Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Jacobus Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Gat in jou sak”

Jacobus Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Gat in jou sak”

Blitsoorsig: Jacobus se musiekloopbaan het in Desember 2024 begin toe sy TikTok-video van "Mis Eet Slaap Herhaal" viraal geraak het. Dit het hom by Coleske Artists onder kontrak gebring, en vyf maande later het hy sy debuutenkelsnit "Gat in jou sak" vrygestel. Die liedjie is 'n eerlike, akoestiese stuk wat hy spontaan saam met sy broer geskryf het, en dit kom met 'n pragtige musiekvideo.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 16, 2025No Comments4 Mins Read Music Videos 65 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

’n Spontane TikTok-video in Desember 2024 het Jacobus – ’n jong musikant van Robertson – se musiekloopbaan op ’n merkwaardige manier aan die gang gesit.

In die video gee hy ’n vars klank aan Demi Lee Moore se gewilde “Mis Eet Slaap Herhaal”, en vang daarmee nie net meer as 80 000 kyke nie, maar ook die aandag van Coleske Artists – wat hom vinnig ’n platekontrak aanbied.

Jacobus

Die geboorte van “Gat in jou sak”

Nou, skaars vyf maande later, reik Jacobus op 16 Mei sy debuutenkelsnit “Gat in jou sak” amptelik uit – ’n eerlike, akoestiese weergawe van Afrikaanse kontemporêre musiek wat reeds by aanhangers aanklank vind.

“‘Gat in jou sak’ was baie spontaan geskryf,” vertel Jacobus. “Ek en my broer was op pad plaas toe en toe kry ek die idee van iets verloor deur die gat in jou sak. Teen die tyd wat ons weer by die huis was, het ek met my kitaar gaan sit en die hele storie het eenvoudig uitgevloei.”

NetfloristOfferforge

Jacobus het twee passies: wyn en musiek

Hoewel Jacobus hom tans toespits op sy wynkundestudies aan die Universiteit van Stellenbosch, bly musiek sy grootste liefde. Hy het op ’n wynplaas grootgeword en vertel dat sy pa se betrokkenheid by wynmaak daartoe gelei het dat sy twee passies – wyn en musiek – natuurlik saam ontwikkel het.

“My musiek fokus baie op storievertelling en om ’n gevoel te skep rondom die woorde. Ek dink die rou klank van die kitaar help om die boodskap van ‘Gat in jou sak’ regtig tuis te bring.”

Sy familie is vir hom ’n onmisbare deel van sy kreatiewe proses. “Ek weet ek kan altyd op hul eerlike terugvoer staatmaak. Of dit nou ’n nuwe liedjie is of net ’n idee – hulle dra by tot elke deel van my musiek.”

Vir Jacobus is die vrystelling van “Gat in jou sak” ’n droom wat bewaarheid word. “Dit voel onwerklik. Om my musiek met die wêreld te kan deel is iets waarvoor ek lank gewag het. Ek hoop mense kan hulleself vereenselwig met wat ek probeer sê – of dit hulle beter laat voel oor iets, of net ’n bietjie geluk bring.”

NetfloristOfferforge

’n Musiekvideo vol gevoel

Dié liedjie gaan gepaard met ’n pragtige musiekvideo wat deur Elias verfilm is. Die TikTok-ster Mila G speel die vroulike hoofrol, en haar natuurlike kamera-teenwoordigheid en sin vir humor het perfek ingepas by die storielyn.

“Ons wys hoe iets klein, soos ’n emosionele glips of misverstand, kan lei tot die verlies van iets spesiaal – soos om iets deur ’n gat in jou sak te verloor. Dis visueel baie mooi.”

Kyk die video hier onder:

JACOBUS - Gat In Jou Sak (Amptelike Musiekvideo)

Stroom die liedjie HIER.

NetfloristOfferforge

Jacobus, wat aan Hoërskool Boland Landbou gematrikuleer het, is al van jongs af musikaal. Hy het vir vyf jaar klavier gespeel en selfs vir ’n jaar tjello aangepak. Sport het ook ’n groot rol in sy lewe gespeel, totdat beserings hom gedwing het om sy fokus meer op musiek te plaas.

’n Droom-duet met Demi Lee Moore

As jy hom vra met wie hy eendag graag ’n duet wil opneem, antwoord hy sonder huiwering: “Demi Lee Moore. Sy was nog altyd op my playlist. My weergawe van ‘Mis Eet Slaap Herhaal’ het vir my deure oopgemaak, so dit sal ongelooflik spesiaal wees om eendag iets saam met haar te doen.”

Die begin van iets besonders

Met ’n unieke klank, sterk waardes, en ’n natuurlike aanvoeling vir storievertelling, is dit duidelik: Jacobus is ’n nuwe stem in die Afrikaanse musiekwêreld om dop te hou.

“Gat in jou sak” is nou op alle digitale stroomdienste soos Apple Music, Spotify en Deezer beskikbaar.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit

    Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Music Videos 28 Aug 2026
  • Piper Connolly Returns With “Unapologetic”

    Piper Connolly
    Music Videos 28 Aug 2026
  • The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”

    The Bird - It's Just Begun
    Music Videos 27 Aug 2026
  • Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”

    Lordkez
    Music Videos 26 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
  • Tuin Artist
    Tuin Breek Vry Met Nuwe Enkelsnit: “Mooiste Monster”
    August 18, 2026
  • Basson Laas - Every River
    Basson Laas Embraces the Beauty of the Journey on “Every River”
    August 10, 2026
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,279
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 197
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.