Akteur en nou ook sanger, Liam Bosman het sy debuut enkelsnit, “Brief vir jou” vrygestel. Liam, bekend vir sy rolle in bekende TV reekse en films soos Diepe Waters, Vir Die Voëls, Mooiweer en Warm, Dinge van ’n Kind, Doop en vele meer, is ook onlangs vereer by die jaarlikse Silwerskermfees met ’n nominasie vir ‘Beste nuweling in ’n telenovela of sepie’ vir sy rol in Diepe Waters.
“Brief vir jou”, Liam se eerste enkelsnit, is in September vanjaar geskryf. Alhoewel hy as kind kitaarlesse vir ’n wyle geneem het en in ’n musikale huis omring deur die klanke van Neil Diamond, Pink Floyd en Eric Clapton groot geword het, het hy nooit gedink sy stem is gepas vir professionele sang nie. Dit was eers na sy beste vriend hom aangemoedig het om sang verder te verken, dat hy een dag na werk besluit het om studios in Johannesburg te ‘google’ en die bal aan die rol te sit.

“Brief vir jou” is by High Seas Studios deur Jacques Du Plessisopgeneem en vervaardig. Liam het die kitaar en lirieke neergelê, en toe saam met Jacques aan die algehele produksie van die liedjie begin werk en idees en bykomende melodieë begin spoeg en plak. Die eindresultaat: “Brief vir jou” – ’n liedjie geïnspireer deur persoonlike verhoudings en ervaringe wat gevoelens van nostalgie en verlore herinneringe by luisteraars ontlok.
Liam Bosman lewer kommentaar op “Brief vir jou”
“Ons is geneig om altyd mense met wie ons verhoudinge mee gehad het, te romantiseer in die vorm van drome en dowwe herinneringe. Ons onthou altyd mense wie ons mis as perfek, al was dit nie in realiteit die waarheid nie.”
Die video vir “Brief vir jou” is in November in Kaapstad geskiet en Daniel Lasker het saam met Liam Bosman die regie van die video behartig. Liam het self die redigering van die video gedoen omdat hy beheer wou uitoefen oor die storie en sy visie vir die video.

Liam Bosman vertel ons meer oor die video vir “”Brief vir jou””
“Ek wou bewustelik nie die aktrise in die video se gesig wys nie, sodat kykers kan projekteer en aan hul eie ervaringe terugdink. Ek wou seker maak elke kyker kan homself or haarself in die video sien. Almal kan aanklank by die liedjie vind, dit is eenvoudig – die idee om mense te onthou as perfek en hulle te mis. Niemand is eintlik perfek nie, maar in ons herinneringe is hulle.”
Kyk die video vir “Brief vir jou” hier onder:
Jy kan Liam Bosman se “Brief vir jou” HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.
Jy sal dalk ook hiervan hou
-
Man As Machine release "Impossible Sea," a hopeful alternative rock single exploring growth, self-discovery, and the emotional weight of leaving behind loved ones.
Indie band Shortstraw returns after five years with new single "Rubber Arm" and EP Everything In Between, plus headline shows across South Africa in September.
-
South African singer-songwriter Lee Cole releases "Fool," a polished modern pop ballad exploring heartbreak and self-betrayal in relationships.
South African musician Manfred Zipfel releases "Sunshine," an uplifting single inspired by a cherished family poem that brought him comfort during difficult times.



1 Comment
Eks te bang om daana te luister.