As jy ‘n groot liefhebber van diep Afrikaanse musiek is, het Bacchus Nel geen bekendstelling nodig nie. Hierdie mannetjie maak al musiek sedert die middel 2000’s en het al rippels gemaak in die Suid-Afrikaanse musiek scene. Die blinde musikant het ongelooflik baie talent.
‘n Paar jaar terug was ek by Oppikoppi Easter gewees en het ongelukkig laat op die een middag uitgepass. Toe ek wakker word het ek na my vriende se tent toe geloop om te check wat gaan aan (want ek het al die bands gemis). Bacchus Nel het saam met my vriende gekamp. Ongelukkig het 2 van my vriende (Anne en Derrick) hulle tent se flap oopgelos en toe reën als nat in die tent. Hulle was heel pissed off daaroor en het toe maar onder die gazebo ‘n drankie saam met Bacchus sit en drink.
Ons ander vriend Flitz Blitz het aangeloop gekom en het oral in die campsite na iets gesoek. Na ‘n paar minute se gesoek het hy obviously moedeloos geraak en het toe vir Bacchus gevra “Het jy nie die kannetjie water gesien wat hier gestaan het nie?” Bacchus het dadelik reply “Ag Fritz, ek het dit al lankal in wyn verander”. Die man het defnitief ‘n way met woorde as jy my vra…
Bacchus Nel is een van die kunsternaars wat by die volgende Park Acoustics gaan speel op die 29ste Oktober 2017. aKING, Klopjag en Georgetown gaan ook daar wees. Ek het onlangs met hom gesels hieroor en oor so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het:
Het jy baie wyn en bier gedrink voor jy Bacchus Nel geword het? Waar kom die naam vandaan?
Mmmm, lang storie, maar ja dit is die mitologiese god van wyn en plesier.
Wat is die snaakste ding wat al gebeur tydens een van jou shows?
‘n Ou wat na ‘n show in ‘n bar vir my getune het: “Jy lyk nogal baie
soos Bacchus Nel, en as jy daai ‘Oppiplaas’ song sing klink jy ook nogal
soos hy.”
Wat is jou gedagtes oor die huidige stand van sake in die SA musiek bedryf?
Hoeveel tyd het jy? (Ek dink ek moet hom vra om hieroor uit brei in ‘n opvolg artikel)
Wat is jou gunsteling quote oor musiek?
“The music business is a cruel and shallow money trench, a long plastic hallway where thieves and pimps run free, and good men die like dogs. There’s also a negative side.” Hunter S. Thompson.
Wat kan musiek-liefhebbers verwag van jou show by Park Acousics?
Ek’s baie opgewonde oor die nuwe line-up; Marissa wat vir jare deel was van
die band, het Kaap toe verhuis – sonder om te veel weg te gee: maar die
musiek beweeg in ‘n nuwe interesante rigting.
Ek wil hierdie geleentheid gebruik om vir Bacchus Nel te bedank vir hierdie onderhoud. As jy hom nog nie live gesien het nie, maak seker jy kry jou kaartjies vir Park Acoustics hier.
Luister na sy liedjie, “Oppieplaas” hier onder om jouself in die mood te kry vir die naweek se partytjie by die Voortrekker Monument:
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music en Interviews kategoriëe op Running Wolf’s Rant.
Like what you just read? Join The Wolf Pack! Subscribe To Our Newsletter.
Explore our website, check out our Featured Articles or scroll down to see the articles that are related to this article below. We've been around since 2008, so there's plenty of content.
If you're in South Africa and looking for something to do, check out The SA Gig Guide (on our sister site SA Music Zone).
If getting more knowledge is part of your DNA - Check out the latest posts on Interesting Facts.