Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Music»‘n Onderhoud met Andra

    ‘n Onderhoud met Andra

    Henno KrugerBy Henno Kruger Music 4 Mins Read27 ViewsAugust 21, 2017
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Andra is een van die top Suid-Afrikaanse kunstenaars wat aan die einde van Augustus 2017 by Woodcrock 12 speel. Die twee en ‘n half dag event word gehou by Blue Moon (10 km vanaf Nelspruit) en is een van daai feeste wat jy eenvoudig nie moet / kan misloop nie.

    NetfloristOfferforge

    Andra is al sedert 2005 deel van die SA Music Scene en het al baie mense weggevoer met haar unieke stem. Angola Badprop (van Sondag) het al haar beskryf as “uniek, aardskuddend, cutting edge, eie-soortig en sommer oor die algemeen een van die beste goed wat dié land nog gesien of gehoor het – haar musiek skeur jou ribbekas oop en gryp jou aan die hart” en ek dink ek stem 100% saam met sy assessment.

    Ek dink ek het Andra die eerste keer live gesien in 2006 of 2007 (by Cafe Barcelona in Pretoria ek dink) en ek moet erken dat ek van dag een af impressed was met haar en since then het sy het my nooit disappoint met ‘n live show nie.

    'n Onderhoud met Andra 5

    Ek was so bly om haar naam op die Woodcrock 12 line-up te sien dat ek besluit het om ‘n onderhoud met haar te voer, lees dit hier onder:

    Hoe sal jy sê het die Suid Afrikaanse musiek scene verander vandat jy deel geword het daarvan?

    Eerstens dink ek nie daar is een omvattende “Suid Afrikaanse music scene” nie. Daar is baie music scenes in Suid Afrika wat nooit oorvleuel nie, en hulle almal groei en floreer op hul eie pas en hul eie manier. Tweedens, weet ek nie of ek deel is van enige spesifieke scene nie, so as n buitestaander kan ek nie eintlik veel daaroor sê nie.

    Meeste moontlike veranderinge dink ek het in elk geval meer te doen met die “times” as met die “scenes”. Bv. Social Media het baie dinge vir kunstenaars makliker gemaak, maar makliker is nie altyd beter nie. Dis nou redelik maklik om suksesvol te lyk, maar dalk nog moeiliker as ooit te vore om werklik suksesvol te wees. (Met “suksesvol” verwys ek nou bloot na die besigheidsaspek van die bedryf).

    Mense word deesdae gedurig gebombardeer met leuen-besmeerde clickbait ads en  cute katjies wat klavier speel, terwyl ware Artists moet scramble en kompeteer met daardie oseaan van vermaaklike inligting om actual fans by gigs uit te kry. Kunstenaars moet konstant net kop bo water hou.

    Ek het wel genuine empathy vir die mense, want die lewe is hard… Die Youtube katjie en plagiaat-musiek-beats is easy en bring vinnige kits verligting, maar dit maak mens nie diep binne heel soos wat ware Kuns doen nie. New sensations are short-lived, daarom is daar so flippen baie daarvan. Dis soos fast food – dis gerieflik, maar in the long run is dit regtig nie gesond nie. Ek dink eintlik die hele wêreld is tans geweldig verward. Real art will always find a way, though, en daaroor is ek steeds baie opgewonde.

    Watter Suid-Afrikaanse kunstenaar dink jy is heeltemal under-rated en hoekom?

    Underrated by whom? And in what way? Ek het n nimmereindigende lys vir jou van uitstekende kunstenaars wat nog nie verskriklik beroemd is nie, maar wat geweldig hoog geag word deur my, ander true art-lovers, mede-kunstenaars… pretty much deur almal wat wel van hulle weet – Byvoorbeeld Conrad Jamneck, Ann Jangle, Heinrich Pelser (guitarist), Riku Latti, Riaan Smit. Eben Groenewald (drummer), Ilse Lotz, Bacchus Nel. Shotgun Tori, Brenda Biddulph (fotograaf), Carla Botes (painter), Nibs van der Spuy, Roan van As, Hannes Strydom (graphic designer), Luna Paige, Tanja Franzsen (actor / voice artist), Jaco Naudé (audio engineer). Carina Laubscher aka Katvrou (skrywer / joernalis), Gideon en Charl van Kilroy Was Here! Productions (film creatives), Willim Welsyn (is daar iets wat hy NIE kan doen nie?), Basson Laubscher, Dave Ferguson. Jeannette Ziady (choreographer), Vana (van The Oh So Serious) en Liezl Steffens (sketch artist / web designer).

    Hulle is dalk in die verskeie commercial scenes waarheen die massas stroom steeds effens  unknown en undercelebrated, maar nog nooit ooit was hulle “underrated” nie.

    Wat eerder van al die OVERrated “kunstenaars” wat wel beroemd is en die rede daarvoor? Ek haal graag vir Master Valiant Swart aan: want “die meeste mense is maar lekker zef.” 😉

    'n Onderhoud met Andra 6

    Wat kan musiek liefhebbers verwag van jou set by Woodcrock 12?

    Hulle kan absoluut beslis verwag dat ek musiek gaan maak.

    Watter kunstenaars wil jy nie mis by Woodcrock 12 nie en hoekom?

    Ek sien uit om na so veel as moontlik musiek te luister terwyl ek daar is. I love them all!! Zionruts Family is wel van my nuwe gunstelinge. Hulle sit mens oombliklik in n goeie bui. En wie sal nou nie ALTYD uitsien na The Fake Leather Blues Band se frontman se uitrusting en quirks nie? Sien julle daar die naweek!

    Ek wil uit die diepte van my hart vir Andra bedank vir hierdie onderhoud. Ek gaan verseker nie haar set mis die naweek by Woodcrock 12 nie en julle moet ook nie.

    As jy nog nie haar musiek gehoor het nie, luister na haar liedjie “The rain don’t talk to me no more” hier onder:

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Interviews kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • Janie Bay: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics
    • Corné Pretorius: ‘n Onderhoud Oor So Paar Goedjies
    • ‘n Onderhoud met Pierre Greeff van Die Heuwels Fantasties
    • Janie Bay: ‘n Onderhoud oor “Ek glo nog in Jou”

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    Express VPN

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Andra Folk Interviews Singer Songwriter South Africa
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleA quick chat with Cortina Whiplash
    Next Article ‘n Onderhoud met Klopjag
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Kategoriëe
    Nog artikels in Afrikaans
    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet 7
    June 20, 2025

    KykNET Silwerskermfees 2025: Als wat jy moet weet

    77 Views3 Mins Read
    Tuiskoms
    February 11, 2025

    Netflix reik lokprent vir Afrikaanse Reeks “Tuiskoms” uit

    95 Views2 Mins Read
    Tiek Tok Boem
    February 6, 2025

    Tiek Tok Boem! is binnekort te sien op Showmax

    73 Views3 Mins Read
    Koek - Showmax
    August 29, 2024

    Showmax sit ’n tweede seisoen van Koek in die oond

    63 Views3 Mins Read
    Ander Artikels
    Helen Zille - Johannesburg - Jacaranda FM
    October 25, 2025

    Helen Zille Talks Johannesburg and Leadership with Bester

    8 Views4 Mins Read
    Buy-To-Let Property
    October 24, 2025

    6 Essential Tips for Investing in a Buy-to-Let Property

    10 Views4 Mins Read
    Badmington - Discover Sport
    October 24, 2025

    Discover Sport and BWF Bring Global Badminton to Africa

    8 Views3 Mins Read
    Espon CO-W01
    October 22, 2025

    Review: Epson CO-W01 Multimedia Projector

    34 Views2 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Review: The 2nd edition of Rise and Shine Festival for 2015 8
    August 31, 2015

    Review: The 2nd edition of Rise and Shine Festival for 2015

    17 Views3 Mins Read
    Rungrado 1st of May Stadium, North Korea
    June 29, 2020

    Sport Stadiums: 20 Facts You Might Not Know

    157 Views5 Mins Read
    South African Flag
    June 25, 2018

    South African Music: 101 Interesting Facts You Might Not Know

    1,700 Views15 Mins Read
    TCL C645 TV
    December 14, 2023

    Review: TCL C645 55″ QLED Smart TV

    520 Views3 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.