhout South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Die Kantoor
    ‘n Onderhoud met Albert Pretorius (Flip in Die Kantoor)
    January 12, 2026
  • Elizabeth Moss
    Elisabeth Moss Shares Her Views on The Handmaid’s Tale Season 6
    April 24, 2025
  • Sandra Prinsloo - Koek - Showmax
    Nel sê “Koek”-tipe storie is nog nooit Afrikaans vertel nie
    April 30, 2024
  • Seth Macfarlane
    An Interview With Seth MacFarlane About The Ted Series
    February 13, 2024
  • Melissa Myburgh - Trompoppie
    Trompoppie op Showmax: Melissa Myburgh Gesels Met Ons
    November 28, 2023
  • Boetie Boer
    Boetie Boer Director Shares Thoughts On Meeting Killer
    October 18, 2023
  • Spinners - Cantona James
    ‘n Onderhoud met Cantona James (Ethan in Spinners)
    October 11, 2023
  • Stella Murders - Showmax - David Enright
    David Enright Tells Us More About “Stella Murders”
    March 22, 2023
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.