Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»Resensie: Jack Parow by Arcade Empire

    Resensie: Jack Parow by Arcade Empire

    Bianca NieuwenhuisBy Bianca Nieuwenhuis Music 4 Mins Read33 ViewsFebruary 22, 2018
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Ek het onlangs na die Jack Parow show toe gegaan by Arcade Empire op die 16de Februarie. As ek terug dink aan my top twee kuiers van 2017 sal ek sê dit was beslis die laaste Hotbox party en ‘n sekere aand aan die einde van November by Aandklas. Wat het hierdie twee kuiers in gemeen, wonder jy? Net een persoon: Jack Parow. Jack het saam met hom het hy sy nuwe album, Afrika 4 Beginners gebring.

    NetfloristOfferforge

    Arcade Empire was nog redelik stil vir ‘n Vrydag aand toe ons 8 uur daar opdaag

    Ons was nogals verbaas, ons het gedink ons sal teen daardie tyd nie meer kon beweeg nie. Maar soos die tyd aangestap het, het meer en meer mense begin aankom. Dit was nie ‘n packed, oorvol aand gewees nie, maar ek kla glad nie. Dis lekker as mens beweeg ruimte het, en nie soos sardiens voel voor die mainstage nie.

    Die eerste opening act was The Capitals.

    Ek het nog nie voorheen van hul gehoor nie, al bestaan hul al amper 3 jaar, maar was keen op te sien wat hierdie ouens sou op lewer. Hul het nie teleurgestel nie! Hul sound klink asof Blink-182 en Shortstraw ‘n lovechild gehad het. En so vreemd soos wat dit dalk klink, dit het gewerk!

    Jack Parow @ Arcade EmpireSo dit was net van pas dat hul ‘n cover van Blink-182 se “AllThe Small Things”gespeel het. Ek is beslis nou ‘n fan van die band (en ek sê dit nie net oor hul die aand daarna die hele Aandklas gekry het om vir my Happy Birthday te sing nie. I’m not biased like tha tat all). Ek kan sien hoe The Capitals nog groot dinge in die Suid Afrikaanse music scene sal bereik. Kyk maar uit wanneer jy hulle live kan sien.

    SILVABLACK & The Midnight was volgende

    Hulle het die vibe van punk / indie (ja dit voel nog steeds weird om dit te sê) gevat na, wel, ek weet nie hoe om hul vibe te beskryf nie. En al het voorheen van hul gehoor, sou dit nie gehelp het nie… Hul het dan self op Facebook so gesê. Op ‘n vroeg oggend post waar hul die showpromote, het hul gesê: “[This will be] A show that will fuck up any idea yout houghtyou had as to what kind of music we create!”.

    Al wat ek weet is dat ek hul eerste paar songs gelove het. Ongelukkig was ek toe weg gesleep bar toe, want blykbaar is dit tradisie dat mense vir ‘n verjaarsdag meisie shots koop.

    Jack Parow @ Arcade EmpireOns was betyds terug by die mainstage vir die main act – Jack Parow

    Vol energie soos altyd, hy het elke persoon aan die Dans Dans Dans gekry. Dit help seker ook dat Parow Jägermeister in die mense heel voor aan die stage se kele afgooi het (ek sou dit nie op daardie oomblik kon handle nie). Ek het ou gunstelinge soos “Bloubek”, “Bring Your Friends”, “Hard Partytjie Hou”, “I Miss”, en“Hosh Tokolosh” (ja Gazelle, ons mis jou!).

    Jack Parow @ Arcade Empire

    Jack Parow @ Arcade EmpireNatuurlik het Parow ook songs van sy nuwe album, Afrika 4 Beginners, gespeel, die show was immers sy album launch tour. ‘n Klomp mense het heeltemal uitgehak op “Boepens Vark” en “Bang Babbelas”. Dit was loshande, weereens, een van Parow se beste shows gewees (en ja ek weet ek sê dit elke keer wat ek hom sien).

    Afrika 4 Beginners is nou landswyd beskikbaar. As jy ‘n fan is van Jack Parow, kry beslis vir jou copy. En as jy nie ‘n fan is nie, kry in elk geval een, want jy sal nou een word!

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op RWR.

    PS: Die fotos is geneem deur Ferdie Snyman.

    Related Articles:

    • Jack Parow @ Aandklas Hatfield: A Photo Album
    • Foto Album: Jack Parow @ Aandklas Hatfield
    • Photo Album: Jack Parow at Oppikoppi 2012 Sweet Thing
    • Jack Parow @ Hatfield Carnival 2013: A Photo Album

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Arcade Empire Jack Parow Pretoria Reviews
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleCrash Test Dummies Live in Pretoria: My Review
    Next Article Review: Incubus Live in Pretoria
    Bianca Nieuwenhuis

    Art is not what I create. What I create is chaos.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 1
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    77 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    95 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    63 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    Helen Zille - Johannesburg - Jacaranda FM
    October 25, 2025

    Helen Zille Talks Johannesburg and Leadership with Bester

    8 Views4 Mins Read
    Buy-To-Let Property
    October 24, 2025

    6 Essential Tips for Investing in a Buy-to-Let Property

    10 Views4 Mins Read
    Badmington - Discover Sport
    October 24, 2025

    Discover Sport and BWF Bring Global Badminton to Africa

    8 Views3 Mins Read
    Espon CO-W01
    October 22, 2025

    Review: Epson CO-W01 Multimedia Projector

    34 Views2 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Photo Album: Oppikoppi 2009 Smoorverlief 2
    August 12, 2009

    Photo Album: Oppikoppi 2009 Smoorverlief

    199 Views7 Mins Read
    The Narrow @ Synergy Live 2012
    December 5, 2012

    Synergy Live 2012 Johannesburg: My Review

    46 Views3 Mins Read
    Ivacy VPN
    March 25, 2020

    Ivacy VPN Review

    88 Views4 Mins Read
    Fokofpolisiekar
    January 29, 2019

    Fokofpolisiekar: ‘n Onderhoud met Wynand Myburgh

    85 Views4 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.