Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Zoé reik nuwe enkelsnit uit: “Lief hê”

Zoé reik nuwe enkelsnit uit: “Lief hê”

Blitsoorsig: Zoé se tweede enkelsnit "Lief hê" volg op die suksesvolle "Crazy Meisie" en vertel van die honeymoon fase van 'n verhouding. Die twee liedjies vorm 'n storie waar "Lief hê" die begin is en "Crazy Meisie" die einde, albei met 'n nuwe musiekvideo waar sy saam met Die Ramkat mafia optree.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 26, 2023No Comments4 Mins Read Music Videos 102 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Daar is geen beter gevoel as om jonk, moedswillig en dol, verlief te wees nie. Dit is die einste tema waaroor Zoé in haar nuwe enkelsnit, “Lief hê” skryf.

“Lief hê gaan oor ‘n meisie wat dol verlief is. Dit gaan oor die ‘honeymoon’ fase van ‘n verhouding waar beide mense die skoot hoog deur het en dit voel as of hierdie liefde virewig gaan hou.” verduidelik sy.

‘’Lief hê’’ volg op die suksesvolle vrystelling van haar debuut enkelsnit ‘’Crazy Meisie’’.

“Na die vrystelling van ‘’Crazy Meisie’’ het my lewe verseker verander,’’ vertel Zoé. ‘’Ek het dadelik besef dat ek werklik doen waarvoor ek lief is. Crazy Meisie is so positief ontvang deur die publiek! Soveel Radio Stasies is tans besig om die liedjie te speel en die musiekvideo het meer as 18000 kykbeurte getref in net ‘n maand. Dit voel onwerklik!’’

NetfloristOfferforge

Zoe - Lief He

‘’Lief hê’’ staan in sterk kontras teenoor ‘’Crazy Meisie’’ wat vanuit die perspektief van ‘n gebroke hart geskryf is.

“Ek het Lief hê eintlik voor Crazy meisie geskryf.  Lief hê is die begin van die storie en Crazy Meisie is die einde. My liedjies volg ‘n meisie en al haar fases van lewe en liefde. Lief hê vertel van waar sy verlief was en goed gevoel het oor hierdie verhouding. Crazy Meisie vind plaas lank na die verhouding verby is en gaan oor die les wat daardie ervaring haar geleer het.” deel sy.

Vir Zoé is dit belangrik dat sy oor haar eie ervarings skryf wanneer sy musiek maak

‘’Ons almal ervaar tot ‘n mate dieselfde dinge in die lewe; liefde, pyn en alles tussen in. Skryf is vir my ‘n vorm van terapie, waar ek net kan sit en my emosies op ‘n musikale en kreatiewe manier kan neer skryf en stories vertel. Ek hoop net my musiek maak iemand se dag ‘n bietjie beter. Of dit nou is dat die liedjie opgewek is of dat hulle, hulself met my lirieke kan vereenselwig. Hopelik voel mense een van hierdie twee dinge as hulle na my musiek luister, dan is ek gelukkig!’’ sê sy.

“Lief hê” se bekendstelling gaan ook gepaard met ‘n nuwe musiekvideo waar Zoé saam met Pretoria rockband, Die Ramkat mafia optree. Volgens Zoé was verfilming effens uitdagend, want beide ‘’Crazy Meisie’’ en ‘’Lief hê’’ se musiekvideos is op dieselfde dag opgeneem.

NetfloristOfferforge

“Ja dit was rof en besig en ek mag net dalk ‘n migraine gekry het in die middel van die shoot, ’but the show must go on’ en ek het my beste gedoen om my kant te bring want almal om my het so hard gewerk en net so rondgeskarrel om seker te maak dat alles perfek is. Ek het amper soos n atleet gevoel na die ‘sprints’ wat ek moes doen vir elke ‘outfit change’.” lag sy.

Zoé en haar ‘band’, wat bestaan uit kitaarspeler Mark Brown, baskitaarspeler Grant Brown en tromspeler Ruben Radyn is ook hard aan die repeteer vir hul opkomende optredes.

“Ons speel by Aardklop die 5de Oktober en ek kan nie wag nie, en voor dit is ons by 3 ander kunstefeeste by skole soos Hoërskool Eldoraigne en Hoërskool Ben Vorster waarna ek vreeslik uitsien! My gunstelling vertonings is gewoontlik skole. Kinders het net soveel energie dat jy dit kan voel as jy voor hulle staan en sing.” vertel Zoé.

Daar is ook nuwe musiek oppad. “My derde enkelsnit is ook oppad en dit gaan ‘n heel ander gevoel en klank hê as my vorige musiek. Ek hoop SA is reg vir hom.” sê Zoé.

NetfloristOfferforge

Jy kan “Lief Hê” HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Zoé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “My Hede”

    Zoe - My Hede
    Music Videos 15 Jul 2026
  • Zoé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Insecure Meisies”

    Zoe - Insecure Meisies
    Music Videos 3 Sep 2025
  • Zoé ry die “Golwe” van Selfontdekking in Nuwe Enkelsnit

    Zoe - Golwe
    Music Videos 26 Apr 2025
  • Zoé Reik Nuwe Enkel Sit Uit: “Crazy Meisie”

    Zoe - Crazy Meisie
    Music Videos 14 Apr 2023

Goeters Om Te Doen

  • Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets

    Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events
  • Fabric Returns to South Africa in January 2027

    Fabric South Africa 2027
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Lief He South Africa Zoe
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Gerald Clark
    Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”
    October 20, 2026
  • Ricus en Liza Nel
    Ricus en Liza Nel Reik “Ek Het Nie” Uit
    October 20, 2026
  • Appel en Ichnus
    Appel en Ichnus vra ‘Jy Sallie?”
    October 19, 2026
  • Perry & Blackwell
    Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”
    October 15, 2026
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
  • Southern Wild Band
    Southern Wild Drops New Single: “Right On Time”
    October 12, 2026
  • Amy Tjasink Returns Home in "Valley Girl" Video 2
    Amy Tjasink Returns Home in “Valley Girl” Video
    October 12, 2026
  • Chantal Stanfield - My Favourite Ice Cream
    Chantal Stanfield Serves Up Her Favourite Ice Cream
    October 9, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,350
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.