Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Why Football Remains the Heart of Modern Sports Betting
  • How to Choose Reliable Bulk Animal Feed Suppliers in SA
  • Carol-Ann Meltzer (Khazimula): 10 Interesting Facts
  • Old Mutual Music at the Lake: August/September 2026
  • Tribute To Women 2026 @ Mark’s Park
  • Zoé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “My Hede”
  • The Springboks: 42 Interesting Facts you might not know
  • An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Zoé reik nuwe enkelsnit uit: “Lief hê”

Zoé reik nuwe enkelsnit uit: “Lief hê”

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 26, 2023No Comments4 Mins Read Music Videos 27 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Daar is geen beter gevoel as om jonk, moedswillig en dol, verlief te wees nie. Dit is die einste tema waaroor Zoé in haar nuwe enkelsnit, “Lief hê” skryf.

IQ AcademyOfferforge

“Lief hê gaan oor ‘n meisie wat dol verlief is. Dit gaan oor die ‘honeymoon’ fase van ‘n verhouding waar beide mense die skoot hoog deur het en dit voel as of hierdie liefde virewig gaan hou.” verduidelik sy.

‘’Lief hê’’ volg op die suksesvolle vrystelling van haar debuut enkelsnit ‘’Crazy Meisie’’.

“Na die vrystelling van ‘’Crazy Meisie’’ het my lewe verseker verander,’’ vertel Zoé. ‘’Ek het dadelik besef dat ek werklik doen waarvoor ek lief is. Crazy Meisie is so positief ontvang deur die publiek! Soveel Radio Stasies is tans besig om die liedjie te speel en die musiekvideo het meer as 18000 kykbeurte getref in net ‘n maand. Dit voel onwerklik!’’

Zoe - Lief He

‘’Lief hê’’ staan in sterk kontras teenoor ‘’Crazy Meisie’’ wat vanuit die perspektief van ‘n gebroke hart geskryf is.

NetfloristOfferforge

“Ek het Lief hê eintlik voor Crazy meisie geskryf.  Lief hê is die begin van die storie en Crazy Meisie is die einde. My liedjies volg ‘n meisie en al haar fases van lewe en liefde. Lief hê vertel van waar sy verlief was en goed gevoel het oor hierdie verhouding. Crazy Meisie vind plaas lank na die verhouding verby is en gaan oor die les wat daardie ervaring haar geleer het.” deel sy.

Vir Zoé is dit belangrik dat sy oor haar eie ervarings skryf wanneer sy musiek maak

‘’Ons almal ervaar tot ‘n mate dieselfde dinge in die lewe; liefde, pyn en alles tussen in. Skryf is vir my ‘n vorm van terapie, waar ek net kan sit en my emosies op ‘n musikale en kreatiewe manier kan neer skryf en stories vertel. Ek hoop net my musiek maak iemand se dag ‘n bietjie beter. Of dit nou is dat die liedjie opgewek is of dat hulle, hulself met my lirieke kan vereenselwig. Hopelik voel mense een van hierdie twee dinge as hulle na my musiek luister, dan is ek gelukkig!’’ sê sy.

“Lief hê” se bekendstelling gaan ook gepaard met ‘n nuwe musiekvideo waar Zoé saam met Pretoria rockband, Die Ramkat mafia optree. Volgens Zoé was verfilming effens uitdagend, want beide ‘’Crazy Meisie’’ en ‘’Lief hê’’ se musiekvideos is op dieselfde dag opgeneem.

“Ja dit was rof en besig en ek mag net dalk ‘n migraine gekry het in die middel van die shoot, ’but the show must go on’ en ek het my beste gedoen om my kant te bring want almal om my het so hard gewerk en net so rondgeskarrel om seker te maak dat alles perfek is. Ek het amper soos n atleet gevoel na die ‘sprints’ wat ek moes doen vir elke ‘outfit change’.” lag sy.

YouTube video player

Zoé en haar ‘band’, wat bestaan uit kitaarspeler Mark Brown, baskitaarspeler Grant Brown en tromspeler Ruben Radyn is ook hard aan die repeteer vir hul opkomende optredes.

“Ons speel by Aardklop die 5de Oktober en ek kan nie wag nie, en voor dit is ons by 3 ander kunstefeeste by skole soos Hoërskool Eldoraigne en Hoërskool Ben Vorster waarna ek vreeslik uitsien! My gunstelling vertonings is gewoontlik skole. Kinders het net soveel energie dat jy dit kan voel as jy voor hulle staan en sing.” vertel Zoé.

Daar is ook nuwe musiek oppad. “My derde enkelsnit is ook oppad en dit gaan ‘n heel ander gevoel en klank hê as my vorige musiek. Ek hoop SA is reg vir hom.” sê Zoé.

Jy kan “Lief Hê” HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Zoe - Insecure Meisies
    Zoé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Insecure Meisies”
  • Zoe - Crazy Meisie
    Zoé Reik Nuwe Enkel Sit Uit: “Crazy Meisie”
  • Zoe - Golwe
    Zoé ry die “Golwe” van Selfontdekking in Nuwe Enkelsnit
  • Janie Bay - My Lief
    Janie Bay, Majozi & Early B Reik “My Lief” Uit

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Lief He South Africa Zoe
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Zoe - My Hede
    Zoé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “My Hede”
    July 15, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release "Angel" Video 1
    Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
    July 9, 2026
  • Tribute To Women 2026 @ Mark's Park 2
    Tribute To Women 2026 @ Mark’s Park
    July 15, 2026
  • TEEKS and Good Neighbours Featured
    Good Neighbours & TEEKS Live in Cape Town: 27 August 2026
    June 13, 2026
  • Kehlani
    Kehlani South African Tour: December 2026
    June 16, 2026
  • Football - Modern Sports Betting
    Why Football Remains the Heart of Modern Sports Betting
    July 21, 2026
  • Bulk Animal Feed Suppliers in SA
    How to Choose Reliable Bulk Animal Feed Suppliers in SA
    July 20, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Carol-Ann Meltzer (Khazimula): 10 Interesting Facts
    July 18, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
Zolani Mahola - LIFT Me Higher

Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms

July 9, 202630 Views
Pretoria Bach Choir Photo

An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas

July 14, 202619 Views
Oasis Don't Look Back in Anger

New Oasis Documentary Trailer Released

July 10, 202617 Views
Charlie Harris

Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”

July 11, 202616 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,374 ▼
Music 2,593
Events 243
Interviews 225
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
580
Hacks
502
Facts
466 ▼
Music Facts 152
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
226
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.