Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Laurika Rauch na agt jaar terug met Nuwe Musiek

Laurika Rauch na agt jaar terug met Nuwe Musiek

Blitsoorsig: Na byna agt jaar het Laurika Rauch nuwe musiek opgeneem saam met die Coleske-Groep. Haar eerste snit "Liewe Lewe" van jonge komponis Christi van Niekerk is nou uit, met meer liedjies wat een vir een volg. Die versameling bevat ook nuwe werk en klassieke Laurika-liedjies en sal teen November beskikbaar wees.

Henno KrugerBy Henno KrugerJuly 26, 2024No Comments4 Mins Read Music Videos 144 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Ná agt jaar se ateljee-stilte en ’n oënskynlike uittrede uit die musiekbedryf is die legendariese Laurika Rauch terug met nuwe musiek.

“Ek het die voorreg van ’n baie lang loopbaan van meer as 40 jaar gehad, maar tree nou al vir geruime tyd nie meer op nie,” sê Laurika Rauch. “Ek kry egter daagliks nog versoeke vir vertonings. As dit enigsins moontlik sou wees, wou ek ’n ‘grootse gebaar’ teenoor die mense wat my en my werk nog steeds en oor soveel jare ondersteun, maak.”

Laurika Rauch

Laurika Rauch, wat byna agt jaar laas ’n nuwe liedjie opgeneem het, is saam met die Coleske-Groep aan die werk om ’n versameling nuwe liedjies op te neem.

Die eerste snit, “Liewe Lewe”, is vandag (die 26ste Julie 2024) uitgereik, met die ander snitte wat een vir een sal volg. Die volledige versameling sal DV teen einde November beskikbaar wees.

“Ek en Carien Loubser (bekende TV vervaardiger vir ondermeer Die Republiek van Zoid Afrika, JAN en Klanke Van My Hart) het ’n ontbytkuier gehad en sy het my bekendgestel aan die liedjie Liewe Lewe van Christi van Niekerk, ’n jong en talentvolle komponis/sanger.” sê Rauch.

NetfloristOfferforge

Ek en Arnold Coleske, Paulo Azevedo en Juan (Floors) Oosthuizen het aan die werk gespring. Dis ’n pragtige, vars en vrolike liedjie met ’n ideale boodskap. Ek beplan om nog ’n paar liedjies van
jong, maar ook gevestigde liedjieskrywers op te neem. Die versameling sal definitief ook spog met ’n paar vintage – Laurika liedjies,” sê Rauch.

Laurika Rauch erken dat sy nie doelbewus oor die jare ’n platform vir jonger kunstenaars probeer skep het met samewerkings nie, maar sy is dankbaar as dit wel hulle loopbane gehelp het. “Dit was Arnold Coleske se idee om Christi ook te betrek as ‘medewerkende kunstenaar’ en die toevoeging van haar stem maak ’n pragtige bydrae tot Liewe Lewe”.

Ander jonger kunstenaars saam met wie Laurika al gewerk het sluit onder andere in, Kurt Darren in sy jonger dae, die bekwame kitaarspeler en vervaardiger Loki Rothman, Die Heuwels Fantasties, Elvis Blue asook die alternatiewe groep Bittereinder.

Alhoewel sy nog altyd die verhoog as haar eerste liefde beskou het, was die afgelope weke in die ateljee vir haar absoluut vreugdevol en opwindend. “Die hele proses is vir my regtig lekker,” voeg sy by.

NetfloristOfferforge

Rauch het ook nou tyd gekry om aandag te gee aan baie ander dinge en belangstellings waarvoor daar nooit tevore tyd was nie.

Sy het haar spreekwoordelike ‘huis in orde’ begin kry en haar toekennings, foto’s, memorabilia, musiekargief, artikels en resensies aan NALN (Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) in Bloemfontein geskenk.

Die omslag van “Liewe Lewe” bevat ’n vrolike skildery wat deur Laurika Rauch se dogter, Nina Torr, gemaak is, gebaseer op ’n foto wat haar pa met ’n bokskamera geneem het tydens haar vyfde verjaarsdagpartytjie. Aanhangers kan uitsien na nóg unieke kunswerke van Nina wat as liedjie-omslae sal dien.

“Nina het vantevore al tot van my werk bygedra – haar kuns was byvoorbeeld te sien in die boekie van Wals, Wals, Willemien en ook as die omslag van my In duet-versameling op Apple Music. Dis vir my lekker en betekenisvol om saam met my kind te werk.” sê Laurika.

NetfloristOfferforge

Laurika Rauch se terugkeer na die musiekbedryf met nuwe musiek is ’n opwindende gebeurtenis vir haar aanhangers en die Afrikaanse musiekgemeenskap. “Ek kan basies nie wag nie!” sê Rauch opgewonde.

Kyk die video vir “Liewe Lewe” hier onder:

YouTube video player

“Liewe Lewe” is nou beskikbaar op alle stroomdienste soos Apple Music, Spotify en Deezer. Vind dit HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”

    Celeste Swift
    Music Videos 2 Oct 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit

    Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Music Videos 28 Sep 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”

    Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Music Videos 25 Sep 2026
  • Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”

    Anrich - Ek Onthou
    Music Videos 22 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Laurika Rauch Liewe Lewe South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,322
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.