Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Francois Van Coke Reik “Victor Ludorum” Video Uit

Francois Van Coke Reik “Victor Ludorum” Video Uit

Blitsoorsig: Francois Van Coke se nuwe liedjie Victor Ludorum handel oor minder probeer en nie op ander mense se terme speel nie. In die video kompeteer hy teen bekende sportsterre soos Carina Horn, Damian Willemse en Ryk Neethling. Dit is sy eerste van drie enkelsnitte voor sy vyfde vollengte album wat in Maart 2025 vrygestel word.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 11, 2024No Comments2 Mins Read Music Videos 106 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

‘Victor Ludorum’ is die eerste van drie enkelsnitte wat Francois van Coke gaan uitreik voordat hy sy vyfde vollengte album gaan vrystel in Maart 2025.

Francois Van Coke vertel ons waaroor die liedjie gaan

“Victor Ludorum gaan daaroor om minder te ‘probeer’. Om minder te probeer inpas en die game te speel op ander mense se terme.”

Francois Van Coke

In Victor Ludorum kompeteer en verloor Francois Van Coke teen sportsterre Carina Horn (100 meter SA rekordhouer), Damian Willemse (Springbok rugbyspeler), Rassie van der Dussen (Proteas krieketspeler), Ryk Neethling (Olimpiese goue medalje swemmer), Vanes-Mari du Toit (Proteas netbalspeler), Carla Mackenzie (Sundowns sokkerspeler) en Cameron Saaiman (UFC Bantamweight).

Francois Van Coke vertel ons meer oor die video

“Omdat die song gaan oor minder ‘probeer’, het ek gedink dit is snaaks om regtig teen bekende sportsterre te probeer!”

NetfloristOfferforge

“Dit was fantasties dat hulle my toegelaat het om hul wêrelde te betree. Ek hoop ook mense sal sien dit is nie maklik soos dit lyk nie!”

Check die video vir die liedjie hier onder:

Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.  Lees verder vir nog nuus uit Francois Van Coke-land…

Hoe ek dit onthou is op Nommer 1 in eerste week en word herdruk

In Hoe ek dit onthou het Francois saam met Annie Klopper geskryf oor die gebeure wat hom oor die jare as mens en musikant gevorm het.

NetfloristOfferforge

Hoe ek Dit Onthou - Francois Van Coke

In die eerste week na die Hoe ek dit onthou se amptelike verskyning op 27 September, was die boek die nommer 1-topverkoper in Afrikaans. Die boek is skaars uit en – vanweë die groot aanvraag daarna – moet dit reeds herdruk word.

Francois se stories is by tye skreeusnaaks, ander kere verstommend, skokkend of indrukwekkend. Dít is sy stories, hoe hý dit onthou.

Francois van Coke & Vriende 2024 was ‘n moerse sukses

Hierdie jaar se Francois van Coke & Vriende by SunBet Arena (Pretoria) op 4 Oktober het weereens uitverkoop en dit was die beste een ooit!

Hierdie ‘all-stars’ program het Karen Zoid, Spoegwolf, Jack Parow, Early B, Die Heuwels Fantasties, Elandré, Fokofpolisiekar, Tasché, Neon Dreams en Hunter Kennedy ingesluit.

NetfloristOfferforge

“Francois van Coke & Vriende was ongelooflik soos gewoonlik. Ek hoop om daardie show nog lank te kan doen en dat mense die beste tyd van hul lewe gehad het,” vertel Francois.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in the Music Videos kategory on Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit

    Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Music Videos 28 Sep 2026
  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier

    Bangkinders - Francois Van Coke
    Music Videos 31 Jul 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

    VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    Music News 6 Jul 2026

Goeters Om Te Doen

  • Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets

    Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets 2
    Upcoming Events
  • Fatboy Slim South African Tour: December 2026

    Fatboy Slim South African Tour: December 2026 3
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Francois van Coke South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Gerald Clark
    Gerald Clark Keer Terug Met “Soms wil ek huis toe kom”
    October 20, 2026
  • Ricus en Liza Nel
    Ricus en Liza Nel Reik “Ek Het Nie” Uit
    October 20, 2026
  • Appel en Ichnus
    Appel en Ichnus vra ‘Jy Sallie?”
    October 19, 2026
  • Perry & Blackwell
    Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”
    October 15, 2026
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
  • Southern Wild Band
    Southern Wild Drops New Single: “Right On Time”
    October 12, 2026
  • Amy Tjasink Returns Home in "Valley Girl" Video 4
    Amy Tjasink Returns Home in “Valley Girl” Video
    October 12, 2026
  • Chantal Stanfield - My Favourite Ice Cream
    Chantal Stanfield Serves Up Her Favourite Ice Cream
    October 9, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,350
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 530
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.