Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Robbie Wessels Skryf ‘n Ode aan Eben Etzebeth

Robbie Wessels Skryf ‘n Ode aan Eben Etzebeth

Blitsoorsig: Sanger Robbie Wessels het 'n folk-komedie liedjie geskryf wat Springbok-slot Eben Etzebeth vereer. Die liedjie beskryf sy passie, vreesloosheid en sterkte op die veld. Robbie sê Etzebeth het diep spore in Suid-Afrikaanse rugby getrap en het hom persoonlik ontmoet in 2019. Hy hoop luisteraars sal trots voel op Suid-Afrika wanneer hulle die saamsing-liedjie hoor.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 12, 2023No Comments3 Mins Read Music Videos 119 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die sanger en liedjieskrywer Robbie Wessels is behoorlik begeesterd deur die Rugbywêreldbeker wat tans in Frankryk plaasvind en tref weer met nog ‘n rugbysnit – dié keer ‘n ode aan die geliefde Springbok-slot Eben Etzebeth.

Die liedjie, getiteld “Eben Etzebeth”, is uit Robbie Wessels se eie pen en vereer die speler vir sy vreesloosheid as rugbyspeler en sy ongelooflike talent vir die spel. “Eben Etzebeth” se genre is ‘n kombinasie van folk en komedie en is ‘n lekker geesvang-liedjie met ‘n oulike storie.

Robbie Wessels - Eben Etzebeth

“Ek dink Eben Etzebeth het al sulke diep spore in Suid-Afrikaanse rugby getrap dat ek gevoel het ‘n liedjie is in orde.” sê Robbie oor die inspirasie vir die liedjie. “Ek het ook die voorreg gehad om hom te ontmoet by ‘n funksie net ná die Rugbywêreldbeker in 2019. Nadat ek met hom gesels het, het ek besef hier is ‘n ou met ‘n groot hart wat boonop nog nederig ook is en ek glo hy gan nog dieper spore trap as wat hy reeds het.” 

Robbie Wessels sê hy geniet dit baie om rugbyliedjies te skryf en om iemand spesifiek te vereer, veral as die persoon ook dan van die liedjie hou. Hy glo en hoop luisteraars sal die saamsing-liedjie baie geniet omdat dit ‘n lekker storie van Eben Etzebeth vertel en hoop die liedjie laat luisteraars op eie bodem ook trots Suid-Afrikaans voel.

NetfloristOfferforge

“Die lied beskryf hom lekker. Sy passie. Sy vreesloosheid. Dat sy teenstanders versigtig moet wees vir hom, want hy is kookwater, sterk en vinnig.” sê Robbie.

Robbie Wessels het ook onlangs met die rugbytreffer “Hiep Hiep Hoera” getref. Hy beplan om landswyd te toer saam met sy orkes en sien uit daarna om meer toneel te speel en programme aan te bied.

Kyk die video vir “Eben Etzebeth” hier onder:

YouTube video player

Meer inligting oor Robbie Wessels

Robbie Wessels is al sedert 2002 doenig in die musiekbedryf. Hy is ook ʼn benoemde akteur bekend vir sy rol as Poena in die gelyknamige fliek, asook die reeks op kykNET.

NetfloristOfferforge

Robbie Wessels is ʼn plaasjapie wat lief is vir reis en om te sing vir die mense van Suid-Afrika. As hy op die langpad is en hy kry ʼn gedagte wat hom laat lag of inspireer, pen hy daar en dan ʼn liedjie daaroor. Ander mense se interessante stories inspireer ook sy lirieke.

Robbie Wessels

Hy beskryf homself as ʼn storieverteller met ʼn rasperstem. Hy is veral bekend vir liedjies soos “Halley se komeet”, “Die Leeuloop”, “Bobjan”, “Mphe di Hoenor” en “Sluise van die hemel”. Robbie het ook in 2015 in Kanada en Londen gesing en ‘n paar Rugbywêreldbeker-wedstryde gekyk en het ook die voorreg gehad om die Springbokke teen Wallis op die stadion in Londen te sien.

“‘Die Sluise van die Hemel’ wat ek geskryf het en saam Bok van Blerk gesing het het die mees gestroomde liedjie toekenning gewen in 2018 en het al meer as 10 miljoen views op YouTube. ‘Mphe di hoenor’ se musiekvideo het ook 10 miljoen kyke op Youtube.” vertel Robbie Wessels.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Dassie & Robbie Wessels sê “Koop vir Jou ‘n Bakkie”

    Dassie & Robbie Wessels
    Music Videos 2 Jun 2026
  • Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

    Robbie Wessels en Francois Van Coke
    Music Videos 27 Jun 2025
  • Appel en Robbie Wessels snoer kragte vir ‘Boereworsgordyn’

    Appel en Robbie Wessels
    Music Videos 4 Mar 2025
  • Robbie Wessels Vang Rugbygees Met Nuwe Komiese Treffer

    Robbie Wessels
    Music News 12 Sep 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Eben Etzebeth Robbie Wessels
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit
    September 28, 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”
    September 25, 2026
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.