Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Appel en Robbie Wessels snoer kragte vir ‘Boereworsgordyn’

Appel en Robbie Wessels snoer kragte vir ‘Boereworsgordyn’

Blitsoorsig: Appel en Robbie Wessels het hul talente kombineer vir "Boereworsgordyn", 'n liedjie wat die Centurion-grens tussen Pretoria en Johannesburg vier. Die musiekvideo volg 'n rugby-span se geveg met hulp van die "Wors Squad" en verskeie Springbok-helde. Volgens Appel is dit 'n storie wat aksie, humor en Afrikaanse kultuur saamvat.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 4, 2025No Comments3 Mins Read Music Videos 118 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Afrikaanse musiekliefhebbers kan regmaak vir ’n opwindende nuwe liedjie! Die veelsydige kunstenaars Appel en Robbie Wessels het hul kreatiewe talente saamgespan vir hul splinternuwe liedjie, “Boereworsgordyn”.

Dié liedjie is geskryf deur Appel en Robbie self, met die gesoute Murray Lubbe wat die liedjie vervaardig het, terwyl Paulo Azevedo die stemwerk in die Coleske-ateljee behartig het.

Appel en Robbie Wessels

“Die Boereworsgordyn is daardie denkbeeldige grens tussen Pretoria en Johannesburg – en spesifiek Centurion, wat dikwels as die skeidslyn tussen die twee stede gesien word. Ek en Robbie het besluit om ’n lekker lawwe, aksiebelaaide rugby-verhaal rondom hierdie idee te bou,” verduidelik Appel.

Robbie voeg by: “Verwoerdburgstad, soos Centurion eers genoem was, was jare terug deur sommige mense as die ‘Boereworsgordyn’ bekend. Ek is nie seker hoekom nie, maar vir my klink dit soos ’n beskrywing van ’n lekker klomp mense wat saam bly, saam kuier en saam rugby kyk.”

NetfloristOfferforge

Volgens Appel is hierdie liedjie ’n viering van wie ons is as Afrikaanse mense—rugby, braai, lekker lag, en ’n goeie tyd hê saam met vriende en familie

“Ek hoop mense gaan mal wees oor hierdie liedjie—iets wat jy hard speel op ’n braai, in jou bakkie, of op pad na Loftus.” sê hy.

Robbie Wessels voeg laggend by: “Ek het probeer om saam met Appel lekker skerp lirieke uit te dink. En natuurlik het ek ’n paar van my alombekende dansies ingewerk in die lirieke. Die lekkerste deel was om saam met Appel te skryf. Ek het besef hoe ongelooflike liriek- en melodie-skrywer hy is. Dit was ’n fees.”

Die musiekvideo, verfilm deur Conrad Theron van Atlas Media, neem kykers op ’n humoristiese en aksiebelaaide reis.

Kyk die video hier onder:

NetfloristOfferforge

Appel & Robbie Wessels - Boereworsgordyn (Amptelike Musiekvideo)

Appel verduidelik: “Dit speel af tydens ’n spannende rugbywedstryd tussen die Boereworskartel en die Snoeke. Die Boereworskartel is in groot moeilikheid en loop agter op die telbord. Hul afrigter, Jacques Potgieter (oud-Springbok en tans afrigter van Centurion Rugbyklub), besef hulle het ’n kragtige inspuiting nodig om die span se gees aan te wakker. Hy bel toe vir my en Robbie—want ons het ’n geheime boereworsresep wat ’n span se gees binne sekondes kan omdraai.”

“Ons daag toe op, met ’n spesiale oproep en ons geheime wapen – die WORS SQUAD!” sê Appel opgewonde. “Ek is verskriklik trots om ’n paar Springbok-helde en Suid-Afrikaanse rugby-ikone in die video te hê: Willem “Die Yster” Alberts, Jannie du Plessis, Marcell Coetzee (kaptein van die Blou Bulle), JP en Ruan Smit (die bekende tweeling van Leeus-faam).”

“Hierdie manne bring krag, gees en aksie na die veld toe—en natuurlik ’n goeie klomp boerewors en harde houe,” lag Appel.

Appel sê die musiekvideo sou nie moontlik wees sonder hul borge nie. Mondanette Slaghuis het gesorg vir die beste boerewors in die land, Donkey Long Tong en Foute (Appel se eie drankreeks) het ook hul ondersteuning gebied.

NetfloristOfferforge

“Ons het lanklaas ’n musiekvideo gesien met soveel aksie en humor in die Afrikaanse musiekbedryf. Ek en Robbie skryf stories met musiek, nes Jan Spies, PG du Plessis en Tolla van der Merwe dit met woorde kon doen. Dit is ’n liedjie, ’n storie en ’n fees in een—ek dink mense gaan dit vreeslik geniet,” sê Appel.

Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Dassie & Robbie Wessels sê “Koop vir Jou ‘n Bakkie”

    Dassie & Robbie Wessels
    Music Videos 2 Jun 2026
  • Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

    Robbie Wessels en Francois Van Coke
    Music Videos 27 Jun 2025
  • Robbie Wessels Skryf ‘n Ode aan Eben Etzebeth

    Robbie Wessels
    Music Videos 12 Oct 2023
  • Robbie Wessels Vang Rugbygees Met Nuwe Komiese Treffer

    Robbie Wessels
    Music News 12 Sep 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Robbie Wessels South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.