Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • The Springboks: 42 Interesting Facts you might not know
  • An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » ‘n Onderhoud met Andra

‘n Onderhoud met Andra

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 21, 2017No Comments4 Mins Read Artist/Band Interviews 52 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Andra is een van die top Suid-Afrikaanse kunstenaars wat aan die einde van Augustus 2017 by Woodcrock 12 speel. Die twee en ‘n half dag event word gehou by Blue Moon (10 km vanaf Nelspruit) en is een van daai feeste wat jy eenvoudig nie moet / kan misloop nie.

Andra is al sedert 2005 deel van die SA Music Scene en het al baie mense weggevoer met haar unieke stem. Angola Badprop (van Sondag) het al haar beskryf as “uniek, aardskuddend, cutting edge, eie-soortig en sommer oor die algemeen een van die beste goed wat dié land nog gesien of gehoor het – haar musiek skeur jou ribbekas oop en gryp jou aan die hart” en ek dink ek stem 100% saam met sy assessment.

Ek dink ek het Andra die eerste keer live gesien in 2006 of 2007 (by Cafe Barcelona in Pretoria ek dink) en ek moet erken dat ek van dag een af impressed was met haar en since then het sy het my nooit disappoint met ‘n live show nie.

'n Onderhoud met Andra 5

Ek was so bly om haar naam op die Woodcrock 12 line-up te sien dat ek besluit het om ‘n onderhoud met haar te voer, lees dit hier onder:

Hoe sal jy sê het die Suid Afrikaanse musiek scene verander vandat jy deel geword het daarvan?

NetfloristOfferforge

Eerstens dink ek nie daar is een omvattende “Suid Afrikaanse music scene” nie. Daar is baie music scenes in Suid Afrika wat nooit oorvleuel nie, en hulle almal groei en floreer op hul eie pas en hul eie manier. Tweedens, weet ek nie of ek deel is van enige spesifieke scene nie, so as n buitestaander kan ek nie eintlik veel daaroor sê nie.

Meeste moontlike veranderinge dink ek het in elk geval meer te doen met die “times” as met die “scenes”. Bv. Social Media het baie dinge vir kunstenaars makliker gemaak, maar makliker is nie altyd beter nie. Dis nou redelik maklik om suksesvol te lyk, maar dalk nog moeiliker as ooit te vore om werklik suksesvol te wees. (Met “suksesvol” verwys ek nou bloot na die besigheidsaspek van die bedryf).

Mense word deesdae gedurig gebombardeer met leuen-besmeerde clickbait ads en  cute katjies wat klavier speel, terwyl ware Artists moet scramble en kompeteer met daardie oseaan van vermaaklike inligting om actual fans by gigs uit te kry. Kunstenaars moet konstant net kop bo water hou.

Ek het wel genuine empathy vir die mense, want die lewe is hard… Die Youtube katjie en plagiaat-musiek-beats is easy en bring vinnige kits verligting, maar dit maak mens nie diep binne heel soos wat ware Kuns doen nie. New sensations are short-lived, daarom is daar so flippen baie daarvan. Dis soos fast food – dis gerieflik, maar in the long run is dit regtig nie gesond nie. Ek dink eintlik die hele wêreld is tans geweldig verward. Real art will always find a way, though, en daaroor is ek steeds baie opgewonde.

Watter Suid-Afrikaanse kunstenaar dink jy is heeltemal under-rated en hoekom?

Underrated by whom? And in what way? Ek het n nimmereindigende lys vir jou van uitstekende kunstenaars wat nog nie verskriklik beroemd is nie, maar wat geweldig hoog geag word deur my, ander true art-lovers, mede-kunstenaars… pretty much deur almal wat wel van hulle weet – Byvoorbeeld Conrad Jamneck, Ann Jangle, Heinrich Pelser (guitarist), Riku Latti, Riaan Smit. Eben Groenewald (drummer), Ilse Lotz, Bacchus Nel. Shotgun Tori, Brenda Biddulph (fotograaf), Carla Botes (painter), Nibs van der Spuy, Roan van As, Hannes Strydom (graphic designer), Luna Paige, Tanja Franzsen (actor / voice artist), Jaco Naudé (audio engineer). Carina Laubscher aka Katvrou (skrywer / joernalis), Gideon en Charl van Kilroy Was Here! Productions (film creatives), Willim Welsyn (is daar iets wat hy NIE kan doen nie?), Basson Laubscher, Dave Ferguson. Jeannette Ziady (choreographer), Vana (van The Oh So Serious) en Liezl Steffens (sketch artist / web designer).

Hulle is dalk in die verskeie commercial scenes waarheen die massas stroom steeds effens  unknown en undercelebrated, maar nog nooit ooit was hulle “underrated” nie.

Wat eerder van al die OVERrated “kunstenaars” wat wel beroemd is en die rede daarvoor? Ek haal graag vir Master Valiant Swart aan: want “die meeste mense is maar lekker zef.” 😉

'n Onderhoud met Andra 6

Wat kan musiek liefhebbers verwag van jou set by Woodcrock 12?

Hulle kan absoluut beslis verwag dat ek musiek gaan maak.

Watter kunstenaars wil jy nie mis by Woodcrock 12 nie en hoekom?

Ek sien uit om na so veel as moontlik musiek te luister terwyl ek daar is. I love them all!! Zionruts Family is wel van my nuwe gunstelinge. Hulle sit mens oombliklik in n goeie bui. En wie sal nou nie ALTYD uitsien na The Fake Leather Blues Band se frontman se uitrusting en quirks nie? Sien julle daar die naweek!

Ek wil uit die diepte van my hart vir Andra bedank vir hierdie onderhoud. Ek gaan verseker nie haar set mis die naweek by Woodcrock 12 nie en julle moet ook nie.

As jy nog nie haar musiek gehoor het nie, luister na haar liedjie “The rain don’t talk to me no more” hier onder:

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Interviews kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Klopjag
    ‘n Onderhoud met Klopjag
  • Fokofpolisiekar @ Park Acoustics
    ‘n Pre Park Acoustics Onderhoud met Fokofpolisiekar
  • Straatligkinders
    Straatligkinders: ‘n Onderhoud met Bouwer voor Park Acoustics
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

NetfloristOfferforge
Afrikaans Andra Folk Singer Songwriter South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • NE-YO
    NE-YO South African Tour: October 2026
    June 15, 2026
  • ParkLive Jozi 2026 - TEEKS
    Parklive Jozi: 30 August 2026
    June 5, 2026
  • Oskido's Big Day Out 2026
    Oskido’s Big Day 2026: Twice The Music & Energy
    June 28, 2026
  • Springboks
    The Springboks: 42 Interesting Facts you might not know
    July 14, 2026
  • Pretoria Bach Choir Photo
    An Interview With Pretoria Bach Choir Conductor Edwin Mitas
    July 14, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
Popular Articles
Zolani Mahola - LIFT Me Higher

Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms

July 9, 202620 Views
Out of Mined

“Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast

July 3, 202620 Views
Rozanne McKenzie - Winter Fitness Tips

6 Winter Fitness Tips from Rozanne McKenzie

July 2, 202619 Views
Katia De Vallier

Katia De Vallier Inspires With “Nothing Should Stop You”

July 1, 202619 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,371 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 225
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
580
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.