Dullstroom is ‘n piep klein dorpie tussen Lydenburg en Belfast met Tonteldoos as ‘n buurman. Dis in die hart van die grasvelde van Mpumalanga waar jy gaan forrel vang, roof voëls kan sien en lekker rustig wees. Maar nie as jy by die eerste Lekkerland Carnival was nie! Dis was ‘n magnificent ontploffing van mense en musiek…
Ek het saam met my mense die kort pad vanaf Nelsparta aangedurf Dullies toe (dis wat ons locals dit noem). Gelukkig is al die potholes reggemaak (al kan mense nie dieselfde se van Lydenburg nie) en ons het ‘n lekker cruise gehad. Ons het ons tassies gaan los by Dullstroom Inn en sommer gepotivar (geloop vir julle ongeletterdes) na die Dullstroom Greenery waar ‘n kaleidoskoop van kleur en families ons ingewag het.
As jy gedink het dit raak nooit warm in Dulstroom nie, you are sadly mistaken. Mense het ver onder die koeltebome gesit met ‘n koue ene in die hand en die bands van ver gekyk. Ek het persoonlik bietjie meer karnival verwag, jy weet? Soos narre, dudes wat swaardesluk, vuurblasers, balon-gevoude diere…sulke karnival goed.
Mr Valiant Swart was ons eerste live act, ons het Nikki Botha en The Oh So Serious gemis (jammer maats) maar ek like Valiant (ek wil vir hom my eye shadow wys). Hy het lekker grappies en stories vertel waarby mense either nie baie hard lag of skaam is in Dullstroom. Dalk was die son te warm. Met ‘n rondte by ‘n semi cheap bar en ‘n worsboordjie in die ander poot het ons plek gaan soek voor die stage vir Lauren Lavine en Josie Field.
Magtag, was ek nie ‘n oomblik terug in STRAB se strand gewees tydens die twee girls se vertoning nie? Anyway, Al wat my human bietjie afgesit was ‘n tannie wat gekla het sy moet sit terwyl sy fotos neem. Dis toe die koei in my uit kom, ‘n paar moo’s na haar kant het sy skaam gekry. Sies, jy staan en kyk ‘n band auntie.
Josie en Lauren se stemme was so mooi in harmonie, dit het mooi oor die Dullstroom grasvlaktes gesweef. Kry hulle album (“Tiger Lilly”) by hulle volgende show of aanlyn. Ons het hulle lanklaas gesien maar ai, dit was mooi om na te kyk en mooi om na te luister.
Na dit het ons gaan jasse en serpe aantrek. ‘n Paar jaar terug was ons ook in Dullstroom, en ons het gedink ons was in Laeveld. Ons het gevries teen 6 uur. So ons Riana Nel gemis, maar baie families het haar nog ondersteun, wat nogals kief was. Die stap terug na Dullstroom Inn was vlink ene, met ‘n vinnige stop by die OTM. Die Dullstroom OTM curse van “we have run out of money” het ons ook al gevang op ‘n vorige besoek. Gelukkig was die OTM vriendelik die keer.
Na ‘n lekker blaas kans, ‘n beter bier en ‘n jas, is ons terug na Lekkerland toe. Matthew Mole (die oulikste ou in SA musiek) was op die verhoog en besig om op te stel. Is dit ek of het sy hele setup verander? Dis amper ‘n vol drum kit, keyboard en kitaar? Nonetheless, al die meisies kon nie stywer teen die heining staan nie en dit het gelyk soos ‘n klomp vinke wat hang aan ‘n nes.
‘n Paar kinders was ook voor (die klein soort), so jy moet pasop waar jy trap. Baie mense wat seker die advertensies gesien het, het gedink “cool ‘n fees” en daar aangekom met ‘n baba pram en party van hulle was daar met hulle honde wat gewonder het wat gaan aan. King Price (een van die grootste sponsors van die fees) het baie pryse uitgedeel. Mense was happy om groot suig lekkers, penne, lisensie skywe (die sticker soort), babalas emergency kits, etc te kry by hulle.
Matthew het begin met sy set en almal was reeds op hulle voete. Met liedjies soos “I’ll take yours, you take mine”, “By your side” het die crowd lekker saam gesing. Mense het hulle shit verloor toe hy op die heining gaan staan het met ‘n massive drom en toe hy dit slaan was water op. Party het die shower gelove en ander het ys gegooi. We all get that one, hey?
Na Matthew se set was dit Die Heuwels Fantasties se beurt. Die setup het ‘n bietjie lank gevat want daar was ‘n paar tegniese probleme. Intussen het Bouwer Bosch en maat wat die MC’s vir die dag was, die crowd besig gehou met ‘n 30 Seconds tipe speletjie. Toe DHF reg was, het hulle oopgemaak met “Beloofde Land”. Die show was ou en nuwe songs in die mix gehad het en dit het goed afgegaan (soos ‘n rooi wyntjie om daai koue windjie te keer).
However, daar was so extra ietsie tydens hulle show. Evert Kleynhans van Pretoria het sy meisie Vianda Huisamen gevra om te trou op die stage net voordat DHF hulle treffer, “Sy” gespeel het. Natuurlik het die crowd dit op geeët soos soekkoek en sy het darem ja gesê. So cute. Daar is selfs ‘n video daarvan.
Na DHF was alles verby en dit was nog voor 10 uur die aand. Ek dink die non-fees muise sou dit nie kon maak nie. My general feeling van Lekkerland was dat dit anders is as jou gewone feeste. Wat ons, lesers van Running’s Wolf Rant, gewoont is.
Dis ook okay, party keer moet jy iets anders doen. Dit was super familie vriendelik met ‘n hele kids jol plek, pony rides en so aan. Kosgewys was dit okay ek meen daar was pannekoek, boerewors rolletjies, spookasem, slap tjips, Indian lamb curry en biltong. Nie veel as jy ‘n vegan of vegataries is nie. Badkamers was okay, (was dieselfde ouens by Mieliepop).
Al wat ek kan se vir die ‘after party’ was dat dit ‘n packed Duck & Trout was met twee barmanne wat hulle bene afgehardloop het. Maar in klein dorpies kan die reëls nogals kwaai wees en teen 12 uur was almal uit die bar gesit…natuurlik teen hulle sin. Drank lisensie reëls met die polisie het sieklik gaan slaap. Deur die mis het ons OBS en tequila gedrink in die tuin van Dullstroom Inn tot vroeg in die oggend ure. Dit was ‘n heerlike wegkom kans.
Na die tyd het ek uitgevind daar was 3,000 mense by Lekkerland. Nie te sleg for first timers nie. Ons het ‘n lekker tyd gehad, sien julle by Lekkerland 2018.
Like what you just read? Join The Wolf Pack! Subscribe To Our Newsletter.
Explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide (on our sister site SA Music Zone).
If getting more knowledge is part of your DNA - Check out the latest posts on Interesting Facts.