Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Streaming»Trompoppie op Showmax: Melissa Myburgh Gesels Met Ons

    Trompoppie op Showmax: Melissa Myburgh Gesels Met Ons

    Henno KrugerBy Henno Kruger Streaming 5 Mins Read122 ViewsNovember 28, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Trompoppie première op 7 Desember 2023 op Showmax, met nuwe episodes op Donderdae totdat die reeks op 8 Februarie 2024 ten einde loop.

    NetfloristOfferforge

    As Luna, ’n talentvolle gimnas, ’n beurs toegeken word aan ’n gesogte privaatskool wat sy andersins nooit sou kon bekostig nie, word sy in die genadelose wêreld van ’n elite groep trompoppies gegooi. Nadat ’n ontgroeningstradisie lelik skeefloop, sterf die een trompoppie ná die ander en dié gemeenskap se oënskynlike perfekte fasade begin ineenstort.

    Melissa Myburgh bou voort op haar Silwerskermtoekennings-benoeming as beste aktrise in ’n drama vir Dinge van ’n kind met haar rol as Luna. Ons het met Myburgh gesels om meer uit te vind.

    Het jy van trompoppies geweet voordat jy by die projek betrokke geraak het?

    “Ja, ek het van trompoppies geweet. My skool het dit nie gehad nie, maar toe ek ses jaar oud was, het ons verby ’n kerk gery waar trompoppies geoefen het.”

    Melissa Myburgh - Trompoppie

    “My ma het my toe gevat om te gaan kyk en ek wou deel daarvan wees, maar hulle het sewe dae ’n week geoefen – en twee keer op Saterdae vir ses ure. My ma was soos, ‘Jy’s ses, nee’. En my hart was gebroke! Ek wou so graag ’n trompoppie geword het toe ek ses jaar oud was. (lag)”

    Vertel vir ons meer oor jou karakter op Trompoppie, Luna

    “Luna is ’n gimnas. Sy is baie goed, baie talentvol, baie ambisieus, maar sy het nie die nodige geld en geleenthede om dit na te jaag nie. Dan kom daar hierdie ryk tannie, Jill (Marion Holm), om haar te red. Sy beland in hierdie privaatskool, Deacon College, en alles lyk wonderlik en glinsterend en skitterend – tot die einde van die eerste episode.”

    Wat van die reeks staan vir jou uit?

    “Ek dink my gunsteling-deel van die reeks is dat wanneer jy vir Luna ontmoet, sien jy ’n vaal, normale meisie en jy onderskat haar. En dít is wat sy wil hê (moet gebeur).  So, soos die reeks aangaan, bevraagteken jy jou eie oordeel. Luna gaan baie mense skok; sy is nie wat jy verwag nie.”

    “Die hele reeks is so. Elke keer as jy dink jy ken die resep en jy weet wat in die volgende episode gaan gebeur, of hoe dit gaan verloop, word alles weer omvergewerp.”

    Hoe stem jy met jou karakter ooreen?

    “Ek dink partykeer as mense my sien, dan dink hulle ook dalk, ‘Sy’s nie baie spesiaal nie’ en hulle onderskat my. Dis seker lekker, want jy kan mense verras. (giggel). Ek het baie aanklank by haar gevind, en ek voel ek het baie by haar van myself geleer. Ek dink dit is wat karakters soms raak – hulle word ’n spieël en jy begin vir jouself vrae vra.”

    “Ons is albei ambisieus. Luna is dalk té ambisieus. Sy sal doen wat ook al dit verg om te kom waar sy moet, maar ek dink nie ek sal noodwendig so ver gaan nie.”

    Hoe het jy vir die rol voorberei?

    “Vir voorbereiding vir Luna as gimnas, het ek gimnastiekklasse gehad en ons het ook trompoppie-lesse gehad waar ons baie basiese bewegings en ’n roetine geleer het.”

    “’n Mens kan nie in ’n week ’n gimnas word nie, maar ek het gelukkig balletopleiding en ek het vir ses weke geoefen voordat ons begin skiet het, en ’n dieet soos dié van ’n gimnas gevolg sodat ek ten minste lyk asof ek weet wat ek doen. Daar was ’n dubbelganger. So, die tuimel deur die lug is nie ek nie. Die split? Ook nie ek nie.”

    Hoe het jy en die ander akteurs wat trompoppies vertolk oor die weg gekom?

    “Dit het gevoel asof ek hoërskool kan oordoen, maar hierdie keer is ek nie geboelie nie. Ek het reeds vir Elzet (Nel) en Celeste (Loots), wat Mindy en Zanne speel, geken omdat ons verlede jaar saam aan ’n rolprent gewerk het, en dit was lekker om weer bymekaar te wees.”

    “In die reeks is hulle so bitsig en katterig; hulle is hierdie ambisieuse tienerdogters wat almal werklik net vir hulself skerm en bo probeer uitkom. Maar sodra hulle ‘cut!’ roep, is ons vriende. Jis, ons het gelag en ons het gaan wyn drink. 

    “Dis was so ’n ondersteunende omgewing. As een ’n slegte dag het, dan dra die res daai persoon. Dit was nog altyd my droom om ’n groepie vroue as vriendinne te hê, en ek dink ek het dit gekry.”

    Hoekom moet mense Trompoppie kyk?

    “Kykers kan uitsien na raaisels, baie kinkels, definitief ook aksie en ook hoe ek ’n hele paar keer op my boude val (lag). Dis vermaaklik, maar ek dink die kykers gaan begin kyk en hulself afvra, ‘Wat sal ek doen om te kry wat ek wil hê? Hoe ver sal ek gaan?’” 

    Ons wil die geleentheid gebruik om vir Melissa te bedank vir hierdie onderhoud. Ons wens haar als van die beste toe met haar loopbaan.

    Kyk die lokprent vir Trompoppie hier onder:

    As jy nog nie ‘n Showmax account het nie, kry ene HIER.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in the Television kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Janie Bay gesels met ons oor 2021, 2022 en ander goedjies
    • Janie Bay Gesels Oor Haar Musiek en Ander Goedjies
    • Fokofpolisiekar: ‘n Onderhoud met Wynand Myburgh
    • Showmax reik lokprent uit vir “Wyfie”

    Like what you just read? Buy us a coffee to enable us to bring you more content like this.

    You're also more than welcome to subscribe to our newsletter to stay in the loop.

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    NetfloristOfferforge

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Upcoming Events

    Loading events...
    Afrikaans Interviews Melissa Myburgh ShowMax South Africa Trompoppie
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleBongani Nxumalo Gets Help From Good Morning Angels Fund
    Next Article Die Onderonsie Lokprent uitgereik deur Showmax
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    Die Kantoor
    January 12, 2026

    ‘n Onderhoud met Albert Pretorius (Flip in Die Kantoor)

    18 Views8 Mins Read
    Die Kantoor - Schalk Bezuidenhout
    November 25, 2025

    Die Kantoor (Afrikaanse weergawe van “The Office”) is oppad

    19 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    103 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    78 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    South African Entrepreneurs
    January 15, 2026

    Brand Growth Track: A Community to help Entrepreneurs

    12 Views4 Mins Read
    Acer Laptops
    January 14, 2026

    Acer Introduces Aspire AI Copilot+ Laptops

    19 Views3 Mins Read
    Sport Betting
    January 12, 2026

    Signals That Make a Sports Betting Site Feel Trustworthy

    14 Views3 Mins Read
    Acer Veriton RA100 AI Mini Workstation-Lifestyle-02
    January 12, 2026

    Acer Introduces Veriton Workstations

    5 Views4 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Photo Album: The Lumineers Live in Johannesburg 1
    December 18, 2014

    Photo Album: The Lumineers Live in Johannesburg

    59 Views2 Mins Read
    Photo Album: Robbie Williams @ SunBet Arena (in Pretoria) 2
    January 28, 2025

    Photo Album: Robbie Williams @ SunBet Arena (in Pretoria)

    134 Views2 Mins Read
    Photo Album: Sowing the Seeds 2015 3
    March 23, 2015

    Photo Album: Sowing the Seeds 2015

    61 Views3 Mins Read
    The Fake Leather Blues Band - South African Music
    September 2, 2017

    Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit ‘n lekker jol was

    54 Views5 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2026 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.