Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»Straatligkinders: ‘n Onderhoud met Bouwer voor Park Acoustics

    Straatligkinders: ‘n Onderhoud met Bouwer voor Park Acoustics

    Bianca NieuwenhuisBy Bianca Nieuwenhuis Music 4 Mins Read47 ViewsJanuary 28, 2019
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Straatligkinders is een van groepe wat die naweek optree by die eerste edisie van Park Acoustics vir 2019. Die groep (wat hul oorsprong gehad het in Potchefstroom in die mid 2000’s) het in 2018 hulle eerste album in 6 jaar uitgereik.

    NetfloristOfferforge

    Ek het onlangs met groep se hoofsanger Bouwer Bosch gesels oor Park Acoustics en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het.

    Dis die begin van ‘n nuwe jaar en Straatligkinders skop Park Acoustics 2019 af saam met ander groot name soos Fokofpolisiekar en Retro Dizzy. Is julle net so excited soos ons vir hierdie party van ‘n line-up?

    Ja nee flip, ons is ongelooflik humbled om deel te wees van so ‘n epic lineup. Ons kan nie wag vir die show nie!

    Straatligkinders

    Straatligkinders was vir ‘n hele lang ruk stil gewees (6 jaar basies), maar as mens so na jul upcoming shows kyk lyk dit of 2019 ‘n bedrywige jaar gaan wees. Enige groot planne wat jul met ons kan deel, soos nog ‘n nuwe album wat gaan verskyn so vinnig na Verdwyn?

    Ja nee kyk, ons is baie honger om te speel. As jy vir so lank vakansie gevat het kom jy terug met ‘n groot honger vir live shows. Op die oomblik is die plan maar net om die musiek oral te vat waar ons kan.

    As jy ‘n musikant is, is jy maar ‘n traveling salesman, so ons wil maar travel en gaan musiek maak. Ons is defnitief gretig om weer aan die skryf te kom maar jy moet jouself pace en jou eie album ook tyd gee om bietjie te broei.

    Albums het nodig om eers bietjie op mense te groei voor jy wegstap na ‘n nuwe een voel ek. Daar is nog heelwat songs op daardie album wat ons van videos wil maak en nog deel met Suid Afrika. Singles is maar sterker as albums so ons wil aanhou singles push.

    Ek het in 2008 vir die eerste keer regtig in Afrikaanse musiek begin raak (dankie MK89). Sweef Soos ‘n Vuishou was een van die eerste albums wat ek met my eie geld gekoop het. In hoërskool het ons pouses op MP3 players na jul musiek geluister.

    Kan ons uitsien na ‘n paar van Straatligkinders se ouer, “nostalgiese” songs by Park Acoustics? Dalk songs soos “Kan Ek Met Jou Dans”, “Gedagte Vir Die Dag” en “Avontuur Van ‘n Hartbreek”?

    Ja nee, ons live show bestaan uit omtrent helfte ou songs van ons vorige albums.

    Daai songs beteken vir ons net so baie soos wat dit vir luisteraars beteken so jy gaan defnitief al drie daardie songs hoor Sondag sowel as ‘n paar ander wat op daai albums was.

    Die 10-year challenge was nou onlangs ‘n groot ding op social media. As jul Straatligkinders se sound van tien jaar terug moet vergelyk met hoe dit nou is, hoe sou jul die beskryf?

    Sjoe, great vraag. 10 Jaar terug was ons defnitief ‘n hardcore rock band en vandag dink ek is ons net ‘n rock band. Ek skree nie meer, hoe ouer jy word hoe rustiger word jy kom ek agter, nou wil ek praat oor dinge in plaas om te skree oor dinge soos toe ek jonger was.

    Straatligkinders

    Is daar enige verrassings wat wag by Park Acoustics vir dié van ons wat Bouwer Bosch en Straatligkinders nog nie voorheen live gesien het nie?

    Ek dink die mense kan maar uitkyk vir ‘n paar nostalgiese treffers uit die argiewe. Hein en Benjamin geen tekere op stage asof hulle 16 is en ek staan stil asof ek 87 is. #DankieInsecurites

    Ons hou van live speel so jy kan maar net ‘n fun 45 min slot verwag met lekke tunes en lame grappies. Ek werk aan my standup loopbaan so tussen al die songs.

    Ek wil vir Bouwer Bosch en Straatligkinders bedank vir hierdie onderhoud. Ek sien nogals erg uit om hulle die naweek te sien.

    As jy nog nie kaartjies vir die naweek se Park Acoustics het nie, kry joune HIER.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Janie Bay: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics
    • Spoegwolf: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics
    • Van Pletzen: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics
    • The Black Cat Bones: ‘n Onderhoud Voor Park Acoustics

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Interviews Park Acoustics Rock South Africa Straatligkinders
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleGadget Reviews: 10 Top Tips for Writing Them
    Next Article Fokofpolisiekar: ‘n Onderhoud met Wynand Myburgh
    Bianca Nieuwenhuis

    Art is not what I create. What I create is chaos.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 1
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    77 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    95 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    63 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    Helen Zille - Johannesburg - Jacaranda FM
    October 25, 2025

    Helen Zille Talks Johannesburg and Leadership with Bester

    7 Views4 Mins Read
    Buy-To-Let Property
    October 24, 2025

    6 Essential Tips for Investing in a Buy-to-Let Property

    9 Views4 Mins Read
    Badmington - Discover Sport
    October 24, 2025

    Discover Sport and BWF Bring Global Badminton to Africa

    8 Views3 Mins Read
    Espon CO-W01
    October 22, 2025

    Review: Epson CO-W01 Multimedia Projector

    34 Views2 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Mieliepop 2014: My Experience 2
    October 13, 2014

    Mieliepop 2014: My Experience

    72 Views5 Mins Read
    Capital Craft 2013: My Experience 3
    July 8, 2013

    Capital Craft 2013: My Experience

    35 Views2 Mins Read
    1000 Beers - Oppikoppi
    August 15, 2014

    Oppikoppi 2014 Odyssey: My Review

    32 Views7 Mins Read
    Alt-J - The Dream
    February 21, 2022

    Alt-J – “The Dream” Review

    32 Views2 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.