Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Robbie Wessels Vang Rugbygees Met Nuwe Komiese Treffer

Robbie Wessels Vang Rugbygees Met Nuwe Komiese Treffer

Blitsoorsig: Robbie Wessels het sy geesvang-liedjie "Hiep Hiep Hoera!" vrygestel ter ondersteuning van die Springbokke en hul ondersteuners by die Rugby Wêreldbeker. Die liedjie is geïnspireer deur die opgewondenheid rondom die toernooi en skets oudergewoonte hoe bokke-ondersteuners kuier. Dit is nou op alle streaming platforms beskikbaar.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 12, 2023No Comments2 Mins Read Music News 134 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

“Hiep Hiep Hoera!” sê Robbie Wessels met sy geesvang-lied vir die Springbokke en die ondersteuners met die aanvang van die Rugby Wêreldbeker in Frankryk. Dié enkelsnit is ‘n paar dae voor die bokke se eerste wedstryd in die toernooi vrygestel en Robbie hoop dat almal sommer lekker samesyn sal geniet.

Robbie Wessels is bekend vir sy snaakse lirieke en lekker-luister-ritmens, en skets oudergewoonte weer ʼn komiese prentjie oor hoe die Bokke se ondersteuners kuier as daar ʼn wedstryd aan die gang is.

Robbie Wessels Vang Rugbygees Met Nuwe Komiese Treffer 3

“Hiep Hiep Hoera!” is uit Robbie se eie pen. Die liedjie is geïnspireer deur die opgewondenheid wat in die lug hang in afwagting vir die Rugbywêreldbeker.

@robbie_wessels Hiep hiep hoera.. Nou beskikbaar op alle streaming platforme♬ Hiep hiep hoera – Robbie Wessels

NetfloristOfferforge

Jy kan die snit op Spotify en al die ander streaming platforms stroom.

Meer inligting oor Robbie Wessels

Robbie Wessels is al sedert 2002 doenig in die musiekbedryf. Hy is ook ʼn benoemde akteur bekend vir sy rol as Poena in die gelyknamige fliek, asook die reeks op kykNET.

Robbie is ʼn plaasjapie wat lief is vir reis en om te sing vir die mense van Suid-Afrika. As hy op die langpad is en hy kry ʼn gedagte wat hom laat lag of inspireer, pen hy daar en dan ʼn liedjie daaroor. Ander mense se interessante stories inspireer ook sy lirieke.

Robbie Wessels

Hy beskryf homself as ʼn storieverteller met ʼn rasperstem. Hy is veral bekend vir liedjies soos “Halley se komeet”, “Die Leeuloop”, “Bobjan”, “Mphe di Hoenor” en “Sluise van die hemel”.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Dassie & Robbie Wessels sê “Koop vir Jou ‘n Bakkie”

    Dassie & Robbie Wessels
    Music Videos 2 Jun 2026
  • Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

    Robbie Wessels en Francois Van Coke
    Music Videos 27 Jun 2025
  • Appel en Robbie Wessels snoer kragte vir ‘Boereworsgordyn’

    Appel en Robbie Wessels
    Music Videos 4 Mar 2025
  • Robbie Wessels Skryf ‘n Ode aan Eben Etzebeth

    Robbie Wessels
    Music Videos 12 Oct 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Robbie Wessels
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.