Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Event Reviews » Resensie: Liefde by die Dam 2018 by Emmerentia Dam

Resensie: Liefde by die Dam 2018 by Emmerentia Dam

Blitsoorsig: Die skrywer het Liefde By Die Dam 2018 by Emmarentia Dam bygewoon en dit was 'n groot suksesvolle eendagfees. Alhoewel daar 'n paar klein organisasie-issues was soos geen kaartmasjiene nie, het die musikante soos Bongeziwe Mabandla, Koos Kombuis, Elvis Blue, Die Heuwels Fantasties en Francois van Coke 'n dag vol groot vermaak gebied. Die crowd het baie geniet van die lieflike weer en al die gunstelingnavele.

Bianca NieuwenhuisBy Bianca NieuwenhuisAugust 15, 2018No Comments4 Mins Read Event Reviews 176 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Dis nie gereeld dat dié Pretoria meisie buite die 012 venture nie. En nog minder gereeld dat mens al die pad Joburg toe sal travel vir ‘n Afrikaanse musiekfees. Maar dis juis wat gebeur het op 5 Augustus toe ek Liefde By Die Dam 2018 toe is.

Hier is my resensie vir Liefde By Die Dam 2018

Emmarentia Dam was weereens die prentjie mooi tuiste vir hierdie jaar se Liefde by bie Dam. Die weer begin nou net mooi saam speel ook, dis nie meer so ysig koud nie, maar dis ook nog nie dodelik warm nie. Maar buiten vir die mooi venue en lieflike weer het die eendagfees weereens gesorg vir ‘n dag vol lekker vermaak. Almal se gunsteling komediant, Schalk Bezhuidenhout, het MC gespeel vir die dag.

Liefde By Die 2018 Crowd

Jakaranda FM se eie Martin Bester het die verhoog geopen vir die dag. Ons het wel eers na sy set daaraan gekom (nie dat ek eintlik kla nie) maar dit het gelyk of die mense wat wel vroeg daar was, dit geniet het.

Martin Bester at Liefde By Die Dam 2018

Ons het ook nie veel van Bouwer Bosch se performance gesien nie. Hier’s ‘n tip vir die organiseerders: maak dit dalk, net dalk, duidelik dat daar hierdie jaar nie kaart masjiene is by die bars nie, sodat ons weet ons moet cash moet bring, sodat ons nie byna ‘n hele set in ‘n ry  moet staan om by ‘n ABSA trokkie geldjies te moet verkry nie.

NetfloristOfferforge

Bouwer Bosch by Liefde By Die Dam 2018

Of nog beter, ‘n cashless card system maybe? Ek het wel gehoor Bouwer speel ‘n ou liedjie van Dans Dans Lisa wat ek gelove het op hoërskool, “My eks(skuus)”. Was lekker om dit weer te hoor, het al soortvan vergeet van daai.

Bongeziwe Mabandla het folk en soul gebring. Sy slow cover van Outkast se “Hey Ya” het besonders goed gewerk. Die crowd was wel verbaas dat hy in ‘n suit jacket nie warm kry nie (vreemde Afrikaners). Ek het wel Bongeziwe baie geniet. Die Vodka & Red Bulls het ook al lekker gevloei op daai stadium, alhoewel dit lank gevat het om nog te kry, nie dat die rye by die bars lank was nie, dit was net moeilik om van een kant van die crowd tot aan die ander te kom.

Bongeziwe Mabandla at Liefde By Die Dam 2018

Karlien van Jaarsveld was ook by Liefde By die Dam 2018. Die meisies het haar baie geniet.

Wie love nou nie vir Koos Kombuis nie? En daar’s niks nuuts wat ek kan sê oor Oom Koos nie. Hys ‘n legend, uit en uit. “Johnny is nie dood nie”, “Liza se Klavier”, “Huise by die See”, Bicycle sonder ‘n Slot” en “Katie”. Ek dink nie daar was een song wat die crowd nie saam mee gesing het nie.

NetfloristOfferforge

Koos Kombuis by Liefde By Die Dam 2018

Elvis Blue was ook ‘n crowd favourite. Hy’t heel oulike songs gesing wat ek nogal geniet het, “Lighthouse” en “Spore”.

Jy weet jy’s in vir ‘n behoorlike party as Die Heuwels Fantasties en Francois van Coke op die line-up is. En dis presies wat die laaste twee ure by Liefde by die Dam  2018 was. Daar was selfs ‘n boksgeveg tydens “Sonrotse”, en dit was nie oor Francois saam met Die Heuwels Fantasties op stage gejoin het nie (maar ek moet erken, dit was nogal epic; die saam sing, nie die boksgeveg). Hoe dan anders as al die gunstelinge hoor: “Beloofde Land”, “Leja”, “Pille vir Kersfees”, net groot pret.

Die Heuwels Fantasties en Francois Van Coke by Liefde by Die Dam 2018

Dit was ‘n jammerte dat van die mense na Die Heuwels Fantasties begin loop het, want Francois van Coke se set was great. Weereens het Hunter van Die Heuwels Fantasties op die stage gejoin vir “Ek Skyn(heilig)” (hoe dan nou anders).

Francois van Coke en Die Gevaar het die dag op ‘n hoë noot geëindig. Die crowd wat wel steeds daar was het mal gegaan op “Toe Vind Ek Jou”, ons het almal saam gesing met “Dit Raak Beter As Jy Ouer Raak”. Self liedjies vanaf Van Coke se nuwe EP (“En Vriende”) is woord vir woord saam gesing.

NetfloristOfferforge

Francois van Coke by Liefde by Die Dam 2018

Alhoewel daar ‘n paar haakplekke was deur die dag, was Liefde By Die Dam 2018 eintlik ‘n groot jol. ‘n Lekker gesins outing wat ‘n act vir elke smaak gehad het. Baie dankie Liefde by die Dam 2018, volgende jaar maak ons weer so.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet

    Liefde By Die Dam 2026
    Upcoming Events 28 Jul 2026
  • Liefde by die Dam 10de Verjaardag Edisie: ‘n Wêreldklas Fees

    Fokofpolisiekar @ Liefde By Die Dam
    Recaps 22 Apr 2026
  • Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    Music News 5 Aug 2025
  • French Montana: Live in South Africa in December 2026

    French Montana
    Upcoming Events 23 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Johannesburg Liefde By Die Dam South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Bianca Nieuwenhuis

Art is not what I create. What I create is chaos.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Misty Waters
    Misty Waters: The Music Festival We’ve Been Waiting For
    May 12, 2026
  • Green Day @ Calabash 2025
    Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review
    January 22, 2025
  • Mieliepop Sign 2024
    Resensie: Mieliepop 2024
    March 15, 2024
  • Will Linley - Calabash South Africa
    My 2 Cents on Calabash South Africa 2024 at FNB Stadium
    February 9, 2024
  • Bos Boogie 2023
    Bos Boogie 2023: My Resensie
    September 7, 2023
  • Sting at SunBet Arena
    Review: Sting Live at the SunBet Arena in Pretoria
    February 7, 2023
  • David Gray Featured
    Review: David Gray Live @ SunBet Arena in Pretoria
    December 6, 2022
  • Bos Boogie March 2022
    Review: Bos Boogie March 2022
    March 28, 2022
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.