Close Menu
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Afrikaanse Hoekie
  • Knowledge Hub
  • Music Hub
  • Screen Hub
  • Contact Us
  • Privacy Policy
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Afrikaanse Hoekie
  • Knowledge Hub
  • Music Hub
  • Screen Hub
  • Contact Us
  • Privacy Policy
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Zoé ry die “Golwe” van Selfontdekking in Nuwe Enkelsnit

Zoé ry die “Golwe” van Selfontdekking in Nuwe Enkelsnit

Blitsoorsig: Met haar nuwe sing "Golwe" verken Zoé die emosionele en sielkundige verskuiwing van haar tuisdorp Tzaneen na die stad om 'n musiekloopbaan te volg. Die liedjie simboliseer vryheid en nuwe beginne, terwyl dit ook die opwinding en onsekerheid van groot lewensveranderinge uitdruk. Deur metafore soos kunswerke en sikloone reflekteer Zoé hoe musiek en skryf haar help om haarself beter te verstaan en emosies te verwerk.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 26, 2025No Comments4 Mins Read Music Videos
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Met haar splinternuwe enkelsnit “Golwe” neem Zoé haar luisteraars op ‘n eerlike en persoonlike reis van selfontdekking en verandering. “Golwe” simboliseer vryheid, ‘n nuwe begin en die uitdagings wat gepaard gaan met groot lewensveranderinge.

“Golwe” is nie net ‘n afskeid van haar tuisdorp, Tzaneen, om ‘n musiekloopbaan in die stad na te jaag nie – dit is ook haar reis om haar eie pad as kunstenaar en jong volwassene in ‘n onbekende wêreld te vind.

Zoe - Golwe

Zoé se vorige werke – “Liefhê”, “Crazy Meisie” en “Klein Dorpie Mentaliteit” (saam met Zaan Sonnekus) – het ‘n trilogie gevorm oor hartseer en die letsels wat liefde soms nalaat. Maar met “Golwe” los sy nie net haar tuisdorp agter nie; sy los ook daardie seer agter en tree sy ‘n nuwe fase van selfontdekking binne.

“Hierdie liedjie gaan oor meer as net ‘n fisiese verhuising,” verduidelik Zoé. “Dit is ‘n sielkundige verskuiwing – ek los die ou ek, die seer en die verlede agter en stap met oop arms die onbekende binne.”

NetfloristOfferforge

“Golwe” is eerlik en diep persoonlik. “Golwe” verwoord die mengsel van opwinding en onsekerheid wat gepaard gaan met die besluit om ‘n bekende lewe agter te laat en ‘n nuwe hoofstuk te begin.

“Die liedjie gaan oor die ervaring van wegtrek van die huis af, na ‘n nuwe plek waar jy net jouself kan wees. Dit gaan oor die nuwe ervarings wat mens opdoen as jy vir die eerste keer op jou eie moet bly.”

Vir Zoé was hierdie verandering uitdagend en bevrydend

“Ek het alles wat ek my hele lewe lank geken het gelos om stad toe te trek en my drome na te jaag. Dit is skrikwekkend, maar terselfdertyd ook ‘n ongelooflik verrykende ervaring.” sê sy. Hierdie gevoel van sprong en verkenning kom sterk na vore in die reël: “My sak is klaar gepak, reis met hoë hoop en sonbrille aan.”

In die liriek “Verken my guitar, ontdek die dinge wat ‘n pen kan doen,” reflekteer Zoé op hoe musiek en skryf haar help om haarself beter te verstaan. “Hierdie liedjie het my die vrymoedigheid gegee om oor nuwe onderwerpe te skryf. Skryf is ‘n vorm van terapie vir my, en ek doen dit amper elke dag om my emosies te verwerk.”

NetfloristOfferforge

Zoé gebruik ‘n treffende vergelyking in die reël: “Het geleer, die lewe ontvou soos ‘n kunswerk.” Sy verduidelik: “Wanneer jy te naby aan ‘n skildery staan, kan jy op die klein, onvolmaakte detail vaskyk. Maar as jy ‘n paar tree terugstaan, sien jy die groter prentjie en verstaan hoekom sekere merkies en vlekke daar moet wees.”

Die beeld van ‘n sikloon in die reël “So spoel my skoon, eks in die middel van ‘n sikloon” is vir haar ‘n metafoor vir die uitdagings wat sy moes trotseer. “Ek moes my instink volg om uit daardie sikloon te kom. Soms moet jy nie luister na wat ander sê nie, maar net doen wat jy weet reg is vir jouself.”

Van kleintyd af het Zoé geweet dat musiek haar passie is. “Ek het ‘n doel gekry,” sing sy in “Golwe”, en sy verduidelik dat sy uiteindelik seker is oor haar pad. “Ek moes eers myself verloor in loopbane wat my nie vervul het nie, om te besef dat sang en musiek regtig my roeping is.”

Met “Golwe” hoop Zoé om ander te inspireer wat hul eie reis van selfontdekking aanpak. “Ek preek altyd dat mens groot moet droom en hard moet werk. Ek hoop hierdie liedjie help ander om die reis te waardeer en te onthou dat daar lig aan die einde van elke tonnel is.”

NetfloristOfferforge

Met “Golwe” begin Zoé nie net op ‘n skoon bladsy nie – sy skryf ‘n hele nuwe hoofstuk.

Kyk die Musiekvideo vir “Golwe” hier onder:

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Sluit by die Wolfpak aan

Kry nuwe artikels direk in jou Inboks.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Zoé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “My Hede”

    Zoe - My Hede
    Music Videos 15 Jul 2026 14 kyke
  • Zoé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Insecure Meisies”

    Zoe - Insecure Meisies
    Music Videos 3 Sep 2025 1 kyke
  • Zoé reik nuwe enkelsnit uit: “Lief hê”

    Zoe - Crazy Meisie
    Music Videos 26 Jun 2023 0 kyke

Goeters Om Te Doen

  • Urzila Carlson July 2027 SA Tour: All The Deets

    Urzila Carlson
  • Playtopia Festival: 3-5 December 2026

    Playtopia Festival Featured
  • J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026

    J. Cole South African Tour 2026

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

Check ons Screen Hub uitCheck ons Music Hub uitBesoek die Afrikaanse HoekieCheck bietjie Upcoming Events uitCheck die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa Zoe
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Jann Klose
    Jann Klose Explores Healing in New Visual Project
    November 17, 2026
  • Anacy South Africa Singer
    Anacy Releases “Brother’s Friend” Single
    November 11, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar Releases “Muscle Memory” Single
    November 9, 2026
  • Keep Guessing Charlie
    Keep Guessing Charlie Release “Our Desire”
    November 2, 2026
  • Tian Nienaber
    Tian Nienaber Releases New Single: “Arabella”
    October 30, 2026
  • Giselle Niemand
    Giselle Niemand Drops New Single: “He Doesn’t Know”
    October 27, 2026
  • Gerald Clark
    Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”
    October 20, 2026
  • Ricus en Liza Nel
    Ricus en Liza Nel Reik “Ek Het Nie” Uit
    October 20, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,391
Rock 629
Useful Tips 575
Afrikaans 530
Cape Town 352
USA 339
Pretoria 307
Johannesburg 294
Festivals 201
UK 180
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.